DA-raadslid, man dood in huis gevind

Monica en Basil Deniacos. (Foto: verskaf)

ʼn DA-raadslid van Dealesville en haar man is vanoggend dood in hul huis op dié Vrystaatse plaasdorp aangetref.

ʼn Huiswerker het glo vanoggend op Monica Deniacos se liggaam in die huis afgekom. Haar man, Basil, se liggaam is volgens voorlopige inligting eers later ontdek.

Die omstandighede rondom die Deniacos-egpaar se dood is nog onduidelik.

Monica, ʼn gemeenskapsaktivis, is sedert 2017 die DA se enigste raadslid in die Tokologo-plaaslike munisipaliteit.

“Dit is ʼn verskriklike groot skok. Ons is geweldig hartseer,” het Nomawethu Sbukwana, die DA se provinsiale woordvoerder in die Vrystaat, aan Maroela Media gesê.

“Raadslid Deniacos het altyd die gemeenskap van Tokologo, wat Dealesville, Boshof en Hertzogville insluit, na die beste van haar vermoëns gedien. Sy was ʼn geliefde openbare verteenwoordiger van die party.

Monica Deniacos.“Monica was ook jare lank ʼn vooraanstaande sakevrou in Dealesville,” het Patricia Kopane, DA-leier in die Vrystaat, gesê.

“Die DA wil sy medelye met haar familie, geliefdes, vriende en die gemeenskap van Tokologo in dié hartseer tyd betuig.”

Die polisie was ʼn ruk gelede steeds besig om die toneel vir leidrade te fynkam, het lt.kol. Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder bevestig.

Hy het onderneem om meer inligting bekend te maak sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

KrokodilBotha ·

Jip, alles is nie wel nie. Tog is daar baie wat reken die reen boogie is rerig.

Willie ·

Die gort is nou gaar, want hulle sien niks gebeur met krimenele.. en die steun word al hoe grootter… After dawn comes darkness..

Ben ·

Wat se bolhuis nou weer die verkeerde plek en tyd hy moet wakker skrik vir die realiteit

Leon ·

Dit klink nie goed nie. Teiken hulle nou die opposisie partye? Wie is volgende. Het Kwa-Zulu natal nou na die Vrystaat verskuif?

Lerato ·

Werner
Jou kommentaar is totaal ongevoelig en heeltemal on van pas.

bella ·

Ek ken beide persoonlik geken en hulle het harte van goud gehad. RIP ????

E ·

Ek hoor van ANC, DA en IFP mp’s en raadslede se gevalle, maar? .
Lees maar tussen die lyne. Ek mag niks sê verder nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.