DA ontken ‘splinterparty’

Mmusi Maimane en Helen Zille.

Die DA het Sondag bewerings dat ʼn skeuring in die party dreig ten sterkste ontken en gesê die berigte is niks anders as “gerugte en ʼn geskinder” nie.

“Die DA het net verlede maand sy grootste en mees diverse federale kongres gehou,” het Refiloe Nt’sekhe, woordvoerder van die DA, in reaksie op die berigte gesê.

Die DA het tydens die kongres die insluiting van diversiteit as ʼn waarde van die party ondersteun en 18 strategiese besluite aanvaar wat die grondslag van die DA se manifesaanbod voor die algemene verkiesing van 2019 sal vorm.

Die resolusies het ten doel om die talle kwessies wat die mense van Suid-Afrika in die gesig staar aan te raak. Dit bied praktiese en haalbare oplossings om onder meer werkloosheid, misdaad en immigrasie aan te pak.

“Die berigte in Sondag se City Press is dus niks anders as gerugte en ʼn geskinder nie. Die fiktiewe ‘senior leiers’ word nie eens een keer by name genoem in die berig nie, maar kommentaar van ʼn uitvoerende hoof blyk belangrikheid aan die gerugte te gee.”

City Press het berig dat “minstens vyf senior en prominente LP’s” beplan om ʼn “ware liberale” wegbreekparty te vorm wat hulle hoop aan die 2019-verkiesing sal deelneem. Die groep is glo ongelukkig oor die rigting wat die DA onder die leierskap van Mmusi Maimane inslaan. Hulle het glo al vir Helen Zille, Wes-Kaapse premier en voormalige DA-leier, geraadpleeg aangesien hulle glo wil hê sy moet die groepering lei.

Terwyl Maimane en sy kernleierskap die DA se aanloklikheid wil verbreed deur dit te laat reageer op transformasie en ekonomiese ongelykheid, glo party lede dat hierdie houding die DA dwing om weg te beweeg van die tradisionele liberalisme waarvoor dit van die begin af gestaan het, het die koerant berig.

“Ons sal nie afgeskrik word om dít wat ons beplan het te bereik nie aangesien Suid-Afrika nie kan bekostig dat die DA se aandag afgetrek word van die doel om verandering te bring en een Suid-Afrika vir almal te bou nie. Ons is nog meer oortuig as ooit dat ons ons steungrondslag sal vergroot waar ons met selfvertroue regeer en die grootste party in sowel Gauteng as die Noord-Kaap sal word,” het Nt’sekhe gesê.

“Ons dien tans meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners in meer as 30 stede en dorpe oor die land. Ons missie is om te verseker dat ons verandering bring vir al meer Suid-Afrikaners wat in die steek gelaat is deur die ANC se onvermoë om wesenlike verandering in landsburgers se lewe die afgelope 24 jaar te bewerkstellig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Siestog DA ·

Ek is nie verbaas nie wat die rookseine is al lankal daar. Mmusi is gou om te twiet as daar rassisme geskreeu word sonder om die feite te ken soos in die Supersport sage. Ek gee hom as DA leier 2 uit 10. Hy is die oorsaak dat die DA ‘n lelike loesing gaan kry by die stembus in 2019.

Koos B ·

Siestog ek moet se jy is goed vir hulle, hulle is baie gelukkig om by my ‘n nul te kry.

Judge Dredd ·

Maak nie saak of daar ‘n splinterparty of nie gestig gaan word – DA het reeds baie wit mense se ondersteuning verloor.
Verwag dat VF+; IVP en EFF Steun sal wen.
ANC sal nog steun verloor.
DA sal gelukkig wees as hy min of meer dieselfde steun as 2014 kan behaal.

Hendrik ·

Ongelukkig kan daar nie regtig staat gemaak word op oningeligte kieser wat ‘n week voor die verkiesing toevallig agterkom dat hy moet gaan stem en vir iemand moet gaan stem nie. Die grootste stem is natuurlik die mense wat glad nie gaan stem nie.

Karli ·

Mmusi wys nou al vir lank hoe rassisties hy is, hy alleen het my stem verloor vir die DA.

Heinrich ·

Daar is baie waarhede opgesluit in die berig. Indien die party nie split nie, is dit tog duidelik wat sy beleidsrigting is. As ondersteuner van die ANC se Freedom Charter, ondersteuner van dieselfde rasstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, en Mmusi se ‘white privilege’ tweets is hulle ‘reënboognasie’ opmerkins ‘n totale klug. As jy DA gaan stem, stem jy vir ‘white guilt’, jy stem dat jou kinders nie mag werk kry omdat hulle europees is nie, en dat, wanneer jy opstaan vir die behoed van jou Afrikaanse taal aan skole en universiteite, jy apartheid najaag want jy val nie in met DA se almal-praat-nou-Engels (taal van die liberale) nie. So of jou nou ANC of DA stem, jy stem vir doodmaak van jou taal en kultuur, al verskil is dat jy by die een miskien beter dienslewering kan verwag.

Netso ·

Jy is so reg. Ongelukkig is ‘n ‘geen stem’ ‘n futiele oefening vir ons volkie se minderheid. Ek wou onlangs met ‘n tussentydse verkiesing bittergraag vir die VF+ stem; maar helaas. Hulle het nie eers ‘n kandidaat op die lysie in ons Pretoria-Oos wyk gehad nie. Ek het geen idee vir wie om dan te stem nie, want by die DA trek ek NOOIT weer my kruisie nie. Geweeg en te lig (en rassisties) bevind.

Andre Traut ·

Ek het dit al gesê, maar die Da het nie meer my stem nie, en ek werk hard om ander te bearbei, ek kan nie n entiteit ondersteun wat my nie ondersteun nie

Johann ·

Die grootste bedreiging vir die DA… is die DA self! En hulle gaan uit hulle pad uit om die status te behou! SWAK leierskap se resultaat.

not in wonderland ·

Mnusi hel al lankal oor na die ander kant toe. Dis waar hy gaan eindig, dan kan die DA weer aangaan. Van die begin af gesê dit gaan nie werk nie.

Nettie ·

Die DA is eenvoudig maar net die “ANC Lite”. Onder Maimane se ‘leiding’ het die DA daarin geslaag om (so sê ek) 6 uit 10 DA-lede en -stemmers van die party te vervreem. Die De Lille-sage het nog daartoe bygedra.

Al het die DA nie my stem gehad nie (GEEN party het my stem nie), oorweeg ek nou ten sterkste om VF+ te gaan stem – MITS DIE VF+ PLAN MAAK OM VERTEENWOORDIGING IN MY STEMWYK (vir munisipale verkiesings) TE KRY en MITS EK KAN GAAN STEM WAAR EK WIL (nie binne-in ‘n informele kamp naby my huis nie).

Netso ·

Ek stem – hulle teenwoordigheid in ons oorwegend Afrikaanse Pretoria-Oos wyk skitter in afwesigheid. Uiters swak.

Cherokee ·

Nettie en Netso, julle openbaar onkunde want om ‘n verkiesing te beveg kos geld en met die trae ondersteuning waarmee die VF begin het, was die geldkoffers nie oorlaai nie. Dit is nie bloot ‘n kandidaat stel as sensus vasgestel het dat die kandidaat 15 stemme gaan trek nie. Ek woon in Durban en verkwalik hulle nie omdat hulle nie munisipale verkiesings beveg nie want dit is ‘n groot stad en dink wat sal verkiesings-plakate en die arbeid om dit op te sit, alleen kos. Dit terwyl dit ‘n ANC-Munisipaliteit is en so Engels as wat Durban is, so liberaal is dit. Ek stem nie tydens munisipale verkiesings en met algemene verkiesings weet ek daar sal ‘n VF+ kandidaat wees om voor te stem. Dink oor hierdie dinge wanneer julle kommentaar lewer.

Hendrik ·

Die nuwe golf van kiesers (3 miljoen wat nie die vorige verkiesing gestem het nie a.g.v Zuma) gaan enige groei van die EFF en DA beperk of selfs negatief maak. CR is al klaar besig om die parlement te domineer. Net so sal die kiesers bly stem vir die ANC soos in die geval van Zim se ZANUPF. Onthou daar is 17 miljoen sosiale welsyn salaristrekkers waarvan se maar die helfte kan stem. Nee wat julle ek sien ‘n reuse oormag en werk liewers na selfstandige onafhanklike gebiede.

Loeis ·

‘n Mens moes verwag dat iemand soos Zuma die swart middelklas se aansien sou begin verloor het, terwyl Musi dit dalk weer kon trek. Toe kom Ramaphosa, na wie die swart middelklas kan opkyk, en daarteen het die DA nie ‘n teenskuif gehad nie. So ongeag verdeeldheid binne die DA, kon ons verandering in stempatrone verwag.

Dit beteken natuurlik steeds nie dat verdeeldheid binne die DA, asook sy al meer swart beleid, in stemme vir die ANC vertaal nie. Met ons proporsionele stelsel kan stemme wat elders uitgebring word ander partye se hande sterk. Soos wat die IVP reeds happe uit die ANC se steunbasis in Natal neem, kan dit interessant wees om die Kaapse Party dop te hou, en ek voorsien dat VF+ volgende jaar ‘n hele paar DA setels gaan afvat, en dan ‘n groot geveg in die parlement teen onteiening sonder vergoeding sal opsit.

Daar mag ook dalk nuwe koalisies in ‘n paar provinsies gesien word.

Linda ·

DA Support Down To 20 Percent Because Of De Lille, Policy And Leadership Issues.
President Cyril Ramaphosa has led the ANC’s fightback and has helped grow the governing party’s support base. Questions about leadership and the handling of the Patricia de Lille matter have all contributed to a decline in the DA’s fortunes according to Ipsos.
The DA, the country’s biggest opposition party, is now polling at 20 percent support — two percentage points lower. President Cyril Ramaphosa’s ANC becoming a more attractive option for voters. Ipsos South Africa.”But yes, the DA’s support is down to 20 percent. Of course, there is roughly a year left before the election and many things can still happen. But what we are picking up is that voters are adopting a wait-and-see attitude towards the DA.
President Cyril Ramaphosa seems to be the ANC’s strongest weapon at the moment.
Julius Malema’s EFF however seems to be treading water.
“For the DA their immediate problem seems to be that voters don’t exactly know what their policies entail. They will seriously have to think about clarity on policy when they launch their election campaign.
DA Split ‘will mean that ANC will be in Power for decades. De Lille’s Victory Could Mean A Bleak Future For DA.
DA Wants Explanation From De Lille Over Shoddy SMS
What Coaches And Former Boks Have To Say About Ashwin Willemse.
Senior DA Leaders Plotting To Form Breakaway ‘True Liberal Party.

Pietman ·

Moenie alles glo wat in die pers en sosiale media as “feite” verkondig word nie.

Neil ·

Mmusi is daar geplaas om die DA helemal te verswak en op hul knee te bring, dat die ANC geensins ware opisisie het nie.

Linda ·

Daar is sprake dat top DA lede saam met Helen Zille en Tony Leon m nuwe party gaan stig en die VF+ nooi om deel hiervan te wees. So iets kan vir ons land werk !!!

Judge Dredd ·

Sodat die liberale weer die boere Afrikaner kan melk vir geld, en uiteindelik weer verraai/verkoop? – nee dankie.

Rooi Jan ·

Nee wat ek het nooit geglo dat die DA die blanke afrikaner se belange op doe hart dra nie. En sal dit ook nooit in die toekoms glo nie. Die “nuwe DA” is ook maar net die ou PFP hulle is glad nie pro-afrikaans nie.

alida ·

Stem vir wie julle wil maar julle moet stem anders gaan jou stem vir die ANC.

Theresa ·

16 miljoen wat “gedien” word. Waar is al die ander miljoene? Hier is seker nou al maklik 48 miljoen mense in Suid-Afrika? Kan iemand die ware getal onwettige inwoners in S A gee?

Kosie Kramer ·

My vriend is betrokke by die DA, en hy is bewus van die onrus onder lede. Hier in die suide van Johannesburg, Wyk 56 (Rosettenville), moes die DA-lid wat werklik by die gemeenskap, wat arm is, betrokke was, terugstaan vir `n voormalige onderwyser in die ryk Glenvista, wat nou meer betrokke is by ander wyke as sy eie. Ek wil nie meer vir die DA stem nie, maar daar is werklik geen ander party nie. (Met die vorige verkiesing het die VF+ iets soos 4 stemme gekry. Jy kannie jou stem mors op mikropartye nie.)

Loeis ·

Sien Kosie, dit is die probleem:
1) as julle vir ‘n ander party, soos VF+ wat jy hier uitsonder gestem het, dan het daardie party meer stemme gekry,
2) om die aanname te maak dat kleiner partye nie ‘n verskil maak nie, is feitelik verkeerd. Toe die DA in 2006 in beheer gekom het van Kaapstad, was dit met die hulp van die een setel van VF+ en die twee van die ACDP in daardie raad. Stem vir die kleiner partye, dan word hulle grootter, en word jou belange gedien.

Terloop, kan jy onthou hoe onbenullig klein die DP van Tony Leon was, wat later die DA geword het?

Wouter ·

Ek stem saam Kosie. Ons doen presies wat die ANC wil hê. Daar is geen ander uitweg as om DA te stem nie. Al is dit net vir dienslewering en geen korrupsie nie.

Cherokee ·

Ja Kosie Kramer, daar sal ongelukkig, al doen ons wat, steeds baie van julle wees wat stem vir ‘regstellende aksie’ en stem teen ons pragtige taal – Afrikaans. Maar ons Boere sal, ten spyte van julle, steeds bo uitkom.

Johan. H. ·

Kosie Kramer,, Ek stem defnitief vir VF+, Al is ek die enigste een , Kannie vir die skelm lotte stem nie, Ek vertrou niemand!! Gaan kyk maar net sommer dstv, Orals waar jy gaan word jy geintredoktoneer, eks moeg daarvoor, Tenminste weet ek dat as ek na die lotte kyk het ek maar gedoen wat ek kon,,,

Oom Kalahari ·

@ Kosie Kramer, die VF+ (mikroparty) waarna ju verwys kan groter verteenwoordiging meebring as daar werklik vir hul gestem word en die kans gun. Daar is sovele stemgeregtigdes wat liewers daardie dag uitspan en braai, maar vir 5jaar lank neul omdat hul weereens hul stem aan doe ANC verkwansel het. Die VF+ veg hard vir die Afrikaner se waardes in ‘n waardevolle en waardige raamwerk, maar benodig die ondersteuning vir beter verteenwoordiging. Moenie die melkkoei slag as jy nie weet wat dit gaan produseer nie, jy mag dalk net verbaas wees met die resultate. DA het deur en deur bewys van hul Linkse liberale optredes en aanvalle en baie eensydige kant kies. Musi se ware kleure is besig om deur te skemer en groot ondersteuner van ANC manifes. Gee dr Groenewald ‘n kans en ek hoop van harte Marietha Aucamp wil oorweeg om deel te word van VF+.

Stompie van As ·

Die VF het tans 4 parlementslede en n mens hoor hul stem. Dink net wat 10, 15 of 20 sal vermag. Ek is bly mense se oe gaan stadig maar seker oop. Ons het n stem gebruik dit.

Cherokee ·

So veel wat sê hulle gaan nooit weer DA stem nie. Verbasend dat enigeen erken hulle het DA gestem.

Linda ·

Ek self is skuldig en het DA gestem, omdat die VF+ te klein was om n land te regeer. Vandag is ek spyt. As daar nie n goeie en sterk wegbreek party voor 2019 kom nie, stem ek vir COPE !

JJP ·

Het nooit gedink ek sal so iets oorweeg nie maar Lekota se kennis en siening oor land maak COPE nog aantreklik.

Helena ·

wat dink julle van die ACDP. Ek het onlangs met hul leier gesels en wow, wat ‘n amazing mens. Miskien het dit tyd geword dat ons met gelowige mense saamwerk en die mense wat God nie dien nie, ook nie te dien deur nie vir hulle te stem nie. Net GOD kan ons land red.

Gert ·

ACDP, COPE (na wie Linda en JJP hierbo verwys) en VF+ het voor 2014 se verkiesing ‘n groep gestig wat hulle die Kollektief vir demokrasie genoem het. Op daardie stadium was COPE een van die sterkste partye. Die idee was dat elke party steeds vir sy eie kiesserskorps se belange staan, maar saamwerk. COPE het beduidende swart steun gehad, die ACDP landswyd ‘n bietjie steun met ‘n bruin raadslid in Kaapstad wie wyd gerespekteer word, en VF+ verteenwoordig Afrikaner belange. Hierdie groep van partye wou dan ‘n koalisie met die DA oorweeg, waar en indien moontlik.

Bg is eintlik ‘n uitstekende resep om mense wie oor ‘n aantal goed saamstem, se stemme saam te gooi en so ‘n magsblok te vorm, sonder dat enigeen sy beginsels hoef af te water.

Die koms van die EFF het ongelukkig blykbaar die mat onder COPE uit geruk, ACDP het nie gegroei nie, en ek onthou hoe die kommentare op die eerste uitslae in Beeld die klaagliedere van ‘n klomp DA ondersteuners was wie geween het omdat VF+ nie verdwyn het soos wat blykbaar hul grootste wens was, maar in Noorwes ‘n verteenwoordiger bygekry het.

Waarby ek probeer uitkom is dat intelligente koalisies die potensiaal het om ‘n baie sterk blok te vorm terwyl elke party sy identiteit behou, mits hulle die kans – dws jou stem – gegun word.

Rynhardt ·

Waar n rokie trek,brand n vuurtjie!Net n formaliteit voordat meer mense gaan wegbreek uit die liberale DA.Hul velkleur tel teen hul nes die DA al vir jare die Boermense ignoreer!Ek gaan dit weer se,SA politiek is lankal dood!!????

kas ·

Ek dink Maimane het sy party groot skade aangedoen met die Helen Zille en Patricia De Lille omstredenheid.Wat is die pad wat hy wil stap met sy kiesers en is hy betroubaar.Wat is sy eerlike gevoel teenoor die blankes in S A.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.