Greyling is in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Port Elizabeth tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal van nagenoeg R900 000. Greyling se familie en haar man, Francois, wat ʼn DA-raadslid in die Despatch-omgewing is, was by die hof om haar te ondersteun.
Maroela Media het vroeër berig dat Greyling, die stigter en bestuurder van Just Letting in Uitenhage, tydens ’n vorige verskyning skuldig gepleit het op die aanklagte teen haar.
Anlen Murray, Greyling se regsverteenwoordiger, het ter versagting aangevoer dat sy kliënt verskeie lenings van familielede en banke uitgeneem het in ʼn poging om die geld terug te betaal. Ulrike de Klerk, die staatsaanklaer, het Greyling geloof omdat sy verantwoordelikheid vir haar aksies geneem het.
Landdros Louis Claassen het toegegee dat Greyling berou getoon het, maar bygevoeg “die hof moet die gemeenskap in ag neem. Die hof moet ʼn boodskap stuur dat witboordjiemisdade ernstig geneem word.”
Volgens Claassen is die minimumvonnis vir eerste oortreders 15 jaar tronkstraf vir diefstal van meer as R500 000.
Marietjie Steenkamp, Greyling se skoonma, het ná die hofverrigtinge aan African News Agency gesê hulle respekteer die reg. “Dit is ʼn baie hartseer dag vir ons, haar kinders gaan haar mis.”
As na vonnisse vir diefstal gekyk word lyk dit asof moord ‘n minder ernstige oortreding is. Of is ek verkeerd?
Ja nee kyk, die minimumvonnis vir moord is ook 15 jaar…
Ja nè sy word tot 8 jaar tronk straf gevonnis en Sinzane van die ANC se vrou word vrygespreek vir bedrof van meer as R1.5 miljoen, worder of dit is hoekom hy nou eweskielik bedank het as hoop sweep van die ANC en bevorder is tot Ambasadeer van Duitsland.
Mev Greyling het gesteel. Mev Sinzane het net gavat. In Afrika kultuur is daar blykbaar ‘n verskil.
Hoop die regters en magistrate neem ook die “gemeenskap in ag” vir geweldsmisdade en moorde vir spesifiek herhalende oortreders – die’ se minimum vonnis moet as standaard lewenslank sonder parool wees!!!!!!!!!!
Kyk asb. na daardie wette en reels oor mimnimum vonnisse en stel dit reg, ons “gemeenskap” word geteister deur brutale geweldenaars!
haar man se reusagtige salaris EN grand motor EN onthaalvoordele as raadslid, is OOK diefstal. Is dit nou regtig nodig om so luuks te lewe terwyl die meeste kiesers arm is en/of sukkel met steeds stygende lewenskoste?
Ek is self n agent en het by n agentskap gewerk waar die trust gelde vir persoonlike doeleindes gebruik is. Ons het selfs een dag n oproep gekry vanaf die bank om te hoor wie gebruik die Trust rekening om aankope te doen by Game.. Sleuteldeposito’s is gebruik en dan moes die nuwe huurders e deposito die een wat uittrek dek. Die prinsipaal is al aangegee maar 4 jaar later het daar nogsteeds niks van gekom nie