DA-raadslid se vrou in hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn DA-raadslid se vrou sal na verwagting Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn.

Yvette Greyling (43), die stigter en bestuurder van Just Letting in Uitenhage, het tydens ’n vorige verskyning skuldig gepleit op die aanklagte teen haar. Greyling, wie se man, Francois, ʼn DA-raadslid in die Despatch-omgewing is, word daarvan beskuldig dat sy tussen 2013 en 2014 nagenoeg R900 000 van kliënte gesteel het.

Greyling se skuldbekentenis het aangedui dat sy nie as eiendomsagent mag werk nie aangesien daar sedert 2014 nie getrouheidsfonds-sertifikate aan haar uitgereik is nie. Die bekentenis dui verder aan dat die besigheid in 2013 en 2014 kontantvloeiprobleme gehad het.

“Ek het geld van die ‘deposito’-trustrekening na ander rekeninge [van Just Letting] begin oorbetaal ten einde huurgeld en ander skuld te betaal,” het Greyling in haar bekentenis gesê.

Die Just Property Group het in November 2014 administrasie van die Just Letting-tak in Uitenhage oorgeneem waarna ʼn ondersoek gedoen is wat ʼn tekort van R880 150,23 bevestig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fransie ·

Was dit nou regtig nodig mev Greyling???? En veral…. was die kool die sous werd?? Ek kan net my kop skud.

Anoniem ·

Presies………….Wat het die DA nou hiermee uit te waai..Dis nie nie hulle wat die geld gesteel het nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Hou politiek uit sulke situasies!!!!!!!!!!!!!

Donovan ·

Ek wonder wat sou die reaksie gewees het as sy die gelde aan gewend het om karre en duur vakansies gaan hou het met die mense se geld…. maar weer eens ons mense lees nie… sy het die gelde gebruik om daardie deure oop te hou… nie om haarself te veryk nie… Daar is n verskil…

Koos ·

Hi Donovan. En as dit jou hard verdiende geld was wat jy nie weer gaan sien nie?
Daar is hope opsies wat besighede kan doen om deure oop te hou of dan in die ergste geval toe te maak, maar om geld wat nie aan jou behoort nie, te vat is nie een van die opsies nie. Ek het ook gelees “ander skulde te betaal”, daar word nie verwys na besigheids skuld of persoonlike skuld, of haar salaris wat betaal moes word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.