DA-reklamebord ure ná oprigting vernietig

Nóg ʼn reklamebord deur die DA het onder vandale deurgeloop. (Foto: Verskaf)

Die DA sal Maandag ʼn klag van opsetlike saakbeskadiging by die polisie aanhangig maak nadat nóg ʼn reklamebord deur dié party onder vandale deurgeloop het.

Die party se reklamebord met die bewoording “Die ANC het die ligte wat 57 miljoen Suid-Afrikaners raak, afgesit. Tyd vir ons om hul krag af te sit”, is Sondag ure nadat dit opgerig is, beskadig.

Marshalle Frederiks, waarnemende bestuurder van die DA se nasionale mediakantoor, het Maandag aan Maroela Media gesê dié reklamebord is vermoedelik Sondag in die Johannesburgse middestad aan die brand gesteek.

“Ons is nie seker presies wanneer dit gebeur het nie, maar ons het vanoggend ʼn foto daarvan gekry. Dit lyk of dit aan die brand gesteek is,” sê Frederiks.

Dit is nie die eerste reklamebord deur dié party wat deur vandale geteiken is nie. Die DA se reklamebord met die bewoording “Die ANC maak ons dood” is in Januarie vanjaar op dieselfde advertensieplek in die stad opgerig waarna dit deur vandale geskeur is.

ʼn Video daarvan het op sosiale media opgeduik waarin gesien kan word hoe drie mans dié reklamebord skeur.

Volgens Frederiks was die mees onlangse reklamebord veronderstel om die eerste een te vervang nadat dit verlede maand vernietig is.

Die DA het sedertdien sy ongelukkigheid in ʼn verklaring uitgespreek. “Geen mate van vandalisme of brandstigting sal dié feit verbloem dat Eskom misluk in sy mandaat om dienste aan die mense van Suid-Afrika te lewer nie,” lui die verklaring.

Volgens Frederiks sal die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, deur die loop van die dag ʼn klag by die polisie aanhangig maak.

Dit is in dié stadium onbekend wie vir die vernietiging van die reklamebord verantwoordelik gehou kan word. “Hoewel ons nie weet wie die oortreders in hierdie stadium is nie, weet ons wel dat dit nie die eerste keer is dat een van ons advertensieborde wat die ANC se mislukkings uitbeeld, vernietig word nie,” het die DA gesê.

“Ons sal nié afgeskrik word deur hierdie blatante daad van sabotasie nie. Ons gaan ons reklamebord vervang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jongboer van Ceres ·

Ek dan noem hulle hierdie ‘n “free and fair election”???

Ag nee wat, groot moeilikheid op die horison!!!!

Hoe nou... ·

En doen dit nou met n ANC advertensie….wat word daar dan gese en vervolg en en en….!

Lerato ·

Die DA bly die sterkste party om die ANC se bedrog bloot te lê deur hulle hof toe te sleep.

Thys ·

Die da kan nie die anc hof toe “sleep” vir die beskadiging nie. Slegs die staat kan die spesifieke persone wat die bord beskadig het hof toe “sleep”. En die polisie moet eers die verdagtes opspoor. En dit gaan nie gebeur nie. So die da is verniet so kragdadig om n klag by die polisie te lê.

SjN ·

Dink hulle kan alles reg brand, die advertensie het juis nou meer trefkrag.

Johan ·

En toe “kill” die ANC ondersteuners sommer die bord ook. Tog het dit my nie verbaas nie….

Paul ·

Laat die bord net so as bewys van die skandalige gedrag. Bo aan die bord staan nog steeds” The ANC has killed….”

Estelle ·

Stem saam….los die bord net so as bewys van die waardes van mense…

Schalla ·

Uitstekende voorstel! Praat van ‘n “living testament” van dit waarvoor hulle en die wat hulle ondersteun staan.

JohanL ·

Vryheid van spraak is ‘n “ding” wat die ANC speel soos dit hom pas. As jy iets goeds praat, dan het vryheid van spraak geseevier. As jy iets slegs praat, dan gebeur dinge soos die vernietiging van naamborde.

Dit sluit baie goed aan by die beginsel van gesentraliseerde demokrasie, wat verskil van ‘n ware demokrasie.

ZAR ·

Ek dink die vandale het dit beter gemaak. Daar staan nou presies wat daar moet staan en die wyse waarop die ANC dit bewerkstellig het is duidelik.

At Dippenaar ·

Niemand het die advertensiebord aan die brand gesteek nie. Die kerse wat dit moes verlig is deur die wind omgewaai.

MarieM ·

@At Dippenaar, ek het nou amper van my stoel afgeval so lekker lag ek vir jou kommentaar.

jaco ·

‘n groot rede vir Eskom se huidige gemors is regstellende aksie. Dis welbekend dat die DA ook vir regstellende aksie gestem het. So dan kan hulle mos nie nou kla nie.

AV ·

“Our people ” wil in ANARGIE lewe. Dis tyd dat ons dit besef.

Jerry ·

Meerderheid van die land se burgers wil niks weet dat die ANC korrup is. So dit se vir jou 53 miljoen mense is ten gunste van korrupsie.

Skrikwakker ·

Hie hie. Ja kyk die DA in Hermanus kan geblameer word vir al die brand skade op die dorp met onluste. Hulle gee net en gee. Voet neer sit is nie in hulle rokke, broeke nie.

DeVill ·

My vrees is wanneer die ANC verloor en nie meer die regering besit nie.

Dink aan die anargie as kaders, familie lede en vriende uit poste verwyder word wat hulle nie verdien het nie.
Dink aan die chaos as die sweep begin klap in plekke soos Home Affairs en die onbevoegdes word afgedank een vir een.
Hierdie mense gaan nie net eenkant toe staan nie, hulle gaan nie sommer net so die sleutes oorhandig nie. Hulle eet en drink te lekker saam. DIe sous trein se sitplekke is te lekker sag!

Die dag as die ANC die verkiesing verloor is die dag wanneer Suid-Afrika sy burger-oorlog gaan kry!

Joe ·

Sit n paar groot emmers vol swembad suur bo op, en as iemand peuter laat dit oor tiep. Dis hoe ek my sonpanele beskerm.

Hansie Slim ·

Verkiesings plakaat….
gaan nie veel kos om te dink die oposisie dit veroorsaak het…..
“Shame” en so maak die waarheid nogal seer!!

Melanie ·

Ek sal nooit maar NOOIT vir die DA stem nie. Maar om eiendom van die DA te vernietig wys net hoe bang is die ANC vir die DA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.