Die DA het in ’n ope brief aan die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) gepleit dat Suid-Afrika se sperdatum verleng word om sy wetgewing teen die gebruik van verbode middels in sport te wysig sodat dit aan die jongste vereistes van Wada voldoen.
Solly Malatsi, nasionale woordvoerder van die DA, vra in die brief namens die party dat Wada in ag moet neem dat die wetgewende proses deeglik en stadig is.
Die party vra dat die Suid-Afrikaanse regering tot 22 Januarie 2024 kans sal hê om aan Wada se vereistes te voldoen. Die huidige sperdatum wat Wada vasgestel het, is 14 Oktober (Saterdag). Dit is ’n dag voor die Springbokke en Frankryk in die kwarteindstryd van die Wêreldbekerrugbytoernooi kragte meet.
Daar heers groot kommer dat die regering nie dié sperdatum gaan haal nie en dan sal Suid-Afrika nie toegelaat word om onder die land se vlag en met die gebruik van die volkslied aan groot byeenkomste deel te neem nie. Die Suid-Afrikaanse regering het egter Maandag die versekering gegee dat hy binnekort planne gaan bekend maak om te keer dat dit gebeur.
Wada se nuutste wetgewing is op 7 November 2019 goedgekeur en geld al van 1 Januarie 2021. Suid-Afrika het egter versuim om dié wysigings in werking te stel.
Die DA lê die skuld voor die ANC-regering se deur en sê die regering is herhaaldelik oor die kwessie gewaarsku.
“Dit het ʼn algehele gebrek aan aanspreeklikheid getoon. Hulle het ook versuim in hul pligte om behoorlike nakoming in sport te verseker wanneer dit kom by kwessies rakende verbode middels,” skryf Malatsi in die brief.
“Die ANC-regering het versuim om enige wetgewing voor te lê om uitvoering aan die wet te gee, en daarom sal die DA, as die amptelike opposisie in die parlement, sy eie wetgewing voorlê om nakoming van Wada-vereistes te verseker. Gevolglik vra ons vir die verlenging van vier maande, soos aan vier ander nasionale organisasies wat betref verbode middels gegee is, om ons nakoming reg te stel.
“Dit is ons voorlegging dat ʼn duidelike aksieplan aan julle verskaf sal word oor hoe die kwessie van nie-nakoming reggestel sal word en dat dit die amptelike opposisie in die parlement sal wees wat nou die leiding sal neem om te verseker dat die kode by ons wetgewing geïnkorporeer word.”
Malatsi sê indien die DA se versoek van die hand gewys word, dit baie nadelig vir Suid-Afrika gaan wees, veral in die lig van die land se deelname aan die Rugby- en Krieketwêreldbeker.
“Dit sal ʼn tragedie wees as ons volkslied en nasionale vlag by hierdie sportbyeenkomste verbied word.”
Absolute SKANDE! Maar die ANC kaders en kamerade voel ‘n zir. Bloot geen verandwoordbaarheid nie.Rugraatlose leunaars vir “leiers” wat ‘n detail voorbeeld stel. OF die ANC se pelle sê hulle voor oor wat waar weggesteek word? KLUG!
Ek persoonlik sien hierdie glad nie as ‘n probleem nie ek verbind my nie aan die anc vlag of hulle volkslied nie.
Stem saam – hopelik word hierdie sg probleem nie opgelos nie.
Hoe het al die ander lande dit reggekry en ons soek verlenging?
Asb verkeerde regering en minister Ramaphosa asb doen dit reg hierdie keer asb
Nou hoe kry al 700 ander dit reg en nie die anc nie, en dan verwag hulle uitstel? Maar om straatname en dorpsname te verander is mos belangriker!! Gelukkig pla dit my nou nie, maar kry die atlete jammer.
Die regering gaan dit seker weer op die nippertjie regkry, en dan is hulle weer “almal” se hero. Dit is ‘n absolute skande. Swaai die Springbokvlag Sondag, en sing sommer Leon Schuster se Hie Kom die Bokke.
Wada verbied asb die kommunistiese vlag en lied.
Los hulle laat hul dit verban sodat die hele wereld kan le soos hulle lag, kry ook maar vir almal Faf onderbroeke dit is seker die naaste wat hulle aan die vlag sal kan kom, dan speel ons maar so met onderbroek en anderkleurige trui.