DA ontstoke oor parlement se kommunikasie ná Strafhof-uitspraak

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Die DA het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking veroordeel vir die “mishandeling van die nasionale wetgewer se kommunikasiemasjien”.

Siphosezwe Masango van die ANC het Donderdag in ʼn verklaring, vermoedelik namens alle LP’s wat op die komitee verteenwoordig word, gesê Suid-Afrika was geregverdig om nie die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem nie, toe hy in 2015 die land besoek het vir die Afrika Unie-beraad.

Sy verklaring was in reaksie op ʼn uitspraak deur die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland, wat bevind het dat Suid-Afrika, ʼn lid van die Roomse Statuut, versuim het in sy verpligting om Al-Basjir in hegtenis te neem en oor te gee ná ʼn versoek van die Strafhof.

“Die voorsitter kan nie voorgee om namens die komitee praat nie. Verskeie partye is by die forum betrokke en sulke uitsprake kan slegs gedoen word sodra resolusies uiteindelik deur komitee geneem is,” het John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, gesê. “Die uitspraak van die Internasionale Strafhof is nie na die parlement gebring nie en hierdie uitsprake is dus in geheel vals.”

Steenhuisen het gesê die verklaring is ʼn poging om die negatiewe publisiteit, wat deur die Internasionale Strafhof gegenereer is, te versag.

Masango het Donderdag in sy verklaring gesê indien die uitspraak volhou dat Suid-Afrika die president van Soedan in hegtenis moes geneem het, is dit regverdiging genoeg vir die Suid-Afrikaanse regering om die Strafhof dringend te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hanna ·

Geen wonder Suid Afrika word al hoe meer as n “muishond-land” genoem. En om te dink dat hierdie man se misdade teen oor sy eie kleur mense was… Net soos ou mal Bob noord v ons. Siek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.