DA: ‘Ons kritiseer OB omdat sy nie haar werk doen’

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (Foto: ANA)

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het Woensdag bewerings van adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB), se regsverteenwoordigers betwis dat dié party se kritiek teenoor die OB polities gemotiveerd is.

Selfe het Woensdag buite die hooggeregshof in Pretoria gesê die DA sou nie vir Mkhwebane gekritiseer het as sy haar werk gedoen het nie.

“Ons glo die OB kom nie tans haar verantwoordelikhede na wense na nie en dáárom word sy wyd gekritiseer,” het Selfe gesê.

Die DA en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het die hof genader om Mkhwebane se verslag oor die Vrede-suiwelplaasprojek te laat hersien en ter syde te laat stel aangesien sy volgens hulle geen politici verantwoordbaar gehou het vir dié mislukte projek nie.

Mkhwebane het vroeër vanjaar toe sy dié verslag bekendgemaak het groot teenstand daaroor gekry. Die kritiek was grotendeels gemik op die feit dat daar nie onderhoude met mense soos Ace Magashule, die voormalige premier van die Vrystaat, en Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale hulpbronne, gevoer is nie.

Tydens dié projek het miljoene rande wat vir die ontwikkeling van die projek geoormerk was in die bankrekeninge van Gupta-kennisse beland terwyl Magashule nog die premier van die Vrystaat was.

Selfe het gesê die DA hoop nie net die hof verklaar die verslag onwettig nie, maar hou Mkhwebane ook persoonlik aanspreeklik vir die koste daarvan.

“Daar moet nagevolge wees vir openbare amptenare op daardie hoë vlak as hulle nie hul werk doen nie.”

Uitspraak in dié kwessie is voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daan ·

Slaan haar waar dit seer maak. Op haar beursie. Enige ander kostebevel wat die belasting betaler moet betaal lag hierdie mense net oor. Sy is nie onbevoeg nie. Moet nie daai fout maak nie. Die is n berekende poging om wet en orde te ondermyn

riaan ·

Ek wens die da wil begin optree teen hulle ampdraers wat NIE HULLE WERK DOEN NIE.

Solly Msimanga is ‘n goeie voorbeeld. Hy is so besig om stemme te werf om premier van guateng te word dat hy sy pligte as burgemeester heeltemal gestaak het.

Intussen gaan dinge net al hoe slegter in Pretoria want die stadsbestuurder is korrup en veg vir oorlewing en meerderheid ander senior amptenare is onbevoeg.

charmaine ·

Dit is skokkend om elke dag die koerant oop te maak en nog iemand sien wat nie hulle miljoene werd is nie, wanneer gaan die skille van hulle oe afval en sien dat daar mense is wat net skep en nie die nodige kennis het om belangrike werk te doen nie.

PJC ·

Dit was mos van die begin af duidelik hoekom sy aangestel is en wie agter dit sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.