DA: ‘SA word deur ANC gyselaar gehou’

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA. Foto: Twitter

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het Sondagoggend op die party se federale kongres in Pretoria ʼn sterk bewoorde toespraak teen die ANC en ter behoud van liberale beginsels gelewer.

Steenhuisen het gesê Suid-Afrika as belowende en geseënde land word gyselaar gehou deur die ANC, wat die onderwysstelsel ondermyn het tot op die punt dat Suid-Afrika die laagste geletterdheids- en syfergeletterdsvlakke ter wêreld het, ʼn polisiediens het wat ineensak en ʼn ekonomie wat verward rondsukkel weens kabinetsverdeeldheid terwyl 9 miljoen Suid-Afrikaners werkloos is.

Hy meen ook pres. Cyril Ramaphosa is eufories oor homself en dat sy ondersteuners hom as ʼn redder teken terwyl hy in die kerngroep was wat oudpres. Jacob Zuma ondersteun het.

Steenhuisen het die opofferings van liberale parlementslede soos Tony Leon en Dene Smuts in herinnering geroep en die Amerikaanse aktivis teen slawerny, Wendell Philips, se waarskuwing aangehaal: Ewige waaksaamheid is die prys van vryheid.

Steenhuisen meen die media en politieke analiste is nie krities genoeg oor Ramaphosa nie, en dat die DA waaksaam moet bly.

Hy het gesê die een ding wat mense soos Ramaphosa en die EFF snags wakker hou is ʼn sterk, groeiende en aktiewe DA, gegrond op liberale waardes soos die reg van die individu om namens hom- of haarself te besluit.

Volgens Steenhuisen is dit dus belangrik dat die DA in belang van Suid-Afrika ʼn groeiende en sterker opposisie bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Reguit ·

SA sink stadig maar seker net in een rigting – naamlik na onder. En niemand (ook nie die DA) gaan dit keer nie.

Pietman ·

Ja Mnr Steenhuisen, kry eerder iemand wat iets weet van media en propaganda strategie wat weet hoe en wanneer om wat sê. Ek lees wyd en sien bitter min van die DA , afgesien van interne konflik/struwelinge. Ander partye se uitsprake word feitlik daagliks op die media verkondig. dit skep die boodskap dat julle of aan die slaap is of ‘n staregie van “stlle diplomasie” volg wat nie werk nie. Verkondig julleself hard en luid as julle gehoor en gesien wil word.

Ben ·

Ja, SA sink net soos hierbo genoem. Hoe kan ‘n persoon wat medepligtig was, die land red? VAT moes verlaag word op om die spiraal van ineenstorting te stop. Die armes word net al hoe meer geskop, maar daar is meer armes as rykes. Lyk of die politikuste nie sommetjies kan maak nie. mmph?

Toeskouer ·

Afrika….. geliefde Suid Afrika wat eens ‘n trotse, vooruitstrewende land was….. al hoe meer is ons die karakters en storielyn van “Animal Farm” geskryf deur George Orwell gepubliseer in 1944. My hart bloei vir ons land, vir Afrika en die wereld…..

rollie ·

Vooruitstrewend vir wie, die witmense alleenlik terwyl die res krepeer het van ellende? Die vooruitstrewendheid was in elk geval daarmee heen toe die lande ons begin boikot (‘n groot rede hoekom die regering gedwing was om die Apartheidsbeleid te laat vaar).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.