DA-raadslid loop deur oor FB-uitlating

Ockert Fourie. Foto: Via Facebook

Ockert Fourie, DA-raadslid van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley, is tydelik geskors nadat hy uitlatings oor motor- en kwadfietsryers op sosiale media gemaak het.

“En orals is hierdie verdomde motorfietse en quad bikes en scramblers wat hulle enjins ref tot ʼn mens blind word van woede want die gemors neem geen mens in ag nie. Hulle dink net aan hulleself en as daardie enjins die hel inskree dan wens ek net om stukke staal, bloed en derms en breins teen lamppale en in die teerpad te sien. Die gemors dink net hoe wonderlik hulle en hul bikes is sonder om siekes en oues en skofwerkers en babas in ag te neem net solank hulle windgat en afshowerig kan wees. Jy kan hulle nie educate nie want hulle vloek jou en gang up en maak nog erger geraas om ʼn mens te tart so bloed harsings en stukke kopbene en derms aan lamppale gee satisfaksie vir hierdie haatlike optredes van hierdie gewetenlose mense [sic],” lui ʼn Facebook-inskrywing wat Sondag geplaas en intussen verwyder is.

Sy uitlatings het talle mense warm onder die kraag gemaak en hulle het heftig gereageer en hom selfs gedreig.

Fourie het intussen om verskoning oor die plasing gevra.

“Ek wil graag opreg om verskoning vra aan motorfietsryers vir my inskrywing op Facebook en die verwysing na erge noodlottige gevolge. My bedoeling was geensins gemik op alle motorfietsryers nie, maar nogtans wil ek my opregte jammerte uitspreek en weer eens om verskoning vra vir my wrede inskrywing,” lui ʼn inskrywing wat op 17 Desember op sy Facebook-profiel geplaas is.

“As u moontlik sal verstaan dan kan ek net noem dat hier ʼn groepie motorfietsryers in my omgewing is wat ontsaglik jaag en hulle motorfietse maak geweldig geraas en dis veral naweke en Sondae wat hoor en sien vergaan. Ek probeer nie hiermee my optrede regverdig nie en spreek my opregte berou uit en hoop u kan my vergewe asb.”

Die DA in die Noord-Kaap het intussen ook aan die motorfiets-gemeenskap om verskoning gevra vir Fourie se “persoonlike verklaring”.

“Ons wil dit duidelik stel dat dit nie die standpunt van die DA is nie. Ons keur glad nie diskriminasie in enige vorm goed nie. Rdl. Fourie het persoonlik op sy Facebook-profiel om verskoning gevra vir sy kwetsende plasing,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Andrew Louw, leier van die DA in die Noord-Kaap, het Woensdag aan Maroela Media gesê hoewel hul kantore Vrydag vir die feesseisoen gesluit het, het die party weens die erns van die saak Maandagaand ʼn noodvergadering belê om die kwessie te bespreek.

“Ons het tydens die vergadering besluit om hom voorlopig te skors hangende ʼn dringende interne ondersoek oor die aangeleentheid. Die interne ondersoek sal vroeg in volgende jaar van stapel gestuur word en prioriteit geniet weens die ernstigheid van die aard,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Ander Annie ·

Wanneer gaan mense leer om versigtig met hulle woorde te wees op sosiale media. Dink wat jy wil, maar asseblief tog, tel jou woorde op sosiale media.

Adam ·

Mense irriteer ander mense om die beurt op ‘n gereelde basis. Vandag se engel is more se duiwel. Hoe op aarde kan enige mens dit miskyk en daardie irritasies op Facebook, van alle plekke, plaas en dink daar sal geen gevolge wees nie.

ChrisE ·

Mnr Fourie, wat is nie vir jou duidelik nie? Verstaan jy nie die situasie nie. Sodra jy uitsprake maak of enigsins net ‘n bewering teen die wetteloses, lawaaimakers, lieplappers, en onopgevoedses maak is jy in die moeilikheid. Jy mag mos nie jou mening uitspreek nie. Die wetteloses het mos nou meer regte as die “gehoorsame/ordelike” burger. Sterkte

willie ·

ChrisE ek stem 100% saam met wat jy sê! Dit wettteloses gaan net voor en durf jy waag om hulle aan te vat dan is hulle skielik die leidende party!

leon ·

Stem met jou saam ander mense het nie regte nie net die wettelose

Cherokee ·

Willie, ek kan nie verstaan waarom jy meen dat die wetteloses dan leiers word nie. Jy kan gerus verduidelik wie hulle dan waarheen lei.

Janee swaer ·

Gee hierdie krete van woede nie vir die verkeersmanne genoeg rede om ondersoek te doen nie?

Cherokee ·

Wie bestudeer ander se gesigsboeke so? Die papegaai-dame het ook in die moeilikheid beland daaroor en vele ander. Wiè is die mense wat ander se facebooks so bestudeer? Ek het self een en wonder gewoonlik wat die adres is daarvan. Besoek dit somtyds minder as een keer per jaar. Maar dit lyk asof daar mense is wat almal van wie hulle weet se facebooks lees. Dit is waarom sosiale media nie moet weet wie jy is nie.

Gerrie ·

Hy het dit op n FB blad van Kimberley geplaas waar daar 6000+ lede is.

Niklaas ·

In my woonbuurt jaag hul kranksinnig enige Sondagmiddag in die nabye park en in ons straat op en af. Geen vermanings help nie. Soos andere hier meld moet mens steeds jou gedagtes nie in sosiale media uitbeeld nie. Bly maar eerder stil..maar ek het verstaan waarom hy so voel. Die motorfiets eienaars is maar onbedagsaam !

Meraai ·

Niklaas….net soos jy oor ons bikers voel so voel ons oor julle wat vroeg op n Saterdag oggend of Sondag julle hondjies vat vir n stappie,waar julle die hele straat se honde ontwrig….

lekker daggie vir jou ….

Saamstem ·

Mnr Fourie, jy sal maak dat ek vir jou stem. Dis tyd dat ons opstaan en ons se se teen die wetteloses op ons paaie.

Chris du Plessis ·

En wat gaan die DA nou aan die onhoudbare geraas en dié wat dit veroorsaak doen? Niks? as ek dié geagte raadslid was het ek die party sommer bedank vir die skorsing en my pos ontruim want duidelik het die party geen simpatie met hul raadslede se ondraaglike omstandighede wat deur hul moontlike toekomstige ondersteuners veroorsaak word nie. Wie wil nou op ‘n raad dien met sulke ondersteuners?

Cherokee ·

Wie wil nou op ‘n raad dien met sulke ondersteuners, vra jy? Enige een wat gebruik kan maak van ‘n gemaklike salaris.

Ann ·

Daar was netnou ñ kind in my straat wat presies dieselfde gedien het. Nog erger, hy het nie eers ñ valhelm gedra nie. Maar mens nag niks sê nie, want dan is jy outyds en vol nonsens, maar as daai kind windgat ry en jy vrees dat hy gaan gly en val, waar laat dit jou?
Ek voel ook baiekeer soos wat Ockert voel, alhoewel ek nou nie ñ ongeluk en sterfte sal toewens nie. Maar hy is reg, hulle is baiekeer “spiteful”, en show af voor meisies.

Sproetjies ·

Sjoe mense vernietig so hulle self deur nie te dink wanneer hulle kommentaar lewer op sosiale media nie. Mens verwag dat n persoon in so n posisie om verder te dink.

humor ·

Hier op die strand waar gesinne met oa. klein kindertjies rustig wil kampeer en vleisbraai vind dieselfde plaas van oral oor die land en selfs uit die RSA word die goed aangery. Ek sal nou nie se wat met hul moet gebeur nie, maar my rits byvoeglike naamwoorde is min of meer dieselfde.

Hater-van-kwaadbaaiks ·

Die verweer van verkeersmense is dat hulle nie gevang kan word want hulle jaag net doodeenvoudig weg. Dis ‘n nonsensstorie want ek het een op ‘n ‘scrambler’ aangekeer, jy moet net goed vies wees nadat jy vir dae aaneen getreiter is.

Lollie ·

Hy was bietjie kras maar as mens woedend is raak jy gewoonlik meer kwyt as wat jy moet. Mens se hande voel afgekap want rusverstoring is daar mos nie meer nie en mense wat dink en ander in ag neem is daar ook nie meer nie. Sterkte! Weet hoe jy voel, mag dit net nie sê nie!

Die Jagter ·

Dit wys hoe lamsakkig die DA is. Baie moterfietse verpes motoriste met hulle swak padgewoontes en lawaai.

R Schwarzer ·

Hy het ‘n punt. Kras gestel dalk, maar die probleem is duidelik. Vat eerder die ouers aan wat hulle plig versaak.

Anita ·

Ek het eenkeer gewaag om n ouer bewus te maak van haar seun se motorfiets wat onaardige geluide maak 5.30 elke oggend vir 4 jaar. Die dame wou niks daarvan hoor nie, ons as ouers is mos verantwoordelik dat ons kinders die reels van die lewe so ver as moontlik nakom.

Die Jagter ·

Dit wys hoe lamsakkig die DA is. Baie moterfietse verpes motoriste met hulle swak padgewoontes en lawaai. Dis maar die Nuwe Suid Afrika van Rupert en sy WMC se projek.

Anita ·

Ek het eenkeer gewaag om n ouer bewus te maak van haar seun se motorfiets wat onaardige geluide maak 5.30 elke oggend vir 4 jaar. Die dame wou niks daarvan hoor nie, ons as ouers is mos verantwoordelik dat ons kinders die reels van die lewe so ver as moontlik nakom.

Johan ·

Nie alle bikers kan onder daai kam geskeer word nie , bikers en biker clubs doen meer vir n gemeenskap as die da of anc gesamentlik. Mense of kinders op scramblers en offroads is nie bikers nie !!

Adél ·

Stem saam met jou Johan. Ek ry ook motorfiets, maar jy sal my nooit kry dat ek my motorfiets jaag tussen die huise of opref by die huis nie. Daar word aangeskakel en rustig uitgery tot waar daar oop pad is om te ry. En ek is ñ doodgewone mamma met twee pragtige kinders. En dis so waar, die motorfietsryer gemeenskap gee elke jaar derduisende speelgoed en benodighede aan minderbevooregte kinders. Ek self het hierdie jaar die eer gehad om deel te wees van die Toyrun in Pretoria. So om sulke wrede uitlatings te maak en mense dood te wens is plein ongevoelig en selfsugtig. Hou op om mense onder dieselfde kam te skeer. Dis net so goed ek sê alle mense wat mercedes of volkswagen of wat ookal ry moet dieselfse oorkom net oordat die ou af in die straat heeltyd met sy warm gemaakte golf op en af jaag.

Ducati ·

Dit regverdig nog steeds nie die wettenloosheid van motofietsryers op die paaie nie.

Andre ·

Stem saam Johan en se sommer dankie vir die bikers wat lees vir wat hulle vir die gemeenskappe doen. So nou en dan naby my huis is daar mos maar ‘n paar wat simpel raak as hul gesuip is maar so gaan dit mos maar in alle omstandighede, nie net bikers nie. Selfde met ONS wat off road fietse ry. Ek ry nie in die strate nie. Ek ‘idle’ basies tot in die veld waar ek van daar af ry tot by ‘n groot oop stuk waar menigde mense ry elke naweek. Dis nie nodig om ‘n oorlas van jouself te maak nie ongeag van pad fiets, off road, kar of watokal…

Ronel ·

Sjoe! Om mense dood te wens dui vir my op jou siek innerlike! En dan ondersteun die meeste mense wat hier kommentaar lewer jou! Wel, hierdie tannie hoop jy word geskors!

Meraai ·

Baie dankie Johan,Laat my net wonder al die mensieis wat die biker gemeenskap so sleg se,waars julle elke jaar die tyd om al die weeskinders en kinderhuis kinders n geskenkie te gee van kersvader af,en ja dit kom uit ons almal se sakke, Dog ek se maar net!!!!

Jan ·

Ek het baie waardering dat jy jou se gese het, dit is baie sleg dat n persoon of persone hulle self die reg toe eien om ander mense te ontstig. As jy dan met jou Motorfiets of ” Four Wheeler” wil gaan jaag, doen dit waar jy nie ander mense se rus verstoor nie. Almal hou nie van die klank en geluid van n Motorfiets of “Four Wheeler” nie. Ek dink die is nie n politieke aangeleentheid nie, maar eerder n daak van rusverstoring in n munisipale gebied.

Anoniem ·

Mag ‘n groep quad ryers jóú lekker ontstig met hul rumoer dan kyk ons hoe taalkundig “sag” jy bly! Hulle bly ‘n verpestesting in sekere areas en ek verstaan hierdie man se frustrasie en irritasie!

Chris Ws ·

Die onnodige lawaai makers met hul motorfietse en ATV’s is ‘n bron van ergenis maar die owerhede kyk ander pad!Het eendag ‘n vent op sy ‘bike’ met suurlemoene bestook uit pure frustrasie omdat hy aanhoudend heen en weer gejaag het en die 4 rigting stop geignoreer het.Hy het die boodskap gekry en was stil vir ‘n week toe begin hy maar weer jaag.Van wetstoepassers in ons voorstad was daar GEEN sprake nie!

Oosie ·

Lees die kommentare weer. Die Raadslid was uiters gefrustreerd en ek stem 100% saam met hom. Na 30 jaar van rus en vrede in ons omgewing word ons nou ook deur hierdie wetteloses geteister. Om jouself teen wetteloosheid uit te spreek – hoe sterk ookal – is NIE diskriminasie NIE. Genugtig! Wat word van hierdie land?! Diskriminasie se voet!

Lolla ·

Wag n bietjie, daar is mos n wet oor “Klank Besoedeling”… Dis nie meer soos vantevore wat enigge klank bo n sekere Desibel lesing na tien pm moet af of sagter nie. Vandag is dit geensins toegelaat op enigge gegewe tyd van die dag. Juis vir die redes wat hy genoem het… Babas, skofwerkers, siekkes ens. Geen geld kan klas, styl, smaak, manniere, inagneming, bedagsaamheid of respek koop nie. Ek self geniet my motorfiets… en sit niemand in n posissie om “vrywilliglik-verplig” te wees om met my bromperd of onaanvaarbare gedrag of my smaak musiek opgeskeep te sit nie, want ek neem mense in ag en is ekstra versigtig en wakker, juis omdat n mens nie met moeder aarde wil kennis maak deur te val nie. Hy het dit kras gestel wat jammer is, alhoewel ek ook sy reaksie en woordkeuse kan insien, want dis hoe jy voel as jy self onophoudelik in so situasie is. Die lessie hier… Tel jou woorde en reageer altyd meer intelligent, gesofistikeerd, beheerd, feitlik en opgevoed as die ou wat jy gaan moet konfronteer. Dit sal hom/hulle op hul neus laat kyk, skaam kry en die storie sou heeltemal n ander draai geloop het… Tien teen een nog n wet of twee verander of implimenteer het, wie sal weet… Hy is immers in so posissie as DA-raadslid. Met als wat so dom is rondom ons, is dit maklik om slim te wees en lyk! Woede moet nie die oorhand kry nie.

pettra strydom ·

Ek verstaan die frustrasie wat deur sulke onverantwoordelikheid en blatante uittarting veroorsaak word, maar sulke uitlatings kan dalk net veroorsaak dat wetsgehoorsame motorfiets ryers daaronder ly! Jy het nou wel verskoning gevra en jou uitlating verwyder maar hoeveel saadjies is nou by die verkeerde mense geplant? My niggie moet vandag alleen haar kinders grootmaak nadat haar man (polisieman) moedswillig van sy motorfiets afgery was. Hy was oppad werk toe vroeg oggend! En hierdie jaar het ons weer n neef verloor (39) nadat n bakkie van vooraf teen hom vasgejaag het toe die n ander voertuig verby gesteek het sonder om seker te maak of dit veilig is! Nie een van hulle was verbonde aan enige klub of gang nie. En beide het kinders en gesin agter gelaat! Nee man vir n geleerde man het jy nou baie onverantwoordelik en met baie haat in jou hart opgetree. (Grusame beskrywing) Nie alle motorfietsryers of -klubs kan onder die selfde kam geskeer word nie. Daardie persone wat jou so die harnas injaag doen dit opsetlik want hulle sien watse reaksies en optredes hulle by jou ontlok. Raak net rustig en probeer hulle ignoreer. “It takes two to tango” en as jy nie saam dans nie gaan die tango vervelig raak.

jan_alleman ·

so jy het nog nooit in n oomblik van woede iets dom gese nie ? tel jy nou die eerste klip op ? sit maar eerder neer sussie , want Jesus kyk nou in jou rigting

Johan ·

Dis reaksie van die DA is nou tipies…. hulle soek enige rede om die wittes uit daardie party te werk.

(Kom nou MM, ek daag julle uit om my kommentaar te plaas)

Cherokee ·

Johan… jy’t mos nie iets wat deur die klank breek of orkaan sterkte is, gesê nie? Om nou MM uit te daag om jou kommentaar te plaas! Dit is net jy wat dink dat dit voorblad behoort te haal.

Adam ·

Johan, jy is gewoon verkeerd. Die DA en spesifiek sy Pastoor, is maar net te bang om ‘n moontlike stem te verloor. Dit is hoekom hulle, selfs as ‘n oorwegend nie-wit party, sulke groot hoveelhede destyds “konserwatiewe” ondersteuners uit die geledere van die voormalige ou SA op hulle boeke het. Jy kan dus ophou vrees Johan, daar sal altyd ‘n plekkie vir jou in die DA wees, mits ‘n Babelse verwarring jou nie ontstig nie. Jy moet ook nie dink dat my weersin in die DA ‘n onderskrywing van die VF+ is nie. Dit sou nog ‘n groter fout wees.

Koos ·

DA lid, jy tree nou so op soos daai kwad bike eienaar, pasop wat jy oor jou lippe spreek kan jou oorkom

Charlene ·

Sjoe mense. Dit is n boodskap vol van so baie haat. Ek kan nie dink enige persoon kan sulke woorde kwyt raak teenoor ander nie. Ek is baie ontsteld dat daar mense is wat dit goed praat en daarmee saam stem.

Ekke ·

Wat die hart van vol is loop die mond oor woorde is gespreek wat nie teruggetrek kan word nie jy het hulp nodig jy kort n wag voor jou mond

Ekke ·

Wat die hart van vol is loop die mond oor woorde is gespreek wat nie teruggetrek kan word nie jy kort hulp meneer sit n wag voor jou mond wat harder skree as die motorfietse

Johan ·

Motorfiets ryers is baie onverskuldig. Hulle jaag en ry roekeloos. Net soos die taxis.

Frieda ·

Ek wens mense wil ophou om FB so aan te haal en te oordeel asof dit ‘n hooggereg saak is.
Is hulle nou tevrede ?

jan_alleman ·

om die waarheid te se Ockert , ek sien vir jou n groot moontlikheid hier , want die geraas is besig om hand uit te ruk oral , en baie mense voel soos jy , miskien moet ons n beweging begin wat die regering sal forseer om geraas wette te laat toepas , want dit is bikers wat nie silencers op hulle ego strelers het nie , dronk mense wat in die nag deur die strate loop en mense tart deur kliphard te skree en die gholf brigade wat dink hulle plig is om swak musiek op die samelewing af te forseer en dit dryf baie mense to waansin

Spike ·

Sjoe maar die mense haat die bikers. Dalk moet hulle van hul selfone afklim, dan sal hulle nie so skrik as n motorfiets verby hulle ry nie.

Meraai ·

SPIKE…Jy slaan die spyker op sy kop!!! Nie nog te praat van die U-draaie wat hulle maak nie!!!
Maar ons is die skuldiges,plaas dat hul eerder gaan ondersoek instel,hoekom daar so baie motorfiets ongelukke is……EN DAN PRAAT ONS WEER….

Anoniem ·

So wys almal wat saam staan en vloeke uitspreek teenoor die motorfiets ryers van watter staal hul gemaak is. Gooi lekker klippe maar vergeet van wat hulle verkeerd doen. Wetteloos se julle daai pen wat jy by die werk vat en huis toe bring of daai ander man se vrou/man wat jy nie kan uitlos of wanneer jyself die spoed oortree of selfs n stop straat geskip het maak dit jou nou n goeie persoon. Gaan roep die verkeers owerhede verral as jy nog n raadslid ook is sal hulle sekerlik onmiddelik optree en hou op om jou sieklikke gedagtes uit te spoel in die media en vir diegene wat met dieselfde haat gedagtes loop wat Mnr Fourie het onthou al het jy dit net bedink sal jy tot verantwoording geroep word.

Henk ·

Alhoewel ek Fourie se sentimente deel oor ‘n geraas en wat daarmee gepaard gaan, dink ek hy het sy hand by verre oorspeel met sy uitlatings en dit wat hy die mense toewens. En om nou ewe agterbaks en skeinheilig “om verskoning” te vra oor sy uitlatings dra geen gewig nie, Hierdie nonsens van ploitici wat se wat hulle wil en wanneer hulle wil en as dit dan “backfire” wil hulle om verskoning vra en het hulle alle tipes berou waaraan hulle kan dink, moet op ;n einde kom. En aan Fourie – pasop wat jy oor ander uitspreek……

tessa ·

Ek dink vir my is die ergste mense se gruwelike taalgebruik en spelling. Pateties.

countryboy ·

So paar jaar gelede was hier op n sondag ook die geraas en jaagduiwels by n veldjje naby n woonbuurt…mense het gekla en baklei maar geen owerheid het aandag aan die probleem gegee nie…sondag na sondag het dit aangehou tot iemand dit in eie gereg geneem het en n stuk bloudraad vir hul gespan het…noodeloos om te se het hulle nie weer daar geraas gemaak nie….

Johan ·

Dit is kras gestel maar ek stem saam met sy opmerking. Hier in secunda gaan dit net so

Pierre de Villiers ·

En dan vra hulle altyd na die tyd nederig om verskoning. Nee wat, fire hom en klaar.

Pierre de Villiers ·

Dan vra hulle altyd agterna nederig om verskoning. Nee wat, fire hom!

Rob ·

Ek is self n biker al jare lank en ek respect my meder mens en het my kinders ook so geleer .Dis die verskil tussen n biker en n biker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.