DA: ‘Ons sal nie toelaat dat ANC R4 miljard spandeer op straler vir Zuma’

Mmusi Maimane by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes in Johannesburg. Foto: ANA

Mmusi Maimane by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes in Johannesburg. Foto: ANA

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag tydens ʼn Vryheidsdagviering op Zandspruit, noordwes van Johannesburg, gesê die straler ter waarde van R4 miljard wat pres. Jacob Zuma glo wil aankoop is gelykstaande aan 16 Nkandla’s.

Maimane het gesê Armscor het Vrydag die tender vir die verhuring van ‘n nuwe luukse straler gepubliseer. Hy het gesê hoewel die inligting rakende die tender nie vir die publiek beskikbaar is nie, dit na raming op R4 miljard sal neerkom. “R4 miljard is gelykstaande aan 16 Nkandla’s! Dit is nie sy geld nie. Dit is openbare geld – dit is jou geld. Ons president kan vir homself ʼn straler van R4 miljard bestel, maar gemeenskappe soos Zandspruit het nie eers betroubare toegang tot elektrisiteit nie. Dit is hoe korrupsie ons van vryheid en geleenthede beroof.”

Volgens Maimane sal Zuma seker sê hy het nie gevra vir die straler nie. “Hy sal sê hy was nie betrokke in die besluit nie, net soos hy nie by Nkandla betrokke was nie. Dit is nonsens en ons sal dit nooit aanvaar nie. Ons sal nie dat die ANC R4 miljard spandeer op ʼn private straler vir die president terwyl gemeenskappe nie elektrisiteit het nie.”

Maimane het gesê Vryheidsdag word só genoem aangesien dit die viering is van die dag wat ons “ons politieke vryheid” besorg het. “Die dag waarop miljoene Suid-Afrikaners vir die eerste keer deel gekry het in die stuur van die land op ʼn nuwe pad na vrede en voorspoed vir almal. Ongelukkig het die vryheidsbeweging wat die regerende party geword het sy voet van die versneller afgehaal toe politieke vryheid behaal is en seil ons sedertdien bloot rustig voort. Nou, in 2016, het ons heeltemal tot ʼn stilstand gekom.”

Volgens Maimane is daar politieke vryheid in 1994 bekom, maar is dit harde werk om die politieke vryheid in ekonomiese geleenthede vir almal te verander. “En as ek vandag so om my rondkyk kan ek sê die werk is nog nie gedoen nie. Die mense van Zandspruit, soos vele ander vergete gemeenskappe in Suid-Afrika, is nog vry nie.”

Maimane het gesê mense word van hul vryheid beroof deur korrupsie. “Korrupsie vat geld wat op geleenthede vir die armes bestee kon word en stuur dit na die sakke van die magtiges en dié wat die regte bande het. Korrupsie is die grootste euwel van ons demokrasie en dit ondermyn ons vryheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tiger ·

Hy vergeet die hoof bestandeel vir “vryheid” en dis om te WERK vir dit wat jy wil koop en he.Blankes het hard gewerk om te kon doen en koop wat hulle het.Niks is op ‘n skinkbord aangedra en uitgedeel nie!En dan is daar elke maand belasting ook nog verhaal van hul verdienste.Hoeveel van die mense wat hy toegespreek het betaal belasting??

JaNee ·

Hul betaal BTW. Die DA het hul stemme ook nodig. Ons het werkloses, die wat nie inkomste belasting betaal, enige iemand se stemme nou nodig vir die DA om ons land te red van Zuma en die korrupte ANC.

m ·

Julle en watter army gaan hom stop. Hierdie ANC doen net wat hulle wil.

Herman ·

Zuma het GEEN idee waar geld vandaan kom nie…die wittes en sommige ander betaal en betaal en betaal…en aanvaar dit maar net om dat elkeen van ons dink ons enkele stemmetjie gaan geen verskil maak nie.. Mnr Maimane, roer vir Zuma…jy is op di regte pad!

johann cb ·

Presies hóé beplan die DA om die ANC te stop? Baie van ons sal graag deel van die aksieplan wil wees.

CHRISTA ·

Johann, dié wat die DA wil help kan begin deur vir hulle te stem!!

Cherokee ·

…en sodoende Johann, dan saam met die DA stem vir regstellende aksie en grondhervorming.

Hendrik ·

Cherokee ek stem saam met jou. Ek sal aan die demokrasie erkenning gee deur te gaan stem nie. Hierdie demokrasie diskrimeer teenoor my gemeenskap d.m.v regstellende aksie, BEE, kwotas, onderwys ,..

Hendrik ·

Weer gestel ek sal nie gaan stem nie. Die DA is gevaarlik en het alreeds sy kandidaatslyste verswart in Pretoria. Hulle sal die wittes se siel uitverkoop om steun van Mamalodi te kry.

Oom Kalahari ·

@Cherokee, skerp van jou en pragtig gestel. Ek voel ook soos jy.

Cherokee ·

Dankie my oom! Daar is ‘n engelse uitdrukking wat sê: “Great minds think alike, clever minds think together.” Daai storie van ‘baie van hulle’ het hyself uitgedink.

Els ·

Kom ons dring aan dat ons 4mil boere die reg het tot die hele land. Ons weier om saam met enige politieke party saam te werk wat ander rasse bevoordeel want hulle verdien niks. Word wakker, ja die DA is nie perfek nie maar iewers het ons ‘n party nodig wat SA in sy geheel kan verteenwoordig met goeie regering, wit swart pink of bruin. Die DA voldoen nie aan al jou eise so nou sal jy eerder die land sien brand??? Stem reg bly weer weg of vlieg perth toe.

Sputnik ·

Al ry JZ met ‘n fiets en betaal my sal ek steeds nie vir hom kan stem nie!!

Sputnik ·

…..nog minder as hy vergesel word van 12 ander jaende fietse met blou flikkerende ligte en sirenes!

Frederik ·

Hierdie keer stem ons gesin vir die party wat vir ons T-Shirts gee. Ons het al voorheen KP, DA en VF± gestem en niks gekry nie. Dit stop hier!!!

Hendrik ·

Buregerregtegroepe soos Afriforum bereik baie meer as enige opposisie politieke partye. Mense dink hulle gaan die ANC uitstem deur net te gaan stem. Julle kan nie tel nie. Die meerderheid stem vir die ANC, EFF en dan die DA. Die EFF se steun gaan toeneem en hulle gaan die amptelike opposisie word. Die DA gaan verflou soos die NP na niks. SA is ‘n regstaat en agv die massiewe meerderheid is die enigste manier om die ANC te stop in die howe. Die opposisie partye het nog niks reggekry die afgelope 5 jaar nie.

John ·

Ons president se beste vriende vlieg in ‘grand’ vliegtuie en hy wil onder die wereld se rykstes en magtiges tel. Hy sal ‘n nuwe vliegtuig kry al moet sy volk korsies uit asblikke krap. Die arm swartes sal trots bly op hom want hy verteenwoordig hul drome.

Hannelie ·

Dankie Alida, Mmusi moet ou Zuma roer. Zuma is regtig belaglik. Wonder of die vliegtuig van goud gemaak is? Lyk my hy wil nou alles wat hy op ‘n skinkbord kry, uit die land buit.

Veritas ·

En presies hoe gaan jy die aankoop, van ‘n nuwe vliegtuig vir Oom Jacob, keer; mnr. Maimane? Die enigste verskil tussen die DA en die ANC is die name van hul kandidate. Beide partye maak staat op die onkunde en naiewiteit van die kieserskorps. Politici, regdeur die wêreld, is almal presies dieselfde. Almal is magshonger individue wat nie ‘n flenter omgee vir die welstand van die land en sy mense nie maar wel die afdwing van hul eie menings. Die enigste verskil is die ywer en eerbaarheid waarmee take aangepak en afgehandel word. Daarvan is die Wes-kaap regering ‘n bewys. Geeneen van die leiers, van al die huidige politieke partye, is bewese leiers nie. Ek sê weer wat ek vantevore gesê het: ‘Om die een party uit te stem en ‘n ander party in te stem, is dieselfde as om een hofnar met ‘n ander te vervang’. Slegs wanneer ‘n eerbare, gesoute sakeman aan die stuur van sake staan, sal dinge in Suid-Afrika verbeter.

Sarie ·

Ek stem saam. Iemand met suiwere besigheidsbeginsels en integriteit. Ongelukkig weet ek nie van so iemand nie. Hulle is maar dun dwarsoor die wêreld gesaai.

Jo ·

Ek wonder net as Maimane in Zuma se posissie was hoeveel hy noual sou gesteel het?

Anoniem ·

Hy gaan dit spandeer..niks kan hom keer. Nog niks het hom gestuit nie…………………………………..

Lance ·

Al wat ek se is gee die man n kans …die Kaap werk goed …en dis wat ek wil he ….hulle is nie perfek nie ….maar die keer stem ek verseker DA want ek het vir myself gesien en hoor van baie ander dat die Kaap werk.

Lance ·

Al wat ek se is gee die man n kans …die Kaap werk goed …en dis wat ek wil he ….hulle is nie perfek nie en verseker nie so korrup soos die ANC….die keer stem ek verseker DA want ek het vir myself gesien en hoor van baie ander dat die Kaap werk

JaNee ·

Dis waar, die DA is nie perfek nie. Hul het nou ALMAL se stemme nodig, werkloses, die wat nie inkomste belasting betaal, wit of swart of bruin, enige iemand se stemme is nou nodig vir die DA om ons land te red van Zuma en die korrupte ANC.

Loeis ·

Waarom moet dit juis die DA wees?

Wat van ‘n party wat vir jou belange staan? Soos VF+ of FN? Ja (vir die tweehonderdste keer), ek weet hulle gaan nie die ANC wen nie, maar as jy in graad een wiskunde deurgekom het, sal jy kan sien dat die DA ook nie die ANC gaan wen nie.

pop ·

Mense hou op baklei teen die swart mense. Julle kan op julle koppe staan en halleluja deur julle onderent fluit daar sal nie weer n wit regering wees nie. Stem vir Da. As julle dit nie doen nie kry Malema meer stemme en daars nou meer gevaar as Zuma. Hy praat nou al burgeroorlog. Ten minste is Mmusi slim en praat sinvol. Hy kry my stem verseker. Die kaap is dan hollands, so hoekom nie.

Hendrik ·

Ons kiesstelsel werk volgens die proposionele stelsel en daar word sitplekke vir elke wyk gewen deur ‘n kandidaat. Die res van die sitplekke word proposioneel toegeken aan aantal stemme vir partye. Totdusver het die opposisie kandidate nog net in die proposionele sitplekke gesit agv van die maniere waarop wyke bepaal is deur die “Demarcation Board” Hierdie raad bepaal waar die wyke is en word al lankaaaaaal deur die ANC gemanipileer. Dus maak dit dit baie moeilik vir opposiepartye om ‘n wyk te wen. Bv Wyk 48 in Pta is Oliewenhoudtbos, Huweloord, plotgedeeltes, ‘n plakkerskamp Iteleng aangrensend aan Lauduim. Wat dink jy is die kans dat DA hierdie sitplek gaan wen? Nil. So is ander wyke so gemanipuleer om die ANC te bevoordeel. Die demokrasie is nie meer so demokraties soos wat jy dink nie. Ek voorspel dat die EFF gaan veld wen en die DA se steun gaan dieselde wees. Stem maar gerus vir ‘n party wat naby jou beginsels is want die DA gaan dit nie maak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.