DA pak VF Plus oor Afrikaans: ‘Hensop julle?’

Die amptelike opposisie het die VF Plus geroskam oor sy beweerde oorgawe in die stryd om die behoud van Afrikaans, veral op hoër vlak. (Argieffoto: pixabay)

Die DA het die VF Plus oënskynlik nou stormgeloop in die voortgesette herrie oor Afrikaans as inheemse taal.

Dr. Leon Schreiber, die DA se kiesafdelingshoof vir Stellenbosch, sê uit ʼn verklaring van die VF Plus lyk dit of die party “hensop in die geveg om ʼn vooruitstrewende en volhoubare toekoms vir Afrikaans in Suid-Afrika te vestig”.

“Terwyl die DA onverpoos voortveg téén die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, se haatdraende poging om Afrikaans as ‘uitheems’ te klassifiseer, sowel as teen die aanslag teen Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch, het die VF Plus se dr. Wynand Boshoff Vrydag te kenne gegee dat sy party geen toekoms vir Afrikaans in Suid-Afrika sien nie,” sê Schreiber.

Hy verwys na ʼn verklaring van Boshoff waarin dié sê “ʼn minderheid wat nie sowel swart as Engelssprekend wil word nie, sal vroeër of later vir selfbeskikking moet kies – of hul identiteit tot die privaatste van private ruimtes beperk”.

Boshoff sê in sy verklaring die huidige debakel oor die status van Afrikaans as inheemse – of dan uitheemse – taal, lê die grondliggende mislukking van die skikking van 1994 bloot.

“Dit is net jammer dat almal wat aan die gesprek deelneem, dit blykbaar nie besef nie.

“Voor die huidige debat bespreek word, moet ʼn mens na die grondliggende vraag kyk: Is Afrikaans inheems, of nie?

“Die VF Plus se antwoord is onomwonde ‘ja’, sonder om te ontken dat iemand uit ʼn ander hoek die teenoorgestelde gevolgtrekking kan maak.”

Boshoff verduidelik in die verklaring die oorsprong van Afrikaans en sê onder meer die “uitheemse” kenmerke van hierdie taal is duidelik – nes die “inheemse” kenmerke daarvan.

“Die meningsverskil is nie taalkundig nie, maar polities.”

Die DA het Nzimande vroeër by die Menseregtekommissie (MRK) verkla oor sy klassifisering van Afrikaans as uitheems en Boshoff sê in sy verklaring om by die MRK te kla, is soos om “Koning Leeu by Jagluiperd vir wreedheid te verkla”.

Schreiber sê pleks daarvan om in die kryt te klim “en saam met die DA te veg vir taalregte”, het Boshoff die DA se klagte probeer afmaak. “Net so verbysterend is dat Boshoff skynbaar ook Nzimande se haatlike klassifisering van Afrikaans probeer verdedig deur aan te voer dat die ‘uitheemse kenmerke’ van die taal duidelik is.”

Hy sê die VF Plus was die afgelope paar jaar afwesig in die stryd om Afrikaans se toekoms en hoewel die party praat oor sy verbintenis tot Afrikaans, is die VF Plus volgens hom nie betrokke by praktiese gevegte vir Afrikaans nie.

“Waar die VF Plus blykbaar nou die wit vlag gehys het in die geveg om prakties uiting te gee aan die taalregte soos verskans in ons grondwetlike demokrasie, stel die DA geensins daarin belang om te hensop nie. Die DA verdedig nie Nzimande se haatlike klassifisering van Afrikaans nie – ons verwerp dit vir die ongrondwetlike diskriminasie wat dit is.

“Die DA hensop nie oor die toekoms van Afrikaans en ons grondwetlike demokrasie nie – ons kry eerder ons hande vuil en veg om die grondwetlike regte van Afrikaanssprekendes prakties te laat geld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Hardekwas ·

Patetiese stemwerf poging van die da. Julle dae is getel.

Alta Alleman ·

Stem 100% saam. Vat eerder die party aan wat so ‘n gemors van ons land gemaak het !!

Johan D ·

Stem werf poging of te not, dit gaan oor Afrikaans en die uitkoms kan dalk net die taal red! Ek is nie ʼn DA ondersteuner nie maar ondersteun hulle wel in hierdie saak!

annie ·

Nogal Afrikaners roskam… Hoeveel Afrikaners is in top poste in die DA? Helen Zille het min of ooit Afrikaans gepraat en John… wanneer voorheen? Maar die VF Plus se nuwe strategie om kamma vreeslik besorg te wees oor Kleurlinge wat Afrikaans praat en Kleurlinge wat weer kamma aanklank vind by Afrikaners (want ons is bereid om duur te betaal vir hul stemme.). Wat ‘n speletjie… Iets soos musical chairs in Afrikaans wat in vroteiertjie sal ontaard.

Werner ·

DA julle is omtrent desperaat toe nou agterkom dat die Afrikaanses se stemme iets beteken.Net jammer ons het n verstand ook .Julle goedkoop slenters gaan nie werk nie hoor.

Nie Verbaas ·

As Boshoff sulke snert wil kwytraak het DA nie slenters nodig om kiesers te wen nie.

Zombie ·

Werklik pateties van die DA om ń argument so te verdraai.

Cherokee ·

4 Af-stemme (sover), sonder die moed om hul teenstand te stel of te verduidelik. Dit is presies soos die anc, volg net die leiers, ongeag watter pad geloop word.
Hierdie kommentaar is deur iemand wat tydens elke verkiesing vir die VF stem. Ek sal nooit DA stem, maar moet miskien maar ‘n draadsitter word.

Gerd Lourens ·

Die benoude DA-katte maak nou benoude spronge.
Ondersteun asb die VF Plus!

piet ·

Ek stem liewers vir ‘n party wat darem iets probeer doen. en dis beslis nie die VF+ nie.

Oros Soros ·

Nee wat DA, ek weet wie julle rerig is en gaan nie vir julle stem nie.

Fritz ·

Waar was die DA al die jare? Nooit het hulle vir Afrikaans geveg nie!

wim ·

Ja dit was twak toe die DA Engels die voertaal van die Kaapse wetgewer gemaak het

Fanie ·

Totdat opposisie partye met MP’s se salarise uit hulle eie partye se koffers kom, sonder enige staats bevondsing, is die alles net ‘n klug. He who pays the piper calls the tune………………………………….

Cherokee ·

Jy is ‘n grap Stefaans. Hierdie debat gaan oor Afrikaans.

Harley Davidson ·

En die verkiesing is naby ,politiek is ‘n vieslike ding .

Skuilnaam ·

Arme DA narre, probeer ENIGIETS om stemme te kry. Hier’s die nuus: Koebaai, DA. Julle is History!

Cherokee ·

As VF+stemmer, kry jy ‘n duim-af vanaf my, weens jou disrespek vir Afrikaans. Jou taal is verraad teenoor Afrikaans.

koos10 ·

DA, bekommer julle eerder oor die stede waar julle in “beheer” is. Ek ry vanoggend deur Pretoria, sowat die helfde van die verkeersligte werk nie. O ja, dis mos die ANC se skuld, al is julle vir 2 jaar in “beheer”. Hou op om in goedkoop politiek betrokke te raak. Werk eerder saam. Maar nou ja, julle het my stem ook verloor.

Cherokee ·

Koos, hierdie debat is oor Afrikaans. En jy skryf ‘helfde’? Daar is geen so woord in Afrikaans.

koos10 ·

Dankie Meneer! Al ooit van ‘n vingerfout gehoor? Terwyl ons dan nou mekaar wil tereg wys, kyk gerus die aanhalingsteken (“) se doel teenoor jou gebruik van die (‘) teken. So maak almal mos maar foute?

Thom ·

Gelukkig verloor die DA die stemme van die intellektueel-agtergeblewenes __ ‘n handrem aan enige versiende organisasie hou niks goeds in nie .

Frik ·

Wat het die DA die afgelope jare vir Afrikaans, Afrikaanssprekendes en die Afrikaner gedoen?
Absoluut net mooi niks nie.
VF Plus veg al vir jare vir al bogenoemde en het nog altyd sterk gestaan oor sulke sake en ook plaasaanvalle.
Niemand glo meer die DA nie!

Cherokee ·

Jy piet, doen ook niks vir Afrikaans met so ‘n geradbraakte taal.

piet ·

Genade maar dis darem vrot Afrikaans wat jy nou geskryf het. Ek sou liewer nie ander roskam oor hulle taalgebruik as ek jy was nie. Kom ek help jou reg met jou s
innetjie. “Jy, piet, doen ook niks vir Afrikaans met sulke geradbraakte taal(gebruik) nie”. “Geradbraakt” is ook so ‘n ‘n lelike, ontleende woord uit Hollands. Gebruik ‘n beter Afrikaanse woord.

Cherokee ·

Die DA het nie my stem verloor nie, want hulle het dit nog nooit gehad nie. Maar met betrekking tot hierdie berig, word die VF+ ‘n verleentheid vir die Afrikaanssprekende.

Cherokee ·

Duim-affer, as jy nie die potensiaal het om my in woorde teë te staan nie, lag ek net vir jou duim-af.

Thom ·

Die eerste keer in my lewe ( en hopelik die laaste ) stem ek met jou saam . Ek het in ‘n mate selfs respek vir jou want jy het ‘n standpunt en beginsels __ Groenewald en sy maatjies is beroeps-politici .

Cherokee ·

Wàt ‘n verrassing..(!):-) Baie dankie vir die kompliment, Thom.

Andrew ·

Lennit Max is as burgemeesters kandidaat van VF+ aangewys. Hoe gaan hy my help met selfbeskikking?

groenboer ·

Ek vermoed wat die DA eintlik pla is dat die VF besef dat die enigste manier om Afrikaans op die lang duur te red is vir Afrikaners om af te stig. En waar kry die DA al daai gratis stemme as Afrikaners nie meer deel is van Suid-Afrika nie?

Barney ·

Vat julle engels en druk dit dwars op waar die son nie skyn nie. Afrikaans SAL BLY! Al moet ons ń tweede of ń derde of ń tiende privaat universiteit bou. Afrikaans BLY!

Frank John ·

Afrikaans word net in Suid Afrika gepraat, dis ons taal hier gevorm en hier op skrif gestel. Daar is ander lande wat amper dieselfde klink maar is nie dieselfde nie. Ons het ons eie taal. Om dit vir politieke gewin te gebruik is nie nodig nie. Ek sluit nie by ‘n party aan omdat hulle sê hulle is Afrikaans nie of neem nie ‘n polis of assuransie uit omdat hulle Afrikaans is nie. Ek is Afrikaans en dis ons taal in Suid Afrika, hier gevorm en hier gevestig. Die wat nog Afrikaans oorsee praat is Suid Afrikaanse mense wat daar woon en toer.

Mariana ·

Teleurgesteld in albei partye, weereens word bewys dat politiek als oorheers in die tyd. Elkeen wil heers en in plaas van saamwerk, is dit ‘n moddergooiery. A nee a, Afrikaans is so inheems soos kan kom. Natuurlik hoort dit in SA. Engels is uitheems want dit is ingebring deur die Britte, maar Afrikaans is hier gebore, hier het dit lewe gekry.

Johan ·

Is daar geen kans dat partye wat Christenskap en Afr/Eng behoue wil sien,kan saampraat nie? Dis waarom ons in die WP ons hoop op die DA vestig. Verloor ons hier beheer,dan spiraal die laaste skakel van integriteit in SA afwaarts,Vryheidsf’ en Freedom’s alles in sy gloria! En die ANC lag al die pad….

Samuel ·

Dit is verkiesingstyd. Die DA, VF+, IVP, ACDP et al, lieg almal nou kliphard soos tandetrekkers om stemme te werf

Jan ·

Die enigste mense wat iets vir Afrikaans/Afrikaners doen is Solidariteit/Afriforum. Daar staan Akademia en Soltech al klaar. Hulle praat nie net nie, hulle doen. Net soos hulle nie stilsit oor BEE en Rasse Diskriminasie nie. Hoekom help die DA en VF Plus nie liewer vir Solidaritet/Afriforum nie, dan doen hulle darem tenminste iets positief ipv politieke danse en moddergooiery. Dan kan ons dalk ook vir hulle stem.

Andrew ·

Daar is meer as net die Solidaritet/Afriforum, jy het jou CVO’s, Orania , AP Akademie, Kerke en nog vele ander wat n netwerk van Afrikaans in besigheid, geloof, opvoeding en musiek uitleef weg van die hoofstroom. Ongelukkig is daar te veel wat half afrikaans toelaat in hulle skole, gemeenskappe wat tot totale oorgang aan engels ly namate meer gedwonge integrasie plaas vind. Die snob afrikaaner kies sy curro skool, en n grrot klomp ander is nog te vas gevang is die glorie dae van sy ou model c skool waar hy/sy eerste span was.

MyOpinie123 ·

Enigiemand wat die verklaring gelees het, sal besef hoe die DA woorde verdraai en ‘n vuil politieke spel speel. Het altyd baie respek vir die DA gehad, maar is besig om dit vinnig te verloor. Hierdie gaan nie oor Afrikaans nie, maar oor die stem wat hulle wil werf.

Andrew ·

Ek kies selfbeskikking en as dit nie die uitgangspunt is nie dan is jy nie my party nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.