DA-raadslid gepos nadat Speaker uitgestem word

Victor Manyati kort nadat die speaker uitgestem is. Foto: Raahil Sain/ANA

Die DA het Maandag die lidmaatskap van Victor Manyati, ʼn raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro, beëindig.

Dit kom nadat Manyati sy party verraai het deur buite stemming te bly toe daar tydens ʼn raadsvergadering gestem is oor die verwydering van Jonathan Lawack as speaker van die raad. Lawack is met 60 stemme teenoor 59 stemme uit sy posisie verwyder.

Johan Mettler, die munisipale bestuurder, is nou voorsittend by die raadsvergadering en het regsadvies bekom oor die omvang van sy gesag. Mettler het gesê sy gesag is net uitgebrei tot voorsittende beampte totdat ʼn nuwe speaker verkies is.

Volgens die regsadvies wat Mettler bekom het, is hy nie by magte om die vergadering te verdaag soos die DA versoek het nie.

Intussen het James Selfe, uitvoerende voorsitter van die DA se federale raad, in ʼn brief wat deur Mettler voorgelees is aangedui dat die party Manyati se lidmaatskap beëindig het nadat hy in die openbaar aangedui het dat hy die party sal verlaat. Selfe versoek Mettler in die brief om ʼn vakature te verklaar.

Manyati het na afloop van die stemproses gesê hy sal nie saam met die DA stem oor enige ander mosie nie, insluitend die mosie wat gebring is om Athol Trollip uit sy amp as uitvoerende burgemeester te verwyder. “Ek het ʼn nugter besluit geneem om nie vandag saam met die DA te stem nie. Ek het persoonlike redes,” het Manyati gesê.

“Ek het verandering in hierdie metro nodig. Inteendeel, ek kort nie net verandering in hierdie metro nie, maar in die hele land.”

Manyati het daarna gesê hy sal die DA verlaat en beweer swart raadslede is nie gelukkig met die party nie.

Die mosie teen die speaker is deur die UDM se Mongameli Bobani gebring. Raadslede van die opposisiepartye het gejuig en gedans nadat Lawack uit sy posisie verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mielie ·

Ek glo Manyati se persoonlike redes baie te doen het met eerlikheid. Hy kan of bly waar hy is of ANC toe gaan……

heom ·

wel julle het die da julle eie gemaak me manyati. !eeste blankes wil dit ook nie meer hê nie.

IK ·

Dis hoekom partypolitiek in plaaslike bestuur ‘n pes van ‘n ding is. Ek wil vir die persoon stem wat sy nugter verstand tussen sy twee ore kan gebruik oor wat die beste is vir sy gemeenskap. Manyati het hom nie laat voorskryf.

Koos1 ·

IK, ek verstaan wat jy sê, maar dan moes Manyati die DA verlaat en onafhanklik word. Hy mag nie die DA en die se kiesers gebruik om daar te wees nie. As hy nie saam met die DA stem nie, moet hy dit uit sorteer met hulle en nie ten koste van die kiesers nie. Ek sal graag wil weet wat sy redes is, om ‘n goeie gevolgterekking te maak. Die DA draai mos ook deesdae hulle baadtjie na die wind.

Akademi Buktu ·

Van wanneer af is ‘n partypolitikus in staat om ‘n nugter besluit te neem? Hy/sy dien die god genaam Party!

Cherokee ·

Snaakse kommentaar om te maak nadat die politikus sy party verraai het.

Vossie ·

En die geskiedenis herhaal hom weer. Weer teken Piet Retief die traktaat en weer word daar by aasvoëlkop vermoor, nou ook deur AgriSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.