DA-raadslid doodgeskok

Raadslid Ken Denysschen, Foto: Facebook

Raadslid Ken Denysschen, Foto: Facebook

Ken Denysschen, ʼn DA-raadslid van die Mpofana-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is Donderdagmiddag doodgeskok terwyl hy plakkate vir ʼn tussenverkiesing in die Midlands-gebied opgesit het.

“Die DA is stomgeslaan om van Denysschen se tragiese dood te verneem,” het Sizwe Mchunu, DA-leier in KwaZulu-Natal, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Die Mpofana-munisipaliteit val onder die Umgeni-kiesafdeling. Die tussenverkiesing vind op 26 November in die gebied plaas.

Denysschen het sedert 2011 as raadslid in die gebied gedien. Hy word beskryf as een van die mees geliefde openbare verteenwoordigers van die streek.

“Die DA betuig sy innige meegevoel met Denysschen se familie, sy twee seuns en dogter,” het Mchunu bygevoeg. Mchunu en afgevaardigdes gaan vandag sy gesin besoek.

Meer inligting oor so sy dood is nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Hy het seker plakkate gaan opsit in ‘n gebied waar onwettige elektrisiteit aangelê word en aan ‘n paal geraak wat daardeur geraak is.

Lisa ·

Sterkte aan die familie en vriende. Mag die Heer Sy hande om julle vou en vertroos. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.