DA ontsteld oor Sassa se versuim om op te daag

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het Woensdag sy ontsteltenis uitgespreek oor Sassa-beamptes wat versuim het om voor die provinsiale parlementêre staande komitee oor gemeenskapsontwikkeling te verskyn.

Die komitee het verlede maand die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) genooi om die verskeie uitdagings by betaalpunte in die provinsie te bespreek, hoe die agentskap seker sal maak dat hy die migrasiesperdatum in September sal haal, en die vordering wat gemaak word wat betref terugbetalings aan begunstigdes wat geraak is deur onwettige aftrekkings.

Lorraine Botha, provinsiale woordvoerder oor gemeenskapsontwikkeling, het gesê sy sal Sassa weer na die staande komitee uitnooi. “Dit is kommerwekkend dat Sassa weier om voor die staande komitee te verskyn, aangesien die normale proses, om die provinsiale Sassa deur die nasionale kantoor van die uitvoerende hoof te nooi, gevolg is,” het Botha in ʼn verklaring gesê.

“Ek sal die provinsiale minister van maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, skriftelik versoek om te bepaal hoeveel begunstigdes aan die begin van Julie geraak is deur die nie-betaling. Dit is noodsaaklik dat die meer as 1,5 miljoen begunstigdes op hoogte gehou word van alle ontwikkelings binne Sassa.”

Kgomoco Diseko, woordvoerder van Sassa, was nie Woensdag dadelik beskikbaar vir kommentaar nie. Sassa het Dinsdag gesê hy kon minstens 83% van begunstigdes betaal nadat sommige van die begunstigdes gesukkel het om die geld te trek as gevolg van ʼn tegniese probleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dafer ·

Liewe hemel Botha! Uitnodiging – om ‘voor die staande komitee te verskyn’! Ek neem niemand kwalik as hy nie ‘n uitnodiging aanvaar nie. Die DA kan egter kwalik geneem word dat hulle nie daadwerklik optree nie. Magtag mens! DOEN IETS!

Ella ·

Hulle gee nie om nie.
Minimum standaarde is hulle leuse. Hoeveel is dit, seker 33%’
Volgens SASSA het 83% gekry. Dis baie meer as 33% so why worry.
DA gee hulle OPDRAG om te verskyn maar julle kan nie want hulle werk nie vir julle. Hulle werk vir die ANC en die ANC is bang vir die mense wat hulle geskep het deur heel tyd toe te gee en oor te sien wat verkeerd is en korrupsie te verdra en niemand voor stok te kry vir enige wangedrag of oortreding.
Al ons raad en hulp aanbied, klagtes, bekommernisse, vrese en kwaad word val op dowe ore en word afgelag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.