DA pos Patricia de Lille

Patricia de Lille. (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Die DA het Dinsdag aangekondig dat Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se lidmaatskap van die party beëindig is.

Natasha Mazzone, DA-LP, het gesê De Lille se lidmaatskap is beëindig aangesien sy die party se grondwet oortree het toe sy tydens ʼn radio-onderhoud gesê het sy is gereed om te bedank.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad, sal as burgemeester waarneem.

Selfe het toegegee dat hy nie dink die besluit om De Lille te pos ‘n einde sal bring aan die geveg tussen haar en die party nie. “Ek sou graag wou dink die sage eindig vandag, maar ek twyfel of dit die geval is.”

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Meonè ·

Ek en baie ander stem nie meer vir die DA nie. Hul berei hul eie ondergang & baie ander mense se ondergang ook!!

Cherokee ·

Ek het nooit,nie een keer vir die DA gestem nie. Ook nie een keer vir die Nasionale Party gestem nie. Dit laat my goed voel oor my politieke geskiedenis.

D P J ·

Alles wat nie klop duselboom gaan nie is ‘n ondergaan.
Môre skyn die weer en in ondergaan verby!!!

D P J ·

Alles wat nie klop duselboom gaan nie is ‘n ondergaan.
Môre skyn die son weer en in ondergaan verby!!!

Nettie ·

@Cherokee – dan moes jy maar seker vir een van die ander (‘useless’) partye gestem het – KP, PAC, ANC, ACDP, COPE of VF+ of die of daai. Of seker GLAD nie gestem het nie, wat die mense mos sê is in elk geval ‘n stem vir die ANC.

My gewete is ook skoon. Ek het “Nee” gestem in ’92, en ’99 was die LAASTE keer wat ek ‘n kruisie êrens getrek het.

Sonet ·

Ditto, eers Zille, nou de Lille en hoor nou net hoe lieg vd Senior DA mense. Nee dankie, ek soek maar ander party.

Anoniem ·

Die DA bestaan al ‘n geruime tyd nie meer nie. Die naam en die beginsels strook lankal nie meer ooreen nie.

Eish ·

Die liberales is nou deeglik verafrikaniseer.
Die binnegevegte is nou op dieselfde intensiteitsvlak dan dié van hul ouboet, die CancER wat met sy kankerbestuur die verrotting tot die DA laat deursyfer het. Die hele hantering van die aangeleentheid bly wurms uit die blik laat peul. Swak! Integrasie werk toe ook nie hier nie, nè.

Anti DA ·

My gevoel ook.Ek gaan nie meer vir die D.A. stem nie.Hulle het te veel interne politiek en veral nie na Musi se uitsprake die afgelope ruk nie.Voel eenvoudig hulle verteenwoordig nie meer my sienswyse of belange nie.

Henry ·

Indien die inligting korrek is, kan die DA tog nie die vrou as burgemeester van Kaapstad gebruik nie.
Watse lojaliteit kan sy hê indien sy verkondig dat sy gereed is om te bedank.
Sy is een met ‘n laaaang geskiedenis van vreemde lojaliteite wat handomkeer kan verander. Vanaf die geweldadige PAC na OD na DA na ???

Nico ·

Pat is aangestel om rasse diversiteit voor te stel. Die DA gurrus wou haar nie regtig daar hê nie. So ook is Hellen om die selfde rede uit gewerk vir Moesie daar wees nie. Dut werk op kort termyn maar boemerang op lang termyn. Pat van begin af verkleurmannetjie. Om DA se ontwil en opdrag en om goeie pos los te slaan moes sy blankes ter wille wees. Gaan by volgende party ook nie vir ewig bly nie.

Anoniem ·

Mnr Mnisi… Jou DA is nie my DA nie… Jy kom met ‘n fyn geraffineerde aanslag wat nie eg Suid-Afrikaans is nie en ruik na buitelandse invloed. Jou House if Cards strategie word nie misgekyk nie. Jy en dié wat jou “oplei” en wat dieselfde ANC strategie onder ‘n ander dekmantel probeer voorlê. Ons sien julle! ;-)

Michelle ·

DA Sien nie were my stem nie. We’re heksejag op Helen Zille en nou Patricia de Lille. Soek nog heeltyd rede om van haar ontslae te raak en nou misbruik julle die radio onderhoud. Is dit al wat julle nou eintlik teen haar kan find ? Julle Krake wys !!

zoom zoom ·

DA gee die 2019 verkiesing vir die ANC en EFF op ‘n skinkbord.

Gemaskerde Sopbeen ·

“I have a nightmare……..that my fellow South Africans will one day live in a nation where they will not be judged by the colour of their skin, but by the content of their character. It used to be a rainbow dream!”

Lithop ·

Ja inderdaad. Maar nie koebaai of tot weersiens of mooi loop nie. Dis vaarwel, waarheen julle ookal op pad is. Moenie bodder met ‘n poskaart nie. Dis gedoem om niks anders as julle slegte ervarings daar buite in die politieke wildernis te reflekteer. En baie duisende kiesers, soos ek, voel verraai, teleurgestel en kwaad.

DACoucus ·

En die ANC lag lekker ! Die DA skiet hulle lekker in die voet!

Boet Fasie ·

Jammer DA , julle het skandelik misluk, hoop julle sal wakker skrik voor die volgende verkiesing . As julle die ANC se voorbeeld wil volg, doen dit maar
my stem het julle nie meer nie.

Anoniem ·

Ek is nie n aanhanger van De lille nie maar ek dink die DA gaan n bitter pil sluk as hul enigsins nog dink om die ANC te oorwin. De lille gaan nou oorstap ANC toe en sy gaan baie saam met haar vat. Sterkte DA. Patricia moet asb nie ANC toe gaan.

Loeis ·

Tyd om opposisie partye soos VF+ se hande te sterk om die stryd te voer.

rollie ·

Ek bly in die Kaap so stem DA. Daar is geen manier dat ek ooit weer die ANC hier aan bewind wil he nie. En hier is regtig net twee keuses DA of ANC ander partye speel nie ‘n wesenlike rol hier nie. En julle van Gauteng los maar die DA en kry vir julle ANC dienslewering. Julle verdien dit, ha ha.

HPV ·

Rollie, die DA het ook maar geslaap ten opsigte van die water infrastruktuur. Hulle slaap steeds in afwagting dat die probleem sommer vanself sal weggaan.
Stem egter saam, slegter as met die anc en eff in bewind kan dit nie gaan nie.

Gert ·

Wat jy se is belaglik, Rollie.
1) Stem vir ‘n ander party, dan word daardie party sterker, dis eenvoudige logika. En as daardie party nie wen nie, is jou stem nie gemors nie, want met die proporsionele stelsel dra ander partye steeds tot opposisie by, en kan in koalisie regeer, soos wat in 2006 in Kaapstad gebeur het toe die DA daardie raad met die ACDP en VF+ se hulp oorgeneem het – of het jy vergeet?
2) Waarom “verdien” mense elders in die land die ANC? Omdat hulle nie Kapenaars is nie?

Terloops, jou geliefde DA se mense met vanne soos de Lille en Zille het bitter hard geveg om hierdie sisteem, waarin die ANC regeer, moontlik te maak. Oppas met wat jy se oor wie wat verdien.

Helene Heyns ·

As jy hier in die Weskaap nie DA gaan stem nie gaan die ANC die Weskaap oorvat en dit is FATAAL. Die DA is jou enigste opsie om darem n leefbare bestaan te maak

rollie ·

Gert, julle verdien die ANC want julle haat die DA meer as vir die ANC en EFF. Ek wonder of die VF+ besef dat sy lede eerder in ‘n koalisie met die ANC en/of EFF wil wees?

Gert ·

Helene. As die ANC bv 30% van die steun kry, party A 30%, Party B 30% en Party C 10%, en Partye A en B werk in koalisie, dan regeer hulle. Maak nie saak of daardie party se naam DA of KISS of Kaapse Party of VF+ is nie. Die DA is een van vele opsies, nie die alfa en omega nie.

Rollie. Pretoria en Johannesburg se metros word op die oomblik deur ‘n koalisie tussen die DA, VF+, ACDP en nog een of twee partye geregeer. Malema wil die koalisies tot ‘n val bring. Terloops, kort nadat die koalisie tot stand gekom het, het VF+ se raadslid vir staande rekenings, Awie Erasmus, die ANC gas gegee met sy onthullings rondom onreelmatighede met elektriese meters wat die ANC wou aanbring toe hulle die raad beheer het. Die storie het in die hof gedraai en is darem afgestel. Koalisies werk en help om minderhede se belange te beskerm.

Hou asseblief op om onwaarhede te verkondig, Rollie en Helene.

Tokkie ·

Ek kan nie meer vir die DA stem na MMaimane se uitlatings oor white privilege nie

Leeutjie ·

DA wys hul ware kleure, Mmusie en kie is niks anders as die ANC en EFF nie. en afrikaners vreet hul praatjies op!

honourable member ·

Mens maak nie sulke dom besluite voor n verkiesing nie. DA moenie huil as die EFF hulle wen in die volgende verkiesing nie. Hier kom groot sports.

Helene Heyns ·

Ek sou dit nie sports noem nie, dis nader aan n noodlottige ongeluk. Die DA het in elk geval n simpel besluit op hierdie stadium geneem

Zoro ·

Ja sy was eens die beste Burger meester in die wêreld – en nou, hulle het rede gesoek pm van haar ontslae te raak. As die een deur toe klap maak n ander een oop – hoogtyd vir verandering in die Wes Kaap

Rynhardt ·

De Lille se uittrede is geen verlies nie!Sy het baie huise gebou vir onwettige immigrante wat Wes-Kaap binne gek het,dan moes belstingbetalers opdok!DA is lankal dood,so ook SA politiek,maar afrikanertjies bly in ontkenning leef!DE Lille sal al haar energie verder nou gebruik om DA aan te val in politiek.

Gerhard ·

Hoekom is Zuma gepos, waarom nie de Lille ook nie.Reg is reg en verkeerd is verkeerd.Sal enige besigheid aanhou met n werker wat verkeerd doen?

Leeutjie ·

Mmusie en kie se ware kleure begin al lankal wys, dalk skrik julle nou bietjie wakker en sien dat die DA niks is nie.

LHS ·

Wat se geskiedenis het die DA van lankal se tyd af gehad, hoofsaaklik n engelse party, erg liberaal, hard gewerk om hulle broers aan bewind te kry, nou is hulle. Niks nog ooit vir die Afrikaner as volk gedoen of beteken nie. Niks vir die land nog ooit gedoen behalwe om te gewerk het vir die uiteindelike ondergang van blanke afrikaners nie. Nee wat, die doen en late van die DA pla my werklik nie, laat my wel lag as gesien word hoe mense wat hard gewerk het om sekere mense in beheer te kry deur dieselfde karakters uiteindelik verneder word. Arme ou Helena.

rollie ·

Deur julle te verlekker in die DA se situasie speel net in die ANC se hande. Dat enigeen so dom kan wees om die ANC bo die DA te verkies (want dit is waarskynlik wat nou in Gauteng kan gebeur). Maar kry vir julle nog ANC medisyne. Die positief is dat ons nou hopelik van al die verregse apartheidsbewonderaars wat tydelik vir die DA gestem het, gaan ontslae raak. Julle rassistiese motiewe hoort in elk geval nie tuis by die DA nie.

Du Preez van Heerden ·

Nettie, wie nie stem nie mag nie kritiseer of kla nie. En wees maar versigtig met watter partye jy onder ‘useless’ klassifiseer…

Ag Asseblief Tog ·

Se wie? Het jy enige idee watse rassistiese uitlatings daardie meneertjie van die DA nou weer gemaak het oor die wittes? SKRIK WAKKER!!!!!!

Pat ·

Kom ons wees eerlik. Geen party behalwe VF plus is n tuiste vir blankes nie. Die DA is net n rookskerm maar die Afrikaner sal ook nie sy eie ondersteun nie dus wie gelukkig voel stem DA jy gaan niks bereik nie SA is te korrup

rollie ·

Minstens twee-derdes van die Afrikaner en die res van die bevolking wil nie selfverskrik nie. Die VF+ trek net die verregse verkrampte Afrikaner wat homself in sy eie hoekie wil afsonder en apartheid wil laat voortleef.

Jan ·

Het ons regering en veral die DA nie beter en meer belangriker sake om oor te worry nie.
Liewe hel hulle kan hulle ophou met gemors.
Gaan aan en leerr diensye

Helgaard ·

DA sien my stem nie weer nie kan dit dan maar net sovel aan anc gee. Maimane praat mos kwansys nou van white privallage, etolls gaan nogsteeds voort. DA en ANC beleite klink maar meer en deels dieselfde DA brand nog net nie die plek af nie. Kan sien in die water krisis DA het gefokus om Gauteng en ander minisipaliteite te wen toe maak hul n groot glipsie in die kaap met die huidige water probleem. n transvaler en n kapenaar stem nog nooit vir die selfde partye nie kom al van die Boere Britte en Afrikaners se dae af. Nee wat ek stem maar VF+ nie tyd vir dans nie tyd vir verskil maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.