DA ontken koalisie-gerugte

Verkiesing 2016. Argieffoto: Reint Dykema

Verkiesing 2016. Argieffoto: Reint Dykema

Die DA het “ANC-geïnspireerde gerugte” verwerp dat dié party koalisie-ooreenkomste bereik het en benadruk dat besprekings steeds voortduur.

Gerugte doen die rondte dat die DA ʼn koalisieooreenkoms met die EFF bereik het nadat onderhandelinge beklink is oor burgemeesterskap tussen die twee partye in Johannesburg en Pretoria.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het Dinsdag in ʼn persverklaring gesê die gerugte is “die laaste skoppe van ʼn sterwende perd” van ʼn party wat “desperaat is om aan mag vas te klou deur verkeerde inligting te versprei”.

“Die DA is steeds besig met gesprekke en sal in alle erns voortgaan met onderhandelinge. Die duidelike doel is om ʼn regering saam te stel vir die kiesers wat die ANC aan stuur van sake in plaaslike regerings, verwerp het,” het Selfe gesê.

“Dit vereis dat werkbare, goed regerende munisipaliteite en metro’s gestig word wat in staat is om werk te skep, beter dienste te lewer en jarelange korrupsie tot ʼn totale stilstand te bring.”

Selfe het gesê die DA se federale raad is in koalisiebesprekings met alle partye, behalwe die ANC.

Administrasie vir koalisies moet binne 14 dae vandat die verkiesingsuitslae Saterdag aangekondig is, ingehandig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

T ·

As die DA met die EFF saam smelt wil ek my stem verander !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

WitBlits ·

T – jy moes jou huiswerk voor die verkiesing gedoen het en gesorg het dat jy reggestem het in die eerste plek! Die oumense het nie verniet gepraat van spyt kom te laat nie!

Gert ·

Nie so haastig nie T, onthou net, al gaan hulle ‘n koalisie aan, is die DA nog die meerderheid in die Raad en kan die EFF nie iets doen sonder ‘n meerderheidsstem nie. Kalm bly!!

KarooKlong ·

Goeie antwoord.
Politiek en wiskunde gaan vir eers gepaard.

T ·

ek hoor wat jy se Gert dankie, dis net erg dat mens wil saam met mense staan wat die boer en almal wat wit is wil doodmaak, …. maar ek hoor wat jy se. Sit net effe hard om my hart.

Loeis ·

Die DA gaan nie sodner die EFF regeer nie, Gert. Julle ouens moet maar dophou wat die EFF se voorwaardes vir samewerking sal wees.

Anti DA ·

Die Eff het ook ‘n se en voorwaardes en julle weet wat die commander en chief se voorwaardes is ………die kortbroek effek gaan nou begin realiseer.

plaasjapie ·

Ek het meegevoel oor hoe jy voel T. Die punt is egter dat dit nie oor verskillende politieke partye in ons land gaan nie. Hoe kan ek dit mooi stel….die groter politieke partye is voels van eenderse vere, dra net verskillende baaidtjies.
En ja wie ook al in bewind is onder hulle, is maar net pionne van ons vyande daarbuite. Ons reddind of beter gaan hang nie van hulle af nie.

Lance ·

Ek wil net weet as die eff betrek word of hulle nie in beginsel dan meer met anc sal stem as dit by stemmery kom. ..dis wat my bekommer en die eff lyk so hatig en beklyerig breek en brand alles ..wat het hulle al eintlik opgebou …kan iemand net een voorbeeld gee van opbou want breek en brand is daar baie

Koos1 ·

Eerder die DA en EFF wat saam werk as die ANC en die EFF! As die EFF in koalisie gaan met die ANC, dan het hulle kiesers rede om die party te sink, dit was dan die hoof boodskap van al die opposisie partye, om die ANC te ontroon.
Ek dink dit het tyd geword dat ons hele kiesstelsel hersien moet word. Ek dink tans is dit net te moeilik om te verstaan vir die gemiddelde kieser, wat nog van die kiesers van niks verstaan nie!

Christene ·

Ek het in Beeld gelees die EFF het ook met die ANC gesêls. Het die ANC sy handlangertjie eers mooi voorgesê? Hoop die DA bly koelkop vir julle ouens se part daar bo in Gauteng. Die EFF kan g’n mens vertrou nie.

Nico K ·

Ek weet daar is baie mense wat niks van die DA hou nie, maar op die stadium is daar in Pta net 2 keuses. DA saam met EFF of ANC saam met EFF. Watter een gaan jy kies.

Nie spyt ·

Ek ondersteun eerder n koalisie met die EFF sodat die ANC net uitkom.
Onthou plaaslike owerheid gaan om dienslewering[ paaie water ens en natuurlik geen korrupsie nie. So die EFF moet net saam met die DA dienslewer vir alle mense

Danie Zietsman ·

Ek kan weer net nie verstaan hoekom ons hierdie councillers nodig het nie, behalwe n massiewe geldlas en n bietjie gestry op vergaderings en beskuldigings, wat kry die belastingbetaler? Voor hierdie stelsel het dit mooi gewerk, n burgermeester met n motor en n ketting en n sker om dan en wan n lint te knip en die stadsklerk. Hy was eintlik die CEO, hy het gesorg dat alles werk en dan was daar vergaderings waartydens op sy tone getrap kon word! Ek is te dom om hierdie councellor sirkus te verstaan!!!!!

Frik Lotz ·

Gelukkig sal VF Plus nie in koalisies gaan met ANC of EFF nie. As DA in koalisies met EFF gaan, dan het kiesers hul stem op DA gemors en kon hul eerder VF Plus gestem het.

Loeis ·

As mense VF+ se hande verder gesterk het, was VF+ ‘n veel sterker opposisie.

Boerseun ·

Ek stem Frits, ongelukkig sien DA ondersteuners dat koalisie gaan help om ANC uit te kry. Ons kan eerder met goeie oppisisie sit as om saam duiwel in bed te klim. Of dit ANC/EFF of DA@EFF is, die rooi manne gaan hulle stempel afdruk en hulle beleid afdwing. Ek dink DA stemmers het groot moeilikheid vir ons vorentoe gemaak.

plaasjapie ·

Wat ek eintlik vroeer probeer se het…dit klink of ons wit mense so vreeslik ingestel is wat in die huidige politiek aangaan. Dit raak ons maar ons kan met n kruisie trek, debateer of praat niks daaraan verander nie. Ons moet ons eerder by ons eie bepaal…daai “ballgame” is hulle sin !

Anti DA ·

Die mense wat so EFF of dit nie genoeg is dat julle vir die DA gestem het nie gaan doen ‘n bietjie navorsing oor die Eff julle bleek sielle is nie deel van hulle planne nie behalwe dat hulle jou eiendomme wil hê en julle kultuur en taal wil vertrap maar sterkte met julle vennootskap dit klink vir my soos ‘n dingaan/Piet Retief ooreenkoms maar die ou volkie leer nooit.

Anti DA ·

Nee glad nie heksie ek stem VF+ en betaal ‘n redelike bedrag aan Solidariteit se bou saam vonds en ook Afriforum se fonds waarmee hulle die hof moet baklei vir geregtigheid vir almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.