DA-raadslid met vuurwapen gedreig, verkiesingsplakkate glo gesteel

Argieffoto bloot ter illustrasie van die DA se verkiesingsplakkate. (Foto: DA/Facebook)

’n DA-raadslid is met ’n vuurwapen gedreig terwyl hy verkiesingsplakkate in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap opgesit het. Die opposisieparty beweer nou die boosdoeners het bande met die ANC.

Die regerende party word intussen ook daarvan beskuldig dat hy van die DA se verkiesingsplakkate gesteel het.

Andrew Whitfield, voorsitter van die DA in die Oos-Kaap, sê inwoners van New Brighton het gesien hoe Duncan Monks, DA-raadslid in Nelson Mandelabaai, Vrydag met ’n vuurwapen gedreig is terwyl hy verkiesingsplakkate in dié nedersetting opgesit het.

Monks is glo boonop ná die voorval op pad na die plaaslike polisiestasie deur ’n ANC-wyksraadslid agtervolg.

Whitfield sê die aanvallers word na aanleiding van Monks én verskeie ooggetuies se verklarings rakende die voorval met die ANC verbind.

Monks het ’n saak van poging tot roof en intimidasie met ’n vuurwapen by die New Brighton-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die DA beweer voorts dat ’n ANC-aktivis verkiesingsplakkate van die DA elders in die metro verwyder het.

Whitfield sê die DA is in besit van ’n stemboodskap waarin daar gesê word dat die ANC nie plakkaatborde van hul eie het nie en dus DA-plakkate vir hul veldtog gesteel het.

“Ons glo hierdie vlak van misdadigheid en onverdraagsaamheid toon hoe desperaat die ANC in  aanloop tot die plaaslike verkiesing is,” sê Whitfield.

“Die ANC het bewys dat hulle ’n party van chaos en geweld is waar politieke intimidasie en onverdraagsaamheid seëvier.”

Die DA sê hy gaan ’n klag by die polisie en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aanhangig maak rakende die gesteelde verkiesingsplakkate.

Die party doen intussen ’n beroep op die polisie om so gou moontlik ondersoek in te stel na die aanval op Monks en die skuldiges in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

Daar is volwassenes wat vir kinders lag wat in die tandemuis glo maar hulle glo nog in die ANC.

Harley Davidson ·

Dit gaan oor die getalle in die plakkerkampe hulle hou die ANC aan bewind en dit is die rede hoekom die ANC nie die probleem wil aanspreek nie ,’n t hemp en 5 kg meel virseker ‘n stem.

Werner ·

Al ons probleme word deur politiek veroorsaak.Hoe dom wil ons wees om enige politieke party te steun.Nog net n naiewe persoon wat dink demokrasie kan onder elf verskillende volke werk.Tyd dat hier na ander alternatiefwes gekyk word.

Friedrich ·

Ek gaan’n stem vir die UNITED INDEPENDANT MOVEMENT, want hulle het ‘n plan. Nie net lëe beloftes soos die ANC, DA, EFF en VF Plus nie

Zombie ·

Dit sê sommer baie van jou, hulle leier se geskiedenis in ag genome.

Spook ·

Doen bietjie navorsing oor die UIM leier se geskiedenis. Enige stem vir hom, is ‘n stem vir die ANC. Die verlede het dit bewys, kyk net na Maimane.

Dries ·

Ai ai hoe red n mens n volk met sulke dom argumente. Dalk verdien ons die ANC

Werner ·

Jy is heeltemal reg julle verdien die ANC want julle kan duidelik nie tel nie.Demokrasie kan net werk onder een volk nie elf nie.Die minderheid sal alyd onderdruk word.Tyd dat elke volk homself regeer.

Kobus ·

Moet ons nie EFF stem nie? Alles gaan mos gratis en verniet wees!

Swerwer ·

Hierdie Politieke onrus in ons land is alles te wyte aan die ANC.

Jack ·

Ja nee die rampokkers is aan die woel. Kon nog nooit op gelyke vlak kompeteer nie. Dreigemente vandalisme en moord is hul gereedskap en dit sal altyd so wees. Afrika se standaarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.