DA oorweeg regstappe oor gryp van pensioenfondse

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

Die Demokratiese Alliansie (DA) raadpleeg hul prokureurs oor hul wetlike opsies om die ANC-regering te keer om pensioenfondse te gebruik om Eskom se skuld te delg.

Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, sê dit is ongehoord van die regering om dit te oorweeg om staatsamptenare van hul pensioengeld te beroof ten einde Eskom te finansier.

“Eskom is ʼn groot, swart put wat nie in staat is om veilige en stabiele energie aan Suid-Afrikaners te lewer nie,” het Mazzone in ʼn verklaring van die DA gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag aan lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) bevestig die regering oorweeg dit om pensioenfondse van staatsamptenare asook dié in die privaat sektor te gebruik om Eskom se skuld te delg.

“In albei gevalle is die ANC se planne immoreel en irrasioneel,” meen die DA.

Waarom moet hardwerkende Suid-Afrikaners ʼn leeftyd se spaargeld verloor om ʼn sinkende skip te red? Waarom is pres. Ramaphosa daarop ingestel om derduisende Suid-Afrikaners tot armoede te veroordeel deur Eskom wat hul pensioenfondse insluk?

Die DA het gesê hy sal alles in sy vermoë doen om te keer dat die regering na die pensioenfondse gryp.

Die vakbond Solidariteit het ook Dinsdag gesê daar is wesenlike gronde vir regstappe indien pensioenfondse nie hul mandaat nakom om in die beste belang van lede op te tree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stefan ·

Dink julle dit gaan hulle keer? Dis dan omtrend al wat nog te gryp is, pensioenfondse en banke.

Jan ·

ANC voer Mugabe beleid uit. En dit is wat Malema namens hulle propageer

Manie ·

Moenie vergeet dat Ramaposa n kommunis is wat steeds totale beheer oor al die landsburgers wil probeer verkry.
Beheer oor pensioene gaan n groot stap in daardie rigting wees.

Anoniem ·

@Johan ek stem saam met jou kommentaar. Ek vra egter ook die vraag: Is Cyril Ramaphosa nie besig om met hierdie besluit om mense se pensioene te misbruik ‘n misdaad teen menslikheid te pleeg nie?. Hy minag heel duidelik die menseregte van pensioenarisse. Ek se ook dankie aan die DA dat hy hierdie saak verder gaan voer want dit mag nie net gelate aanvaar word nie.

Amatambo ·

En Cyril en sy trawante vee hulle af aan klagtes en besware vanuit die buiteland. Mense – met munisipale verkiesings volgende jaar en algemene verkiesings oor twee jaar later, dink BAIE goed waar julle julle kruisies gaan trek…my kruisies het in al die jare nooit hierdie kommunistieswe kaders ondersteun nie en sal ditook nie doen nie… stem reg en stem die kommuniste weg…

Kietsie ·

Begin met die President en Ministers se pensioene. En al die eks Presidente en Ministers se geld wat die tax betaler miljoene kos. Wat hulle staats huise weg en laat hulle soos elke gewone burger hulle eie huise koop en betaal. Wat hulle staats karre en laat hulle hulle eie karre koop en self hulle petrol betaal en versekering. Laat hulle self vir hulle gades en kinders se vliegkaartjies betaal. Hoeveel miljoene kan Eskom dan nie kry van staat nie? Waarom moet ons betaal vir die Regering se korrupsie – laat die Presidente en Ministers wat dit laat gebruir het betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.