DA: ‘Publiek moet stem dik maak teen NGV’

Foto: Daan Stevens/Unsplash.com

Die DA het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul stem dik te maak teen die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Die amptelike opposisie meen die regering se planne sal die land se gesondheidstelsel op “dieselfde verwoestingspad plaas waarop alle staatsinstansies in die land is”. Die DA het gevolglik Cedric Frolick, voorsitter van Nasionale Vergadering- voorsitters, versoek om te begroot en te beplan vir ʼn uitgebreide proses van openbare deelname binne die volgende paar weke.

Die wetsontwerp is nou voor die parlement om daaroor te debatteer en die publiek se insette in ag te neem voor die wetgewing klousule-vir-klousule geanaliseer sal word.

Siviwe Gwarube, die DA se skaduminister van gesondheid, het gesê die wetsontwerp sal verreikende gevolge vir elke Suid-Afrikaner inhou. “Dit is waarom dit noodsaaklik is dat die proses van openbare deelname toelaat dat elke entiteit, belangegroep, gewone landsburger en die burgerlike samelewing sy en haar insette lewer in die wetgewingsproses,” het Gwarube gesê.

Volgens die DA is die wetsontwerp deurtrek van problematiese elemente en skuiwergate wat nog beantwoord en opgelos moet word. Dit sluit in:

– Geen volhoubare befondsingsmodel vir die implementering van die wetsontwerp;

– Onbeperkte mag van die minister van gesondheid wat hom sal toelaat om die raad aan te stel wat die multimiljardrand NGV-fonds sal bestuur;

– Die rol van die provinsies as die implementerende arm van gesondheidsorg in die land is steeds onduidelik en die model wat voorgestel word kom neer op gesondheidsdienste wat nasionaal bestuur word, wat ongetwyfeld sal neerkom op swakker diens aan die mense van Suid-Afrika;

– Die bykomende belastingverpligting op Suid-Afrikaners is swaar op ʼn bevolking wat reeds gebuk gaan onder ʼn swak ekonomie en werkloosheid;

– Die rol van mediese fondse moet nog gedefinieer word en Suid-Afrikaners sal geen ander keuse gelaat word as om staat te maak op ʼn reeds oorlaaide en gebrekkige gesondheidstelsel nie;

– Die tesourie stamp blykbaar koppe met die departement van gesondheid oor die addisionele multimiljardrand-inspuiting wat benodig word om gestalte te gee aan sommige elemente van die wetgewing;

– Die wetgewing sal lei tot die vestiging van verskeie distrikvlak-entiteite wat die staatsdiens nog meer sal opblaas en burokratiese bottelnekke in die stelsel sal veroorsaak.

“Suid-Afrika benodig universele gesondheidsorg. Die huidige stelsel moet hervorm word en die onvolhoubare vlakke van ongelykheid in die land oorbrug. Daar is egter volhoubare maniere om dit te doen,” het Gwarube gesê.

“Die DA doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om hul stemme te laat hoor. Ons kan nie toelaat dat die ANC-regering die gesondheidstelsel op dieselfde verwoestingspad plaas waarop die res van die land se staatsinstansies is nie,” het hy gesê.

Die DA het die publiek genooi om ʼn petisie te teken met hul besware teen die NGV wat by die parlement ingehandig sal word. Kliek hier om die petisie te teken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pottie ·

Stem dik maak gaan niks help nie DA die anc maak net soos hulle wil belasting boikot gaan hulle ore oop maak

KaterinaKat ·

Mense praat altyd van n belasting boikot, maar Hoe moet mens dit regkry? Die belasting word dan van mens se salaris afgetrek voor jou salaris nog in die bank inbetaal word??

Petrus ·

Bring eerder die ekonomie tot 100 % stilstand deur massa stakings.

Ja nee ·

Mors jou tyd om te stem, die meerderheid mense wil dit he al weet hulle nie wat die skade, koste of uitwerking gaan wees nie.

Pottie ·

Belasting boikot mense ons mors ons asem jy praat nie met die anc nie hulle lag vir ons

Rina ·

En die geld gaan verdwynnnn. Pasiemte gaan sterf. Lykshuise gaan vergroot word. En dit gaan boemerang …. word die min siek vlieg hy oorseeeeeeee … nog n patetiese voorstel

Talie ·

Ek glo nie daar is genoeg in hulle breine om al daardie moeilike kwessies te verstaan nie … Al wat hulle sien kom is geld.

rina ·

Dit gaan SA se ondergang beteken ….. stem teen hierdie besluit asb mense …. staan saam ……….

Pottie ·

Dit is ons probleem rina ons kannie saam staan dit is hoekom dit gaan soos dit gaan ons praat en kla net

PaulV ·

Ag Pottie; jou en ander se alewige gesanik oor “belasting boikot” en “ons kannie saamstaan” is lankal uiters vervelig en irriterend! Daar is geen manier om nie belasting te betaal nie. Belasting word outomaties van salarisse verhaal en BTW word ook deur almal op voedel, klere, vervoer en dienste betaal, asook heffings op brandstof ensovoorts. Of ons nou daarvan hou of nie, betaal gaan ons betaal.

Kerneels ·

Wat BTW betref kan ons almal doelbewus minder koop. Ons moet eenvoudig begin leef. Sny onnodige aankope op luukse items, insluitend ‘n nuwe 4×4. Hou op rook en drink, koop minder duur kos en klere, plant jou eie groente, hou op uit te eet en flieks toe te gaan. Ry minder. Reis minder. Gebruik minder krag en water. Kanselleer DSTV. Koop eerder kleiner huise. Met ander woorde verbruiksbesteding sal verminder. Vervaardigers sal produksie ook sny, dus sal hul BTW bydraes ook verminder. Die owerheid sal dit wel aan hul sakke voel, asook meer sosiale druk weens verdere werkloosheid.

Elna ·

Ek dink nie dat dit enigsins n verskil gaan maak nie want soos ons al van te vore gesien het die cANCer doen net wat hulle wil en steur hulle glad nie aan petisies ens nie kyk wat het gebeur met die grondonteiening stories en hoeveel petisies is aangeteken? Wat het daarvan geword?

KaterinaKat ·

Klasaksie teen die regering. Alle mediese fonds lede moet saamstaan en n organisasie begin en advokate huur, om n klasaksie teen die regering in te stel.

Pottie ·

Ja paul betaal gaan ons betaal vir hoe lank kan ons mense so aan hou daar is mense wat baie swaar kry wat nie meer het om te betaal nie kla gaan ons ook nie help nie dalk het jy vir ons n plan

Pieter ·

Ja paul pottie is reg ons kannie saam staan nie of dalk het ek iets gemis waar en wanneer het ons al saam gestaan se jy vir my asb

thys swart ·

Hulle kan dan nie eers die staats hospitale onderhou nie . Mense wag al langer as 9 maande vir skans. Kom nou min van gesondheid wees eerlik met wat jy wil doen.Is jy bereid om 9 maande te wag vir skandeering. Die Hospitale wat aan staat behoort moet eers baie goed funksioneer.

Elize ·

Ek stem 100% saam met Pottie. Die enigste oplossing vir hierdie fiasko is om dit DUIDELIK aan die regering te stel dat ons nou verby keelvol is. Verander dringend jul koers of ons betaal nie n sent verder aan belasting nie.

Clipper ·

Se net hoe betaal ek nie belasting? Dit is onmoontlik tendy jy n bedigheid het

HendrikB ·

Belasting betalers moet saamstaan met ‘n belasting boikot, hulle kan nie almal vervolg nie. Ons kan weer daaroor praat as al die oortreders ernstig vervolg word en huidige dienste by alle staatsinstellings korrek en bevredigind gelewer word en alle toerusting reg onderhou word. Miskien moet belasting betalers ook goedkeuring gee vir staats tenders sodat ons weet die beste mense lewer die diens en nie die duurte boetie nie

Pieter ·

Ek stem hendrik praat gaan ons niks help nie die anc dink hulle kan maak soos hulle wil laat ons sien wat gaan hulle maak sonder ons belasting geld

Attie ·

Die DA is selektief-opportunisties. Hul jaag net stemme en verder hanteer hul die ANC met ‘n pap handjie.

Nico ·

DA julle is pateties. Julke is leiers is ‘n klomp ruk before broke. Ek kan nie eens ‘n medies bekostig nie so ek het nie belang by julle getjank nie.

Wout ·

If the government kept the hospitals as how they got them from the old government and and made them better .Then you did not even need a medicial aid.

Dragonslayer ·

Nou moet ons die draak help dood maak wat die DA help voed en grootgemaak het?

James ·

Met oneinteining van grond het ons alles geskryf teen dit en geteken en vergaderings bygewoon. Dit niks gehelp nie.

Petrus ·

Het ons die ekonomie tot stilstand gedwing? Het ons in ons massas betoog? Het ons met potte en lepels geraas gemaak voor die ANC se hoofkantoor en regeringsgeboue? Het ons voor ambassades betoog? Het ons voor kantore en fabrieke van buitelandse firmas betoog? Het ons voor die VN, IMF en Wêreldbank se kantore in SA betoog? Het ons voor die parlement betoog? Was ons aktief op sosiale media? Het ons by lughawens betoog om buitelanders te wys ons is kwaad? Het ons die SA diaspora in die buiteland genader om dieselfde te doen? Indien ons passief bly en net vergaderings bywoon en lang dokumente skryf sal niks gebeur nie.

Petrus ·

Vergaderings en voorleggings werk nie. Baie meer kan en moet gedoen word.

Jimmy ·

Petrus, ons Afrikaners is te gemaksugtig vir so baie werk en inspanning. Ons sal eerder wag vir Flip en Dirk om iets te doen.

Kolskoot ·

Ja Nee slaan die spyker op die kop skrik wakker of kry koud in die lykshuis

Elize ·

Dit is presies wat ek sê. Praat en praat help NIKS. Ons kan die hef in die hand kry deur die weerhouing van gelde aan die SAID. Daar moet egter saam gestaan word.

Anoniem ·

Elize, gee my asb ‘n konkrete praktiese voorstel hoe ek my belasting kan weerhou. Ek is ‘n gewone mens wat vir ‘n salaris werk. My werkgewer trek belasting van my salaris af voor ek die “oorskiet” kry. Ek het daar geen beheer oor nie. Ook nie oor die BTW wat ek betaal nie. HOE MOET EK MY BELASTING WEERHOU???

Kerneels ·

Om mee te begin, jy, ek, Elize en miljoene ander kan eenvoudiger leef en minder koop. Dit sal BTW bydraes verminder.

Yvonne ·

As ek na die kommentaar kyk kan ek presies sien hoekom geen teenstand sal werk nie. Want ons kan eenvoudig net nie saamstaan nie. Ons wil eerder kla en kreun oor alles wat sleg is maar wanneer iemand opstaan iets wil doen is dit nie goed genoeg nie. So what , ek is nie n DA ondersteuner nie maar ondersteun enige een wat bereid is om iets te doen. Hou op kla en doen iets of raak deel van die wat iets wil doen.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahaha….shame man. Kom ons dink bietjie mooi hieroor. Volgens alle aanduidings behoort ongeveer 10 miljoen Suid Afrikaners aan ‘n mediese skema. Hierdie land het 55 miljoen inwoners. So….die 10 miljoen moet nou “weerstand bied” teen die regering wat vir die 45 miljoen wat niks het nie, mediese sorg wil gee….in ruil vir hulle stemme in die volgende verkiesing? Wat dink julle is die 10 miljoen se kans op sukses? Demokrasie is nie vir sissies nie…..

KaterinaKat ·

En as 10 miljoen mense die regering dagvaar omdat die regering deur die NGV hul lewens en hul gesinne se lewens in gevaar stel? Dink jy dit gaan Niks beteken nie?

As jy ten duurste vir n mediese fonds betaal sodat jy + jou gesin goeie kwaliteit mediese behandeling Betyds kry, in skoon en werkbare hospitale – EN DIE REGERING SABOTEER JOU BETAALDE POGINGS OM JOU EN JOU GESIN AAN DIE LEWE TE HOU – dan MOET daar tog regsaksie kan volg teen die regering????

Kobus ·

3 miljoen hooflede en 6 miljoen afhanklikes behoort aan mediese fondse.

KaterinaKat ·

Mense Mense MENSE!!!! Ek is n ouer, sieklike dame wat nie “tech savvy” of “legal savvy” is nie, maar ek Bly praat oor hierdie idee van n klasaksie teen die regering deur alle mediese fonds lede gesamentlik. Kan iemand wat wel ” legal savvy” is Asseblief hierdie broodkrummel optel wat ek laat val het? Voor dit te laat is? Of gaan ons so waar as wragtag maar net kla en mor – selfs by die begrafnisse van ons kinders en kleinkinders????

Grassie ·

Net soos grondonteiening gaan die regering die NGV deur stoomroller ongeag enige teenstand. Dit help nie om met hulle te argumenteer nie, dit gaan nie vir hulle om billikheid, regverdigheid of logika nie, dit gaan oor sosialisme en dogma. Dit is die herverdeling van “rykdom”, ANC styl. Vat by die wat het (en hel hard daarvoor gewerk het) en gee vir die wat agteroor sit, van “grants” leef en nie graag hul hande uit hul moue steek nie. Dit gaan ook oor goedkoop politiekery. Die ANC is op die afdraandepad en moet hul stemvee paai met beloftes van grond wat hulle nie hoef te koop nie en mediese dienste waarvoor hulle nie hoef te betaal nie.

Judge Dredd ·

Natuurlik die groot leuen is om vir mense te se dat ons nie alreeds universele gesondheids sorg het.
Die wat nie privaat medies kan bekostig maak alreeds van Publieke gosondheids sorg gebruik.
Verskil is ons gaan nou almal(behalwe politici) verplig word om van swak Publieke goesondheidsorg met geen verbetering gebruik te maak terwyl ons meer belasting sal betaal en die kaders hulself verryk.

Vlam ·

Wat help dit alles?
Ek weet van hele paar oumense wat hierdie maand nie hulle Sassa geld ontvang het nie, hoe moet hulle oorleef? Hulle kinders en families is klaar onderdruk as gevolg van die land se ekonomiese krisis en Sassa trek net skouers op en sê daarso is nie fondse nie

Rina ·

Mnr die minister.. as jy so katvoet loop met hierdie nuwe gier….. jy ken duidelik nie die mediese veld nie. Gaan besoek staatshospitale oor die land.. haglik .. medikasie.. van een flop na n ander wil jul aanpak. Stel my aan dan gaan doen ek inventaris …….. ek ken van
.

kolla ·

Die huidige stelsel sal behoorlik werk as dit reg bestuur en verbeter word. ‘n Nuwe stelsel gaan groeipyne hê en meer kos om van die grond af te loods.

Clipper ·

Vat ‘n oomblik en lees deur die kommentaar dan sal julle verstaan hoekom ons niks vermag nie. Ons is die grootste klomp dwarstrekkerige mense wat nog ooit in een land bymekaar was. Hou op kla doen die klein dingetjie en teken die DA se petisie. As dit dan nie help nie dan het jy ten minste probeer. Die DA probeer ten minste om iets uit julle te kry.

Kobus ·

Dit wat jy sê is die beskrywing van mense wat magteloos voel en onseker is oor die toekoms.

HC ·

Die een wat as ‘n grond onteiening sonder vergoeding goedgekeur het, sal ons land alles verwoes, verarm word, alles verloor…. Dit help nie om teen NGV te laat stop nie..
As dit afgekeur is teen onteiening sonder vergoeding dan kan ons saam staan en teen aan ander sake.. Grondwet Art. 25 is hoofste as ander saak.
DA probeer net om teenstaan NGV te laat stop…Sterkte DA!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.