DA-personeel gyselaar gehou voor verkiesingsbus brand

Die verdagtes het die bus geplunder en aan die brand gesteek. (Foto: Verskaf)

Die DA se verkiesingsbus is Maandagaand in KwaZulu-Natal geplunder en aan die brand gesteek toe gewapende mans op dié politieke party se personeellede toegeslaan het. Die personeel is ook vir ʼn geruime tyd gyselaar gehou en glo met die dood gedreig.

Die bus, wat personeel vir verkiesingsveldtogte vervoer, is digby die dorp Richmond gekaap en saam met die personeel na ʼn afgeleë gebied geneem.

“Die verdagtes het die personeel aangesê om op die grond te lê en het gedreig om die bus met die personeel daarin aan die brand te steek,” het Francois Rodgers, die DA-leier in KwaZulu-Natal, gesê.

Die onbekende aantal verdagtes het voortgegaan om die bus te plunder en aan die brand te steek.

“Gelukkig het hulle die personeellede toegelaat om van die toneel te vlug en geen beserings is opgedoen nie.”

Rodgers het die onlangse voorval veroordeel en die gedrag as barbaars bestempel.

“Politieke partye kan nie in ʼn demokratiese samelewing tydens ʼn verkiesingstyd die teiken van sulke aanvalle wees nie,” het hy gesê.

“Hierdie voorval was uiters traumaties vir die betrokke personeellede.”

Die DA het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

Dié party het ook ʼn beroep op alle politieke rolspelers gedoen om te verseker dat vanjaar se munisipale verkiesing regverdig en sonder intimidasie voortgaan.

Hierdie voorval volg kort nadat ʼn ANC-raadslid na bewering ʼn DA-personeellid in Durban aangeval het.

Die DA het verlede week buite die eThekwini-elektrisiteitskantore betoog teen die voortdurende kragonderbrekings en stukkende straatligte toe ʼn raadslid glo een van die vroulike DA-lede aangerand het.

Die DA het ʼn saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Frank ·

Ek bid tot God dat Hy die hele ANC sal uitwis. Here, laat niemand wat ANC is sal oorbly nie.

piet ·

Gaan lees Romeine 13 verse 1 en 2. Jy moet jou onderwerp aan die regering want of jy nou daarvan hou of nie, die regering wat tans bestaan is daar gestel deur (die wil) van God. Dis baie duidelik.

Wakkerslaper ·

Ja nee wat, kry vir julle DA… julle wou mos so graag met terroriste onderhandel vir ‘n “demokrasie”

Johann ·

Liewe DA. Welkom in die ANC en sy skoothondjie EFF’ers se staat van anargie waar n bankrot terroris organisasie ALS sal doen om aan bewind te bly.

Jack ·

Ja DA word wakker.As julle dink mooi praat en almal tegemoet kom gaan help maak julle ‘n groot fout.Die dae is verby van “please them all” Die blanke Afrikaans sprekende het ander heenkome en dit is defnitief nie by die DA nie.Julle kan maar met Our People gaan gesels en kuier.Kyk wat dink hulle van julle…

Thom ·

Die meeste blanke Afrikaners kan dink en daarom is die DA ons enigste hoop .

Werner ·

As ek so na die af duimpjes kyk sit jy die pot mis Thom.Dit is juis omdat ons vir onsself kan dink dat ons nie vir die anc lite stem nie.

Cherokee ·

Ironies, maar dìt is waarvoor die DA hul politieke lewe deur veg. Steeds niks anders as Helen Suzman se Progresiewe Frederale Party. Dom wittes het destyds teen die PFP gestem, maar trek nou hul kruisies vir die DA. Dit regverdig steeds nie die gebeure nie, maar die ironie skyn sterk deur.

Cherokee ·

Sorry Jacobus, maar ek raak nou sò dik vir die ‘our people’ rympie, dat ek dit duimaf.

Jannie van Niekerk ·

Lyk vir ny soos intimidasie dewur ‘n sekere ANC faksie,

Flip ·

Nee want hulle ondersoek nog die motief vir die aanval en die oorsaak van die brand.

Sênet ·

Hoe kan die verkiesing as vry en regverdig beskou word as mense sulke dinge doen?

Suzette ·

En dan wil hierdie regering kom voorgee die verkiesing is vry en regverdig – hulle het nie ‘n idee wat dit beteken nie en gee ook nie om nie.

Heinrich ·

Viva ANC, dis hoe hulle rol. Dis ‘n slag teen demokrasie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.