DA sak terug in Wes-Kaapse tussenverkiesings

da-anc-eff

Argieffoto.

Die DA het sy agteruitgang in die Wes-Kaap voortgesit op ’n dag waarop die ANC groot sukses in tussenverkiesings landwyd behaal het.

Die ANC het twee wyke by die DA en een by die IVP afgeneem, en dis veral wat die plattelandse bruin stem betref dat die DA nou sy onvermoë om die Patricia de Lille-situasie te bestuur, begin voel.

In Matzikama wyk 6 (die gebied tussen Vanrhynsdorp en Klawer in Namakwaland) het Mathilda Bains van die ANC die wyk by die DA afgeneem. Sy het 1 119 stemme gekry teen 1 101 vir die DA, 26 vir die Khoisan Heavenly Party en 13 vir die EFF. Die swaai teen die DA sedert 2016 is 8%.

Die munisipaliteit langsaan is Cederberg, en daar het dit nog meer beroerd met die DA gegaan. Wyk 4 is die dorpie Graafwater in die Sandveld, en Pauluis Strauss (ANC) is die nuwe raadslid nadat hy 1 001 stemme getrek het teen 754 vir die DA, en so die DA-wyk gemaklik afgeneem het. Die ACDP het 263 stemme gekry en die EFF 5. Dis ’n swaai van 25% teen die DA.

Daar was beter nuus vir die party in blou vanuit Saldanhabaai wyk 5, wat die dorp Saldanha omsluit. Daar het die DA se André Truter 991 stemme gekry teen 86 vir die Kaapse Party, 32 vir die ANC en 5 vir die EFF. Dis 4% beter as wat die DA in 2016 in die wyk gevaar het.

Elders in die land het die ANC sterk vertoon.

Die ANC het Mtubatuba wyk 12 in landelike Zoeloeland met groot gemak by die IVP afgeneem. Erick Ntuli (ANC) het 1 927 stemme gekry teen die IVP se 1 436, die UDM se 27, die EFF se 20, die NFP se 16 en die ACDP se 14 stemme. Dis ’n swaai van 8% na die ANC.

By die Matiwaneskop-gebied buite Ladysmith in KwaZulu-Natal het die ANC wyk 23 in die Alfred Duma-munisipaliteit behou, hoewel hulle 1% steun aan die IVP ingeboet het. Mongezi Nkephu (ANC) is die nuwe raadslid. Hy het 1 176 stemme gekry teen die IVP se 1 069, die NFP se 70, die EFF se 22 en Nadeco se 9.

In Gauteng het die swaai teen die ANC voortgeduur in Tshwane wyk 19 (’n deel van Mabopane teenaan die grens met Noordwes). Fanafuthi Hlatshwayo (ANC) het 2 064 stemme gekry teen 716 vir die EFF, 275 vir die DA en 176 vir die Arusha Economic Coalition. Dis ’n swaai van 16% teen die ANC.

Twee tussenverkiesings het in Noordwes plaasgevind – beide in die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit wat in Zeerust setel.

Wyk 4 is ’n landelike gebied wat aan Botswana grens. Thabo Modisane (ANC) het 957 stemme gekry teen 235 vir die EFF, 115 vir ’n onafhanklike en 50 vir die Forum 4 Service Delivery. Die swaai na die ANC sedert 2016 is 16%.

Wyk 16 van daardie munisipaliteit is ’n klein wyk in Zeerust se oorwegend Indiërbuurt. Yousuf Suliman (ANC) is die nuwe raadslid met 455 stemme, gevolg deur die DA met 246, die EFF met 243 en ’n onafhanklike met 119. Die swaai na die ANC is 11%.

Die laaste tussenverkiesing was in Limpopo, in wyk 10 van die Mogalakwena-munisipaliteit, wat setel in Mokopane (Potgietersrus). In ’n swaai van 26% na die ANC het Kgadile Majadibody (ANC) die wyk, wat die landelike Madubung-gebied omvat, ingepalm met 1 538 stemme teen 426 vir die EFF, 72 vir die PAC, 40 vir Cope en 13 vir die UDM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Poot ·

Die DA moet oorweeg om sy “logo” te verander. Dis ‘n weerspieeling van wat jou party voorstaan. Dit wil voorkom of die “son en see” prentjie nie werk nie. Die kisser vekies gebalde vuiste met assegaaie in die hande. Hoe word daar nou weer gesê?…. liberation before education.

Ironies ·

Ironies het die DA hul logo op Obama se kampanje-logo gemodelleer. En tog is die DA in terme van beleid aansienlik nader aan die Republikeine as die Demokrate in die VSA. Min mense besef dit, maar die Demokrate in die VSA is ten opsigte van beleid en uitgangspunte aansienlik nader aan ons eie ANC. Baie mense dink weer die Republikeine is meer soos ons Vryheidsfront – maar dis snert. Daar is konserwatiewes en enges in die Republikeine, maar hulle is oorwegend baie meer gematigd as wat mens sou dink. Groete uit Buffalo, VSA waar ek tans kuier.

Geregtigheid ·

Grondgryp sonder betaling is besig om te werk in die guns van die ANC. DA en ander partye sal moet wakker word en SA n rede gee om vir hulle te stem

WatterRedeSalWerk ·

Watter rede sal werk? Dat elke persoon onder ‘n sekere inkomstevlak ‘n gewaarborgde R1miljoen in staatseffekte kry (wat deur die staat bestuur word), en waarvan die begunstigde R7000pm rente ontvang, met die belastingbasis wat teruggaan vanaf “grants” na waar dit hoort: dienslewering? Of dat elke krotbuurt binne ‘n jaar met ‘n netjiese klein-kompleksbuurt vervang kan word deur die BTW koers vir 3 maande met ‘n halfpersent te verhoog en dan weer ter verlaag?
Dink jy ek sal stemme wen by die massas as ek hierdie idees “flaunt”?

Baardbek ·

Geagte Redaksie,
Lees ek verkeerd, of het daar dalk ‘n “vinger foutjie” ingesluip?
Ek lees dat in “Gauteng, Tswane Wyk 19”, “…het die swaai TEEN die ANC voortgeduur.”
In die berig word die ANC egter skynbaar aangedui as die partye met die oorweldigende meerdergeid?

Nelia van Zyl ·

Dalk sal Mmusi nou begin besef hy moet sy huis in orde kry! Sy doellose rondtrappery het hom nêrens gebring nie . En dit kort voor ‘n verkiesing!

Andre ·

Mmusi moes nooit die party gelei het nie, hy is nie `n leader nie. Hy moet bedank, dit sal dit enigste hoop vir die DA wees.

Johann M van Heerden ·

Dit is waarom apartheid goed gewerk het. Nou is ons uitgelewer aan ‘n massa wat nooit anders as ANC sal stem nie. Ek weet nie wat die nut van so ‘n demokrasie is nie. Dit werk duidelik nie. Ek dink die dood is in die pot vir SA tensy iets wonderlik gebeur. Maar ons glo mos nie meer in kersvader en die tandemuis nie.

DeVill ·

Wie op die hele aarde stem nog vir die ANC?

Na alles, is daar mense wat nog steeds hul kruisie langs die ANC maak.

Dit maak my baie dom! Ons het nog nie swaar genoeg gekry nie lyk dit my!

Darling ·

ALMAL stem skielik weer vir die ANC, dieselfde mense wat elke dag BETOOG … hulle bly stem vir dieselfde party waarteen hulle DAAGLIKS betoog . .dit maak baie sin ne?

Antoinette ·

Na al die skades en skandes – ongelooflik. Gelukkig gaan dit maar sleg met die EFF. Al daai gegil en geskree het duidelik nie die gewenste uitwerking nie.

Anoniem ·

Maklik, ry net nog 500 000 Oos-Kapenaars aan Kaapstad toe en siedaar!

Andre ·

Swart mense sal altyd vir die ANC stem, maak nie saak wat nie. Hulle sal vergaan van die honger en dit is hulle toekoms. Die DA is dood, geen wit of bruin stem sal hulle weer op die been kry nie.

Stem vir die VF+, tannie Pat of die Kaapse Party en hoop hulle smelt saam.

Dit gaan generasies vat voordat swart mense besef apartheid werk nie, hulle wil dit moes nou uit ons geskiedenis boekke op skool vat. Hulle sal dit dan self weer terug skryf.

Etienne Prinsloo ·

So, Roger, wat jy voorstel is ‘n eenparty ANC diktatorskap. Get what you want and then you will sadly discover you don’t want what you’ve got. Unless, of course you are one of the ANC annointed.

Staak saam ·

Dit is die De Lille en Mmusi situasie, ek korigeer net die berig!!!!

zoom zoom ·

Ek het gelees van Hlaudi se party wat hy gestig het en is nou amptelik. Van die dinge wat hy voorsyel hy gaan maak klink reg vir my. So Hlaudi het my stem. VIVA

nico k ·

Baardbek, ek sien niemand antwoord jou nie, so ek sal maar. ‘n Swaai teen die ANC beteken hy het swakker gedoen as in vorige verkiesings. (Al het hy steeds gewen.)

Nick ·

D.A het klaar sy alie gesien in die Kaap. Maak julle maar reg vir n tweede Durban. Nog altyd gesê jy stem vir jou mense nie vir iemand wat jy weet gaan alles opneuk nie. Sorry maar het lankal gesê jy kan nie toelaat dat n leeu deur n hiena gelei word nie,wie was so onnosel om vir D.A.te stem in elk geval??

Staak saam ·

Ja jong, jy kry dit maar in elke party, daar is ou mense wat nog glo die NP sal ons nog kom help, en dan is daar die DA mense ook glo dat Tony Leon nog die party ly.
Hulle is darem in die minderheid, sukkel vreeslik om die werklikheid te aanvaar en dan tel hulle ook nog soos Zuma, shame, arm van gees!!!

Karolis ·

Koebaai DA.
Hoeveel mense het vir moesie gewaarsku hieroor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.