DA pleit vir beter polisiediens ná nog ʼn plaasmoord in Noordwes

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die Demokratiese Alliansie (DA) het met leedwese van nog ʼn plaasaanval verneem waarin ʼn bejaarde vrou vermoor en hul huiswerker na bewering ontvoer is.

Maroela Media het vroeër berig Gesina Bruwer (69) van ʼn plaas naby Vorstershoop is Vrydag tydens die plaasaanval in die kop geskiet. Teen laatmiddag was hul huishulp van die afgelope 35 jaar nog soek en is vermoedelik ontvoer. Dit blyk asof die aanvallers na Botswana gevlug het.

Die aanvallers het vermoedelik die plaashuis dopgehou en gewag het tot die oorledene se man, Pierre (70) die huis verlaat alvorens hulle toegeslaan het.

Carin Visser, provinsiale voorsitter van die DA in Noordwes, het gesê die veiligheid van produsente, werkers en gemeenskappe in landelike gebiede is vir te lank deur die ANC geïgnoreer. “Die DA het op verskeie geleenthede gevra vir die beveiliging van ons landelike areas deur die herinstelling van landelike veiligheidseenhede.

“Die DA het ook ʼn sterk veldtog om die regering se aandag te vestig op die veiligheid van ons landsgrense. Tydens ʼn onlangse besoek aan die Ramatlabama-grenspos was ons geskok oor die gebrek aan veiligheid en kontrole. Ons het tereg opgemerk dat jy dwelms met ʼn kruiwa deur die grenspos sal kan smokkel,” het Visser bygevoeg.

Volgens haar leef inwoners in landelike areas in vrees, terwyl ANC-hooggeplaastes maandeliks miljoene spandeer aan hul persoonlike beveiliging. “Elke inwoner van hierdie land het die reg tot veiligheid, maar die polisiediens en die regering het die stryd teen misdaad verloor.”

Suid-Afrika benodig ʼn opgeleide polisiediens met genoeg hulpbronne, genoeg mannekrag en genoeg kennis om misdaad te beveg en ondersoek. “Die DA sal alles doen wat ons kan om te verseker spesialis-ondersoekeenhede heringestel word en dat daar genoeg sigbare polisiëring is ten einde die wetteloosheid in SA hok te slaan. Ons gebede is met die familie, vriende en landbougemeenskap wat deur hierdie tragedie geraak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

John ·

… en skielik kom die DA by… so voor die verkiesing… skandalig om boere se ellende so te misbruik. Skynheilig…

Paul ·

Sê ek ook. Nooit van hulle gehoor oor afgelope jare as blankes op plase so vermink word nie, maar nou skielik spring hulle op die wa. Jammer, “to little to late”.

Anti DA ·

Die DA is nes die ANC. Mens hoor net van hulle as hulle jou stem nodig het. Julle moes lankal iets gesê het oor plaasmoorde, maar julle stilte was oorverdowend.

Riaan ·

Ja nogal Johan .As hulle maar net met die selfde ywer die saak aan pak as met die energie waar mee hulle onskuldige onderwysers kruisig het ons hulle dalk geglo

Hannah ·

My vraag ook……
Waarom die huis dop hou…totdat die Oom uitgaan.

Dan ingaan en net die Tannie vermòor met n enkele kopskoot

Grys ·

Kan dit nie bewys nie, maar as jy beplan het om landuit te vlug(soos genoem word) en die huishulp was dalk n jong mooi vrou(Noord-kaap so dit is moontlik), sal sy baie werd wees in mensehandel. Maar net wat ek dink.

Phil ·

My buurman sukkel maande dat die stadsraad van Pretoria n waterlek by die meter moet regmaak. En ja, hulle het dit Vrydag kom regmaak en ek sê toe nogal vir my vrou dit is omdat die verkiesing om die draai is…..

Veronica ·

Dalk was dit die VF+ komponent van die koalisie wat besluit het om diens te lewer. …

PJC ·

Ek moet sê die feit dat die DA nou skielik reageer lyk vir my ook erg verdag.

karen kruger ·

My man ken Oom Pierre baie goed en hy is gebroke na die tragedie.Ons dink aan jou Oom Pierre en gesin

Knapie ·

Vergeet daarvan om die land te red, red jouself. Hoekom moet witmense altyd werk skep? Ons gaan dieselfde pad as Zimbabwe. Eers as die kos op is en die Rand niks werd is nie, dan sal party mense besef hul leiers het vir hulle gelieg. Dit is hoekom Afrika altyd sal bedel vir voedselhulp en arm sal bly. Als wat sleg is , is mos die wittes se skuld. Die rassespanning en dreigemente is nou erger as in 1976 en 1986 met die onluste! Die DA gaan baie stemme verloor!

Cornelia ·

Dankie Carin. . “Niemand” behoort so iets deur te maak nie! Dit is eenvoudig ónmenslik, grúsame vergrype en uit die bose! En dit in ‘n Land wat “op lug loop” rondom “demokrasie en die “immergroen” ondermynende uitlatings wat dit met kishoue planke toe stuur! Gee gerus ook aandag aan jul jeugvleuel se oorywerige en opportunistiese kapperjolle.

Skybird ·

Glo nie daar is iemand wat die regering of polisie sal kan regkry/opknap nie, hul weet waar die fout lê, aanstelling/bevordering van onbevoegde mense, wat die wat ń verskil wil maak en by hul Eed leef/werk vertrap inni grond in ! Sterkte aan die Eed volle polisie man/vrou, staan trots wees veilig en mooi loop in GOD’S geloof.

Anel ·

En ons seun, wat al amper 10 jaar gesukkel het en wat ‘n passie het om polisieman te word, wat een van die eerlikste mense is wat ons ken, word nie gekeur nie want hy het blykbaar nie die integriteitstoets gemaak nie. Moedig blankes aan om aan te sluit, maar gebruik enige rede om hulle nie aan te stel nie. Korupsie. Hoe swakker die polusie hoe meer floreer die krimenele, en dis wat die regering wil hê.

Melanie ·

Dit is so duidelik soos daglig dat die DA ewe skielik naam probeer maak hier kort voor die verkiesing. Nie alle blankes is dom nie. DA gaan beslis baie stemme verloor.

TLC ·

My hel bestaan die DA nog
Gelukkig bestaan hul nie vir my nie

Ander Koos ·

Almal kan DA se agenda “sien”, net politiekery. My vraag is: “waarom is kerke en hulle leiers doidstil?” Bog nooit gelees of gehoor dat hulle plaasmoorde/-aanvalle openlik veroordeel nie. Maar dan verskyn NG Kerk leiers op Facebook hand om die blaas met EFF. Laat mens wonder….

Johan H ·

Ek verseker jou, daar waar die kerk leef in Vryburg en omstreke, is hierdie daad van elke kansel af en in soveel woorde verwerp. Daar is ook voorbidding gedoen. Gelowiges sal die naasbestaandes met passie en liefde bystaan. Dit is die kerk in aksie. Die kerk is nie ‘n politieke party, staatsdepartement of burgerregte groep nie. Die kerk is gelowiges wat hul leefwêreld deursuur. Die kerk is verseker besig op Vostershoop

Stoffel ·

Die DA wat hulle teen plaasmoorde uitspreek? Ek moes ‘n hele paar maal kyk of daar in die berig nie VF Plus moet staan nie, toe sien ek dit is die DA van Noordwes, daar in die landelike gebiede, wat reageer het, toe maak dit sin.

Stephan ·

Bring net terug die kommando-stelsel, en die kriminele kwyn, plaasaanvalle gaan afneem.
Die SAPS werk nou eenmaal nie meer nie, erken dit net. Die SANW is ook nie meer nie, en Metro Polisie is dood gebore.
Daar is nie ander opsies nie.

Kerneels ·

Laas het DA gese dis regse groepe wat plaasmoorde uitdink dat daar nie so iets bestaan nie. Nou ewe skielik sien hulle hulle verloor steun onder wit kiesers nou word dit ook soos Marikana en Esidimeng gebruik om stemme te werf. Nee wat Mmusi het te veel rasistiese goed kwyt geraak. My stem heeltemal verloor

Bernice F ·

DA besef uiteindelik dat hul geen geloofwaardigheid meer het onder blankes. Niemand koop n swak produk nie, tensy jy ‘n dwaas of stiksienend is. Na die duiwel met hulle!

Marita ·

Nie noodwendig “genoeg” polisiemanne nie, maar eerder BEVOEG

Veronica ·

Interessante kommentare. ? Dankie vir jou inset oor die aangeleentheid en omgee, Carin. Google gerus plaasmoorde en DA / Demokratiese Alliansie. Die DA het hom verskeie male in die verlede al uitgespreek teen plaasmoorde. Ongelukkig word alles nie deur Maroela Media geplaas nie.

Db ·

Die DA laat my dink aan al die gemors wat jy in die winkels koop. Draai dit om en onder sien jy “made in China”. Hulle het hulle kans gehad en probeer nou alles om die witstem weer terug te kry. Hou verby my china

Gert ·

Baie kommentaar met meriete. Wat sou die sterkste meningsvormer mag se? As pesionaris wat deur my lewe hard en onbeskaamd gewerk het vir almal in hierdie land, sien nou die wrange vrugte daarvan. Almal om my verlaat die land met verwagting van nuwe drome elders. Almal word ontwrig. Almal se lewens omgekeer. Meestal blankes. Gelowig verantwoordelik doen ek my deel. Bybelverspreiding, evangelisasie, fooitjies oral aan minderbevoorregtes en ondersteuningsgroep. Moet ek skuldig voel oor die posisie waarin ek is? Oor ander mense? Moet ek slegs aan myself dink? Moet ek myself blootstel aan moontlike statistiek? Word afgekraak deur politici [kan nie die taalgebruik herhaal nie]. Ook nie my werklike gevoelens weergee nie tewyte aan blootstelling. Ai, almal ek worstel. Miskien voel ek later beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.