DA oorval met donasies vir hofsaak oor afsondering

Helen Zille. (Foto: Tracey Adams/African News Agency)

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa Saterdag met vergaderings voortgegaan het om die grootste deel van die land na vlak 3-afsondering oor te skuif, word die DA oorval met donasies vir die hofsaak waarin dié party die regering aanvat oor die afsonderingsregulasies.

Ramaphosa het Saterdag ʼn vergadering met die presidensiële koördineringsraad (PCC) gelei, waartydens die verslapping van afsonderingsregulasies en die bekamping van die verspreiding van Covid-19 bespreek is.

Maroela Media het Vrydag berig dat lede van die kabinet die verslapping van afsonderingsregulasies goedgekeur het, ten einde die ekonomie oop te stel en die beweging van mense en goedere te vergemaklik.

Die DA het egter Donderdag aangekondig dat hy ʼn aansoek in die hooggeregshof gaan bring om die rasionaliteit van drie van die afsonderingsregulasies te beveg. Die party bevraagteken ook die grondwetlikheid van die regulasies. Met dié doel voor oë het die DA ʼn webtuiste geskep waar lede van die publiek ʼn finansiële bydrae kan maak tot die finansiering van die hofsaak. Dié webtuiste het soveel aftrek gekry dat die stelsel oorlaai is.

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het egter Saterdag die versekering gegee dat dié webtuiste weer op die been is en dat die kapasiteit daarvan verhoog is om meer besoekers te kan hanteer. “Die DA is bemoedig deur die groot getalle Suid-Afrikaners wat bydra wat hulle ook al kan vir die DA se hofstryd teen die irrasionele en ongrondwetlike aspekte van die huidige afsondering,” het sy in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Raadslid ·

Ek lees vroeër die week dat die eerste liberalis op aarde se naam Lucifer was.
Dit maak baie sin as ek so na die DA se doen en late kyk….

Fedup ·

I’m sorry but this past weeks only cost south africans money, we don’t have. This whole mess will play out sooner than we think. Now. Where is my troll?

marius ·

Waarom donasies vra ? Die da se regsmense kan dit mos pro bono doen .

Burgermeester ·

Ek wonder hoe waar die stelling is dat Squirrel ʼn vergadering met die presidensiële koördineringsraad gelei het? Ek vermoed hy is lankal nie meer die een wat lei nie, maar die een wat beheer word deur ander kamerade.

Jaco ·

Helen Zille het weer n lekker DA job. Gaan seker ook weer klomp lilke goed uitblaker en dan dink die ANC weer “maar alle wit mense is mos maar so:”. En dan wanneer die water te warm raak vir wit mense in SA en die onderdrukking raak regtig erg, dan is Helen Zille eerste weg, want sy kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry. Maar ek en 3 miljoen plus wit mense sal maar moet swaarkry.
Mense met sulke lekker “agterdeure” moet uit die politiek bly.

JM ·

Negatiwiteit gaan ons nêrens bring nie, Jaco, wat van saamstaan? Ag tog!

Jaco ·

Hoe kan ons saamwerk wat, die oomblik wat die skote teen ons wit mense klap, DADELIK die land sal verlaat?

JohanR ·

Wys jou net die mense van Suid Afrika is moeg, sat, dik en gatvol nie net vir afsondering nie, maar vir die ANC , en sal na enige strooitjie gryp om uit hierdie Inperking verlos te wees. As die DA kan hof toe gaan en die Inperking heeltemal opgeskort kan kry, sal ek alles wat ek in my bankrekening het na hulle kant toe gooi. Marius niemand doen iets gratis nie. Soe hofsaak kan loop hier by die R500000. Moet dink as die ANC hof toe gaan dan gebruik hulle belastingbetalers se geld. Die DA het nie daai lekker gerief nie!

Jaco ·

jy verwys na “die mense van Suid-Afrika”. Laat ek jou net reghelp: ek sien GEEN swart organisasie of politieke party wat kla of in opstand kom nie. Al die gekla oor inperking kom NET van wit organisasies af.

Kanjynoumeer ·

Voorwaarts DA! Mense sou nie die DA oorval het met donasies vir hofsaak oor afsondering as hulle nie werklik sterk oor die saak gevoel het nie.
Elke mens kan sy geld spandeer na goeddunke.

Eerlik ·

Ja DA, melk die mense nog meer in hierdie slegte tyd. Julle moenie n ding begin wat julle nie instaat is om te befonds nie. Dan is die fondse vir regskostes, daar is soveel mense wat honger lei!!!

Alleen Wolf ·

Ai, Ai, wees bly daar is die D.A. wat minstens die moeite doen om ons situasie te probeer verbeter, anders as die klomp slapgatte wat op die draad sit en die regering se verfoeilike reels ondersteun.

gatgogga ·

DA, julle kan miskien die regering aanvat op ‘n tegniese punt of twee – maar julle kan nie verwag dat die regering nie mag pogings aanwend om die gevolge van die epidemie te bekamp nie.
Die feit dat die regering se pogings nie 100% volgens die grondwent se voorskrifte gedoen is nie, en die feit dat die regering se pogings nie baie effektief en doelgerig is nie, is bloot omdat hulle onnosel is – en julle kan nie die regering hof to vat omdat hulle onnosel is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.