DA ontken dat hy stilte-versoek vir plaasmoord nié steun

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdag ontken dat hy nié Dinsdag die VF Plus se versoek tydens ʼn raadsvergadering van die Mogalkwena-munisipaliteit vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar van Limpopo gesteun het nie.

Dit volg nadat Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit en leier van die VF Plus in Limpopo, in ʼn verklaring teen ander politieke partye uitgevaar het en onder meer gesê het dat geen party die VF Plus se versoek om stilte vir dié egpaar tydens die raadsvergadering gesteun het nie.

Korny Dekker, DA-raadslid, het Woensdag aan Maroela Media gesê dié party het wél die versoek gesteun, maar is deur die speaker saam met ander partye beveel om weer te sit nadat die vergadering onderbreek is en ʼn rumoer ontstaan het as gevolg van die versoek.

Dekker het gesê die DA was ook van plan om die versoek vir stilte aan die speaker te rig, maar het nie kans gekry nie omdat Maritz eerste ʼn spreekbeurt gekry het. “Die DA én lede van sommige ander partye het saam opgestaan om die versoek vir stilte te steun, maar is beveel om weer te sit nadat ʼn rumoer uitgebreek het. Daar was ʼn heen-en-weer skreeuery wat ontstaan het nadat die stilte-versoek aanvanklik toegestaan is. Daar was dus nie ʼn minuut van stilte nie omdat die partye te gou weer [op bevel van die speaker] moes gaan sit het,” sê Dekker.

Hy sê die DA wou veral dié versoek voor die speaker bring omdat die aanval waarin Piet en Tilla van Zyl gesterf het, die party persoonlik raak. “Die egpaar was persoonlike vriende van my én ander lede van die party. Dit is nié waar dat die DA nie die versoek gesteun het nie.”

Maritz het in reaksie hierop aan Maroela Media gesê sy staan steeds by haar aanvanklike verklaring dat die DA én ander partye nié die VF Plus se versoek gesteun het nie.

Sy het gesê sy kan nie bevestig of DA-lede wel aanvanklik opgestaan het toe die versoek toegestaan is nie, maar sê wél dat geen party aan die speaker gevra het om die versoek toe te staan nadat die speaker hulle beveel het om te gaan sit nie.

Maritz sê die VF Plus het vroeër ʼn versoek om stilte gerespekteer en het verwag dat ander partye met dié versoek dieselfde sou doen.

“Ek weet nie of hulle aanvanklik gestaan het nie – daarop kan ek nie reageer nie. Wat ek wel weet, is dat hulle nie saam met my opgestaan het om die versoek te steun nadat ons beveel is om te gaan sit nie. Die VF Plus het ʼn soortgelyke versoek gesteun, en dié keer het ons dieselfde verwag. Nadat die speaker gesê het dat almal moet gaan sit, het ek bly staan om ʼn punt van orde te opper,” het sy gesê.

“Ek wou nie hê ons moet van die versoek vergeet omdat daar ʼn rumoer veroorsaak is nie, en ander partye het tydens my punt van orde net bly sit en die versoek nie verder gesteun nie. Die vergadering het voortgegaan ten spyte van my punt van orde, daarom sê ek hulle het nie die versoek gesteun nie. Waarom het hulle nie hand opgesteek of gevra dat die versoek gesteun word nie? Hulle het net stil gebly.”

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is op 20 Augustus deur ʼn familielid dood op hul plaas aangetref. Piet van Zyl was ʼn bekende renosterboer van die omgewing.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn onbekende groep verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur in die oggendure afgebreek en hulle oorrompel. Hulle is met pistole aangehou terwyl die huis geplunder is. ʼn R100 000-beloning is intussen deur die familie uitgeloof vir enigiemand wat met meer inligting oor die voorval vorendag kan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Edward Shawe ·

Nie een van die partye het gesteun nie. DA is net so n klomp korruptes soos die ANC.

Ellisras ·

Edward. Lees die berig. Dan lees jy dit weer ‘n keer. As jy ‘n redelike mens is sal jy besef dit wat jy skryf maak nie sin nie.

maria ·

Die DA is onder dieselfde sambreel as die ANC.Ek het geen respek vir hulle nie – en hulle sal dit sien by die stembus. Baie ander se oe het oopgegaan oor die DA.

Ellisras ·

Maria. Lees ASB die berig. Lees dit. ASB. ASB. DIT wat jy skryf maak nie sin nie. Regtig nie. Feite my kind. Hou jou by die feite.

Jacques Venter ·

Maria
Jy moes n joolblad gewees het. Jy laat my lekker lag.

johnny_walker ·

afrikaners is kinderagtig , dit is hoekom hulle beheer oor die land verloor het en dit nie vinnig weer sal terugkry nie

B-man ·

Veralgemening. Ek dink die meerderheid Afrikaners is te Christelik en dat mense wat nie goeie morele waardes het nie, dit uit buit – ons draai alewig die ander wang en vergewe, want dis hoe die samelewing behoort te werk, maar dit sal nie vrugte af werp solank as wat vyande, barbare en oningeligdes aanhou om die Afrikaner as slaansak te gebruik nie.

Daan Erasmus ·

Johnny ek weet nou nie van Afrikaners in die algemeen nie. Maar spesifiek die klomp hier. Onthou nie almal wat sê hy is ‘n Afrikaner is ‘n Afrikaner nie. Regte Afrikaners is dun gesaai.

B-man ·

Naaste-liefde word nagestreef deur meerderheid, Christelike Afrikaners. So groot gemaak. Die “naastes” maak misbruik hiervan. Die voorsate wat hier kom vestig het wou eerder die evangelie uitleef en verkondig, nie soos wat bv. Spanjaarde en Engelse gedoen het met die inheemse bevolkings wat hulle teëgekom het nie.

Leahim ·

Die DA is vir die mense wat nie weet hoe die politiek werk nie voor n verkiesing bombardeer hulle jou om vir hulle te stem om kwansuis die anc te wen na die verkiesing moet hulle in n koalisie vorm met die eff ,VF+ ens so sou jy VF+ stem gaan dieselfde resultaat behaal word die VF+ gaan dan net sterker wees .Die klomp wat hulle in bewind hou in die Weskaap gaan hulle fout nog agterkom.

Sandra ·

“Fout” en al , vir die afgelope klomp jare reeds, strek die regering van die DA in die Weskaap die inwoners meerendeels net tot voordeel. In skrille kontras met die res van ons mooi land wat so verniel word. Koalisies werk, mits almal dieselfde agenda het en dalk is dit waar die fout lê. Ons klomp in die Weskaap is heel gelukkig hier , selfs al is die DA regering nie foutloos nie.

marous ·

As daar weer een van die ANC of DA kaders omkap moet Sarie Marais kliphard deur die VF gesing word , en as hulle wil skreeu sing net harder!

Riaan ·

Die DA lag lag saam met die EFF en ANC. Dis feite. Daar is absoluut geen belang in die Afrikaner in die party nie. Mense, word wakker. Hulle stel meer belang oor hulle leiers en hoe “goed” hulle probeer wees in die WesKaap.
@JW, die Afrikaners het die land verloor omdat hulle die minderheid is en daar ‘n globale dryf was vir lande om ‘n demokrasie te word. Jy het geen respek vir mense wat vermoor word nie. Bly eerder stil jou lafaard.

Coenraad ·

Die DA se stembasis is meestal die vorige NP stemme wat deur kortbroek mislei was en die swart middelklas wat die anc gelos het die groot stemme le in die arm swart stemgeregtigdes en dit is hoekom die DA nie wil gesien word as n party wat die witman se belange op die hart dra nie , met die kfc saak het Randall van die DA dadelik rasisme geskree sonder bewyse hoekom.

Protes ·

Ek bly in PTA in die moot en al waneer ek van n DA raadslid hoor is voor n verkiesing maar hulle is elke week in die plaaslike koerant , kyk na die woonbuurte se agteruitgang dan verstaan ek nie hoekom mense tydmors om vir hulle te stem nie kan net so wel vir die eff stem.

Stem ·

Een van die dae is daar ‘n munisipale verkiesing in die Metsimaholo (Sasolburg) munisipaliteit. Stem maar vir die VF plus. Die DA koalisie het vir ons niks beteken.

Belaglik ·

Ag hoe kinderlik is die klomp tog nie, die vroutjie van die FF – wil seker graag haar naam in die koerante sien dat die wat vir haar gestem het darem sien sy doen iets.

Kan die dame dalk vir ons meedeel of sy elke keer as iemand in die dorp sterf ook n oomblik vam stilte versoek, of dalk elke keer as iemand in die informele neddersettings sterf?

Dis hartseer as mense sterf maar om nou elke raadsvergadering te onderbreek vir n minuut stilte is bietjie verregaande. Dit is eintlik meer hartseer dat die FF – mense se afsterwes wil gebruik vir politieke gewin.

Gatvol ·

Belaglik. Ek wonder as daardie 2 boere mense jou familie, vriende of selfs net kennisse was, of jy anders sou voel. Minstens doen die vroutjie van die VF+ iets aan dit waarin sy glo. Ek is seker jy sit net op jou gat en volg die hoofstroom in die land die verderf en rampspoed in.

Leahim ·

Daar is nie n party soos dir FF nie belaglik dat jy dit nie weet nie

Piet ·

Hou op tyd en energie mors met politici en politieke organisasies. Hoeveel jare en belangriker – hoeveel lewens wil ons nog mors?

Maak skoon die pype. Verdedig jouself, jou familie en jou bure.

Jacques Venter ·

Daar word net oor 50 mense per dag in Suid Afrika vermoor. Ek weet dit raak die VF+ diep.

Ek sien gereeld hoe hulle in die parlement minute se stilte vir die vermoordes hou.

janus ·

B-man! Stem saam!!! Die suid afrikaners hou van hul chistelike badge.

Leahim ·

Protes ek stem saam oor die woonbuurte maar hulle lag seker vir die mense ook wat vir hulle stem en tevrede is met die swak dienslewering.

Jacques Venter ·

Mens moet die VF+ krediet gee vir die goeie werk wat hulle doen.

Veral hulle pogings om die konstitusie te beskerrm, terwyl die DA niks doen om die konstitusie te beslerm nie.

Vermeende ·

Die DA rafel uit, die nate trek los!
Die DA het n meester geword in goedkoop munt slaan en hierdie DA verklaring wys maar net dat ons weer oppad is na n verkiesing.

Waar het die DA enige plek beter gemaak, en voor die DA skapies die Wes Kaap trog wil uitwys……….dit is n oud NP gebied wat hulle geerf het in n tyd toe die hele land nog relatief veilig was en alles nog gewerk het.
Die DA bestuur nou net sy water krieses soos die ANC sy kriesesse bestuur, maar waar is die voorkominde bestuur en beplanning, net soos by die ANC ontbreek dit ook by die DA.

Dit is ook so, nie almal wat se hulle is Afrikaners, is Afrikaners nie………die res is Boere van die Boervolk!

Jacques Venter ·

Vermeende
Net n regstellinkie. Gedurende die 1994verkiesing het die ANC die Wes Kaap gewen. Die DA het dit nie van die NP “geërf” nie

Zak ·

Verkeerd Jacques Venter, Die NP het die Weskaap in 1994 gewen met 53% teenoor die ANC se 3 en die DP se skamele 6%.

Vermeende ·

Venter,
Die ANC het wel die bestuur na 94 oorgeneem met al die apartheid werkers en dit is n feit ook was BEE en regstellindeaksie nog nie inplek om die verval te verhaas soos dit die geval was met ander provinsies nie. Ek dink dit is meer as regverdig om te se dat die DA die Wes Kaap by die NP geerf het. Punt is, wat het die DA verbeter in die WK wat vervalle was onder die hopelose NP?
Niks!

Leahim ·

Mnr Venter almal is geregtig op sy of haar opinie sonder om ander se regte te skend vryheid van spraak noem hulle dit in n regte demokratiese land hoekom het die DA die premier Mev Zille gemuilband toe sy haar mening uitspreek??Ek kry elke dag n sms of epos van die DA wat bedel vir geld maar die leier of sy personeel doen nie eers die moeite om my terug te antwoord as ek n navraag na sy persoonlike epos stuur nie.

Johan ·

Die DA is vinnig om te kritiseer, soos die geval met die Penny Sparrow saga en die KFC debakel. Maar versuim om die eff in die bek te ruk. Inteendeel hulle is bed maatjies. Die DA leier is net so n groot rassis. Hy het al heelwat rassistiese uitlatings op Twitter kwyt geraak. Maar daarvan kom niks van nie. Ek stem al vir n baie langtyd nie vir hulle nie. Zille was dan deel van die black movement. Sy was die een wat die hardste gal gebraak het oor biko se dood.

Ai tog ·

Ai tog Johan, jy bewys net dat mense soos skape is. Iemand sê iets en ander verkondig dit wyd en suid as die waarheid sonder om twee keer daaroor te dink. Hoe is die DA-leier nogal ‘n rassis? Miskien verwar jy rassisme met iets anders, maar hoe op aarde kan jy ‘n rassis wees as jou vrou wit is?

Maria ·

Soos ek gese het die DA is hand op die blaas met die ANC kaders.Dit is wat oorgebly het van de klerk en sy meeloper roelf wat met die anc ge onderhandel het.Roelfie is mos nou ook n anc kader en de klerk n nul op n kontrak.Groor verraaiers.

Willie ·

Innie Kaap is die Cape Party besig om momentum op te tel. Google gerus.

Lizelle ·

Is dit opvallend vir enige iemand anders behalwe myself dat die plaasmoorde ongewoon vinnig toeneem? My opinie dat daar iewers ‘n georganiseerde party/persone/agenda betrokke is. Iets baie meer as in die verlede. Hoop ons besef dit nie te laat nie.

B-man ·

Lizelle, ‘n mens begin so voel, maar ek dink nie ons hoef te bekommerd te wees oor ‘n “meesterplan” nie. Die ouens kan nie beplan en/of implimenteer om hulle lewens te red nie… Dis omdat ons grense verval en die regering dit oopgooi aan die res van Afrika. Ons is Afrika se moderne Kanaan. Nou vier plaasaanvalle in Noord-Wes, Limpopo en Natal hoog gety en so beweeg dit verder die binneland in.

Mariette Hammann ·

Geen party wat in koalisie gaan met die EFF kan die Blanke Afrikaner ondersteun nie. Voor die verkiesing word net mooi broodjies gebak om stemme te kry, maar na die verkiesing word die mense in die rug gesteek. DA voel vere vir die boere!!!

Gerhard van der Merwe ·

Die DA gebruik lank reeds Afrikaners as stemvee. Die feit is dat hulle nie n duit omgee vir Afrikaners of ons konstitusionele regte nie. Hulle weier eenvoudig om sake soos bv. die beskerming van Afrikaans (of enige inheemse taal), plaasaanvalle, die beskerming van kultuurgoedere of enige iets wat vir Afrikaners van belang is, te hanteer. Dit is bloot nie Polities Korrek nie. Om hierdie rede dan ook die halfhartige optrede deur DA lede in Potgietersrus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.