DA: Oud-Prasa-hoof moet 350%-verhoging terugbetaal

Collins Letsoalo (Foto verskaf deur Untu)

Die Demokratiese Alliansie (DA) wil by Blade Nzimande, minister van vervoer, eis dat die voormalige waarnemende uitvoerende groepshoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) “elke sent” van sy 350%-salarisverhoging met rente terugbetaal.

Dit kom ná ʼn omstredenheid oor sy vergoedingspakket waar Collins Letsoalo daarvan beskuldig is dat hy sy salaris met 350% verhoog het van R1,3 miljoen tot R5,9 miljoen. Hy het ook ʼn chauffeur en ʼn maatskappy-selfoon met onbeperkte oproepe geëis, net soos sy voormalige baas, Lucky Montana.

Letsoalo is in Februarie verlede jaar met onmiddellike effek afgedank ná ʼn eenparige besluit deur die raad.

Die DA sê dié eis kom nadat Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), bevind het Letsoalo was nie geregtig op die 350%-verhoging nie.

“Die DA vind dit belaglik dat so ʼn groot [bedrag] aan een individu toegedeel is wanneer dit gekanaliseer kon word om die roerlose toestand van die beleërde entiteit vas te stel. Dit is ʼn alombekende skandaal dat Prasa struikel onder die gewig van skuld,” het Manny de Freitas, woordvoerder van die DA, gesê.

De Freitas sê Nzimande moet daarom verseker dat Letsoalo, wat steeds ʼn lid van die Prasa-raad is, die geld terugbetaal.

Die DA voer nog sedert die begin van Prasa se probleme aan dat dié spooragentskap struikel omdat die ANC die onderneming as’t ware as ʼn spaarvarkie gebruik het en steeds gebruik. De Freitas sê die ANC het boonop nog al die jare ANC-lede by die agentskap aangestel wat nie ʼn “dooie duit vir hul mede-Suid-Afrikaners voel nie”.

De Freitas sê dit is nou in Nzimande se mag om ʼn dissiplinêre proses en -ondersoek na Letsoalo van stapel te stuur om vas te stel hoe hy só ʼn verhoging aan homself kon toeken.

“Terwyl miljoene Suid-Afrikaners onder ʼn gebroke spoorstelsel ly, spandeer Prasa en opeenvolgende ministers hul tyd om blatante korrupsie te bedek. Die DA sal nie ʼn situasie toelaat waar miljoene mense verskriklike diens van Metrorail moet verduur terwyl die ministers en Prasa-bestuurders nie aanspreeklikheid aanvaar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Avra ·

Ek weet nie waarom daar nie op amptenare wat geskors/afgedank of self bedank weens kurrupsie, geldwassery ens. se pensioen nie. Die fasiliteit is daar, gebruik dit.

Hanna Hoekom ·

So ry die trein, so ry die trein… Suid Afrika se soustrein!

jaco ·

ELKE parlementslid van die DA kry R1. 3miljoen PER JAAR, plus ‘n luukse motor, plus ‘n vet petroltoelae, plus ‘n vet onthaaltoelae, plus verniet vlieg. So die DA is eintlik LAASTE om te kla oor hierdie man se salarisverhogings.

Elsabe ·

Genade, dit gaan darem maar lekker. Demand en gooi speelgoed uit die kot. En kry net. Korrupsie, grou een korrupte uit en 100 ander begin weer.

Pik ·

Ai mense is skelm en se nie almal nie maar die meerdeheid????

Snowball ·

Waarnemende uitvoerende groepshoof gee homself ‘n verhoging?
Word so iets nie deur ‘n hele direksie goedgekeur nie? All aboard? The Gravy train is now leaving Lootville! Next stop Corruption Central!

Johanna Botha ·

Niemand word tot verantwoording geroep of neem verantwoordelukheid kyk maar na die Life Esedimeni ….die vrou met die groot bril loop nog vrylik rond en NIKS gebeur nie …en so gaan dot met alles! !

jakes ·

Die land word vrot regeer deur n spul totale onbevoegde diewe wat kyk hoeveel geld hulle kan vat. Ek is bevrees dat hierdie toedrag van sake net gaan toeneem en dat SA nog n 100 tronke sal moet bou om net n persentasie van hierdie kriminele te laat boet vir hul dade. Dis n skande dat absoluut niks hieraan gedoen word nie. Alle staatsentiteite is vrot van die korrupsie en diefstal deurbaie uitvoerende beamptes en hul kronies het n stokperdjie geword.

Michael ·

Dit is waar Jaco .En wat doen hulle om daardie geld te verdien . net mooi niks.

Chris ·

Daar is baie dinge wat ek ook wil doen – laat weet ons as die DA dit klaar gedoen het. Dan is dit nuus.

christa ·

Dankie Chris stem saam ons wil eers sien wat hulle als belowe My Man Werk vir CENTURION STADSRAAD BUILDING MAINTINCE VAN AF DIE DA OOR GEVAT HET IS DIT NOG STEEDS SO KORRUP WANT DAAR IS OOK NOG TWE VEEL A N C SKELMS SO HUL DOEN DIT SO SAAM HUL HET RAHMGOPA SE HUIS IN OOSTE V PRETORIA VERKOOP HULLE BOU HUISE IN ATTRIGEVILLE DAAR ME OM STEMME V VOLGENDE JAAR TE KRY VOLGENS MY ALLES SO KORRUP WANT ZUMA HET DIT GEDOEN SO ONS ONS KAN MAAR ALMAL EK HOOP NIE HUL GAAN DIE WIT MENSE SOEK OM DIT REG TE MAAK NIE WANT HUL MOOR HUL SO UIT HIER GAAN GEEN WIT MENS <MEER WEES NIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.