‘DA onredelik om De Lille te verwyder’

Patricia de Lille by die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Chantall Presence/ANA

Die hooggeregshof in Kaapstad het Maandag gehoor die DA “het in slegte trou opgetree en was onredelik toe dié party probeer het om van die burgemeester van Kaapstad ontslae te raak”.

Dali Mpofu, wat die Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille verteenwoordig, het aangevoer die onlangs aanvaarde klousule in die DA grondwet wat gebruik is om De Lille van haar lidmaatskap te stroop, is onwettig en teenstrydig met die Grondwet van Suid-Afrika.

“Die gedrag, veral van die DA, was in geheel op slegte trou (mala fides) gegrond, was onredelik en beledig sommige van die oorkoepelende waardes wat ons grondwetlike bedeling moet karakteriseer,” het Mpofu gesê.

Hy het die hof daarop gewys dat die DA wettiglik twee metodes kan gebruik om De Lille uit haar posisie te verwyder – of deur ʼn mosie van wantroue of deur dissiplinêre prosesse.

De Lille het in Februarie ʼn mosie van wantroue teen haar oorleef. Die party het daarna dissiplinêre stappe teen haar gedoen, maar dit later laat vaar toe hulle ʼn nuwe klousule gebruik het om haar van haar lidmaatskap te stroop nadat sy in ʼn radio-onderhoud glo gesê het sy sal die DA verlaat sodra haar naam in ere herstel is.

ʼn Klousule in die DA se grondwet bepaal dat ʼn persoon onmiddellik nie meer ʼn lid van die party is nie sodra die persoon in die openbaar sy voorneme om die party te verlaat aankondig.

De Lille betwis nie die inhoud van haar onderhoud nie. Haar regspan voer egter aan die manier waarop die onderhoud geïnterpreteer is, is verkeerd.

Mpofu voer aan die DA kon nie van De Lille ontslae raak deur ʼn mosie van wantroue of deur ʼn dissiplinêre verhoor nie en het daarom hierdie klousule gebruik wat spesifiek tydens die DA se konferensie in April aanvaar is sodat sy verwyder kan word.

“Die rede hoekom ons sê dit is gegrond op mala fides en ʼn poging om die publiek, die hof en [De Lille] om die bos te lei, is omdat daar twee metodes probeer is om haar uit haar amp te verwyder, maar dat albei om verskeie redes misluk het.”

De Lille het verlede maand die eerste ronde van haar regsgeding gewen nadat sy tydelik weer in haar pos as burgemeester aangestel is totdat die hof ʼn finale beslissing kan maak oor die wettigheid van die manier waarop sy verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hennie ·

So die hele DA is nou verkeerd en slegs De Lille en haar advokaat is reg?

Rynhardt ·

De Lille het sopas in n tv onderhoud op E-Tv die volgende gese:”DA was onregverdig in hul optrede teen my.Hul het geen voldoende bewyse teen my nie”.Dit wys weereens hoe onregverdig en agterbaks die DA was,so mag die DA nooit ooit as party deur afrikaanssprekendes vertrou word nie.DA was nog nooit vir die Boermense nie.DE Lille openbaar veggees terwyl daar vir jare lafhartige partye en organisasies geondersteun word wat niks vir Boermense doen en beteken nie!

Koos ·

En jy glo haar? Het jy vergeet De Lille was lank ‘n PAC-lid wie se slagspreuk “One settler, one bullet” was? Totdat die PAC gesink het en sy die OD begin het waar sy die baas was. En daarna was sy maar te gewillig om by die DA-vuurtjie te sit toe Zille haar genooi het. Party mense is darem maar liggelowig…

alwyn burger ·

Begraaf die strydbyl mense en versoen. Plaas die DA bo eie belang. Dit is nou as so iets in die politiek moontlik is. Wat De Lille se foute ookal is….die DA is diep in die skuld by haar. Dit is beter om haar binne die DA te hê as buite!!

bolla ·

Diep in die skuld vir wat? Die DA het haar ‘n politieke tuiste gebied toe haar eie gestigte ID party misluk het.

nico k ·

Ek stem saam met Alwyn. Ek weet nie hoekom hulle so kwaad is vir haar nie (nou skielik), maar dit doen hul beeld nie goed nie. Skuif haar liewer stil stil op die agtergrond. Sy sal self later loop.

Andre ·

Ons almal weet Mmusi is die groot problem hier en die DA kan nie meer vertrou word nie. Stig `n nuwe party met Helen, De Lille en Madonsela en almal stem vir dit.

J B ·

Die DA het ‘n wilde perd opgesaal en kan dit blykbaar nie in bedwang kry nie. Op die oppervlak lyk dit baie na ‘n agterbakse geveg teen De Lille, en kan daar net verloorders wees en geen wenners. Die DA sal moet besin want op hierdie stadium is hulle rigtingloos.

PLP ·

Kan die vrou nie maar nou besef die DA soek haar nie meer nie. Laat my baie na die dikvelige Zuma dink. Wat kos die hofsake nie al nie. Ek is baie seker die DA kan sy fondse beter gebriuk. Jis antie retire man

zoom zoom ·

Wat presies het De Lille gedoen dat sy moet uit die DA. Is daar iemand wat my kan help met inligting oor hoekom sy moet bedank???

Koos ·

Vra jouself eerder af waarom sal hulle haar skielik wil uitskop as sy absoluut niks verkeerd gedoen het nie? Hulle het dit egter heeltemal onbeholpe aangepak en gaan hierdie rondte ook verloor…

Skuus ·

Ek weet net een ding en dit is dat die DA hul eie ondergang bewerkstellig. As hul die mense wat soveel jare vir hul werk so behandel, hoe sal hul ons wat kiesers is behandel. Nee wat, Mnr Lekota jyt my stem en dit is n feit.

Herman ·

Klomp kinderagtige politici wat lankal nie meer die gemeenskap dien nie,maar na hulle eie ego’s en sak kyk.

Oom Kalahari ·

Soms speel Mag, posisie en aansien ‘n groot rol. Die DA het nog nooit vir die blanke in die bresse getrer nie en pak ook nie plaasmoorde aan met die regering nie en hul verteenwoordig as die grootste opposisie. Nee wat Dr Groenewald, jy bly maar my en familie se keuse. Soos daar gese word, die klein hondjies byt soms die seerste.

Antjie ·

Mpofu praat deurmekaar van die nuwe klousule wat aanvaar is, en ʼn ou deel van die grondwet wat sy konsuis oortree het, wat niks met mekaar te doen het nie. Altans, volgens die berig.

Daar is deesdae ʼn ander karakter aan die DA wat kiesers bekommer. Die party is baie meer gesteld op swart politiese korrektheid en veglustigheid eerder as voorheen se inklusiewiteit en diverse perspektiewe. Nuwe bestuur is ook te wys om raad te vat van Helen Zille af. Dit als gee mens die idee dat die party gekaap is deur oud-ANCs wat ʼn kans gesien het met die DA eerder as om hul idees onafhanklik van die party self te ontwikkel. Dis nou tyd om die teendeel te bewys of meer verdeeld die land se minderhede te vervreem.

De Lille was nog altyd baie kontroversieel, maar ek twyfel of sy voor hierdie nuwe karakter van die bestuur die party wou verlaat het. Is die nuwe bestuur skuldig aan aanleiding, of het sy werklik beplan om beter weivelde te soek? Mpofu sit na my mening die pot mis as dit al is wat in sy betoog was.

O aarde ·

Ek het ‘n voorstel vir PdL. Bedank en vra dat die beweringe ondersoek word. Op die oomblik lyk sy vir my skuldig, want sy probeer alles om die ondersoek te dwarsboom. Tot ‘n EFF advokaat!

Dis mos hoe dit in ‘n demokrasie moet werk. As sy dan onskuldig is, kan sy weer as burgemeester aangestel word.

Sy gooi te veel rook. Hier is ‘n slang in die gras, en dis nie die DA leiers nie. Die DA leierskap weet meer as wat hulle voorgee.

Ek is nie ‘n DA ondersteuner nie.

Janneman ·

Nog nooit vir die DA gestem nie en sal ook nie. En julle wat vir hulle stem luister nie. hierdie party beteken niks vir afrikaner waardes. Hulle kan brag oor dienstes, maar dit sal ook seker tot vervalling kom een of ander tyd, Kyk wat het hulle aangejaag met die waterkrisis toe die Vryheids Front hulle gewaarsku het.

bolla ·

Die VF- waarsku die DA? Ha, ha hoe lekker lag ek nou. Wat sal die VF- nou weet van regering af wat hulle nog nooit geproe het nie. HA, ha

Koos ·

Bolla, dalk nie die VF+ nie, maar sy voorganger die KP het wel ‘n hele paar stadrade beheer voor 1994. Meyerton wat vandag basies Midvaal is, was ‘n KP-stadsraad en was die enigste DA-munisipaliteit in Gauteng tot onlangs danksy die oud-KP’s.

Annamarie Olivier ·

Sy wil nie meer DA wees en die DA wil haar nie meer he nie.
Die antwoord is eenvoudig gaan soek ‘n ander melk koei.
Dit gaan alles oor die pakket.
Sy is presies soos die ANC weet nie wanneer om te loop. Van wanneer af gee sy ‘n flenter om vir die afrikaner of die boere. Sy haat ons.
Sy was ook baie gou om die ras kaart te speel soos gewoonlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.