DA sal Elana Barkhuizen-verslag self Schweizer toe neem

Die DA se federale uitvoerende raad het ʼn verslag rakende die ondersoek na sy hantering van die Elana Barkhuizen-saak in Schweizer-Reneke ontvang. Die party het nou onderneem om eersdaags self ʼn afvaardiging na Schweizer-Reneke in Noordwes te stuur en sodoende die verslag met bevindinge eerstehands met die gemeenskap te bespreek.

Die interne ondersoek is deur Refiloe Nt’sekhe, LP en adjunk- federale voorsitter, en Dirk Smit, die speaker van die raad van die Stad Kaapstad, onderneem, lui ʼn verklaring.

Die DA is erg gekritiseer oor die manier waarop die party die skorsing van Elana Barkhuizen, ʼn onderwyseres aan Laerskool Schweizer-Reneke, in Januarie verlede jaar hanteer het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn rasseherrie is ontketen nadat ʼn foto van ʼn gr. R-klas op sosiale media gedeel is en tot Barkhuizen se skorsing gelei het. Die Johannesburgse arbeidshof het egter Barkhuizen se skorsing ter syde gestel en beslis dat dit onwettig was.

Die foto wat ‘n herrie veroorsaak het. Foto: Twitter

Luyolo Mphithi, die DA se nasionale jeugleier, het kort ná die voorval gesê: “Dit is skandelik dat ’n klaskamer in 2019 volgens ras geskei kan word. Dit dien slegs om jong kinders van die eerste dag af te leer om mekaar anders en afsonderlik te sien. Dit is gewetenloos.”

Die DA het later om verskoning gevra en ʼn ondersoek is na dié uitlatings ingestel.

Nietemin het die DA daarna verskeie wyke in Noordwes, onder meer Schweizer-Reneke, aan die VF Plus afgestaan. Daar word geglo die Schweizer Reneke-voorval het bygedra tot hierdie nederlae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Sean ·

Kyk maar mooi wie se kant julle party sal neem as daar n probleem ontstaan Kyk mooi vir wie julle stem Ek was soos n hond met my DA hemp by n DA rally behandel Probeer dit gerus Dis n mooi eye opener

Wonder maar net ·

Dis die pits! DA is op die voorpunt van die gemors, en wat soek hulle nou daar? In my opinie kan julle daar maar wegbly. Undercover rasiste!

Radie Ferreira ·

Deur die behandeling wat hierdie juffrou gekry het het ek die DA verlaat – vir altyd. Munisipaal stem ek nog DA.

Piet ·

Te laat skade is gedoen. Laat dit n les wees vir al die partye. Ek stem nooi weer DA nie.????

Willem Grobler ·

Hulle ka ondersoek instel soveel soos hulle wil. Ek sal nooit weer vir hulle stem nie. Die DA probeer die ANC se rassisme teenoor veral Afrikaners gewoon na-aap.

De Villiers ·

Ek kan nie onthou dat die DA om verskoning gevra het oor die voorval nie. En intussen sit die fluitjieblaser van die DA oor hierdie aangeleentheid, Luyolo Mphithi, ongeskonde in die parlement. Ja-nee DA, ons kan sien julle is ‘ernstig’ oor hierdie saak.

koos ·

Die DA het wel ‘n verklaring uitgereik, wat meer na ‘n oorlogsverklaring as verskoning geklink het, MAAR ek het nog geen verskoning van die lid van die DA gehoor wat die uitlating gemaak het nie. OOK nie watter stappe teen hom geneem is nie. Dis seker nou privaat? Ironies, net voor die laaste verkiesing bel die DA my. Ek haal toe die storie aan en so waar as wraggies vertel die vrou vir my dat ek verkeerd is. Nou Me. DA as ek verkeerd was hoekom die ding nog verder ondersoek?

Keelvol ·

Wat daarvan die skooljuffrou word deur die DA vergoed vir finansiële sowel as emosionele skade wat sy gely het. Nou word daar met die gemeenskap gepraat!…..die DA sukkel darem om iets reg te doen.

koos ·

Om die regte ding te doen sal moet beteken dat die DA moet erken dat hulle verkeerd was, en dit termenelogie wat in geen politikus se woordeskat pas nie!

Piet ·

Het die sg verskoning gesien – pateties. Vat julle slae en raak ontslae van daai verleentheids LP.

Lorraine Steyn ·

Sy verdien regtig nie wat met haar gebeur het nie. Daar is so min goeie onderwysers soos sy oor, dis ‘n verlies vir ons kinders en ouers.

jean ·

Elana…doen wat jy gedoen het deur die vergadering te boikot. Weier om die verslag of enigeen van die DA te ontvang en te woord te staan. Hulle het jou ongevraagd verneder

Vra net ·

Is die persoon wat oorspronklik die foto met die vals beskrywing versprei het ook aangespreek? Sy {hy} was oorspronklik die vonk in die kruitvat.

Anti Da ·

In goeie Afrikaans sal ek dink dis wat gat kruip genoem word. Stert tussen die bene , ensv

Henk ·

Deel met die gemeenskap van Schweizer Renekle? Vir wat? Die skade is gedaan en die loopbaan van ‘n wonderlike onderwyseres is vernietig. ‘n Politieke party wat dit doen, is niemand se ondersteuning waardig nie, nie so lank as wat Luyoli Mphithi as DA Jeugleier aanbly en sit op die groen banke van die parlement met ‘n salaris van R90 000 per maand nike.

Jones ·

En die MRK is doodstil. Hulle het die saak ondersoek maar die publiek het nog geen terugvoer van die MRK gekry nie. Niks op hul webwerf nie. Niks nie. Dis darem baie swaar vir die MRK om te erken hulle was verkeerd en die blanke juffrou het niks verkeerd gedoen nie.

Kobie ·

Ek het my respek vir die DA verloor oor hulle hantering van Elana Barkhuizen. Woorde gespreek kan NOOIT weer anders in die persoon se geheue klink nie. Julle het haar groot trauma berokken en terselfdertyd ook julle party benadeel. Sit in die toekoms n pleister voor jou mond en om jou vingers sodat geen klank of tweet onskuldige mense kan belaster en beledig nie

Gert J ·

Koby ek het ook al my respek vir die tweegesigte DA verloor en stem volkome saam met jou. Wys my waar die DA optree teen iemand wat afrikaans afbreek onderdruk of verneder. Honderde gevalle wat opduik en hulle sit net agteroor as daai Gauteng se MEC, afrikaans daagliks vernietig. Nou is Steenhuizen daar, afrikaans maar hy is meer bekommerd oor “real state of the nation address” van die DA. Soos julle se ons moes al deur hulle gesien het, wel ek se liewer laat as nooit , maar nooit sal ek en my famielie weer vir hulle stem nie, hulle is net ANC se skoothondjies

Cherokee ·

Maar Gert, dan is dit mos onvanpas om DA met hoofletters te skryf en Afrikaans (herhaaldelik) in klein letters.

Heinrich ·

Die Schweizer geval is maar ‘n druppel in die emmer. As die DA iets vir die Schweizer-mense wil gaan sê, moet dit insluit dat ras afgeskaf gaan word, geen Rasstellende Aksie en Blanke Ekonomiese Ontmagtiging voorgestaan sal word van nou af nie. Los nou maar ons Boere uit omdat die DA ook maar niks vir ons taal en kultuur voel nie and gaan vry na die liberaliste wat glo dat almnal is gelyk maar meer gelyk as jy nie blank is nie.

Te Realisties ·

Sien DA herhaal die patroon deur nie kortupte lede in Tshwane af te dank nie. Bang vir verlies van nog swart leierskap. Wat se dubbel standaarde?
Plaas DA net uitkom en reguit sê wie hulle teiken as kiesers. Niemand kan die party van gee en neem wees nie. Jy moet kant kies. Ten minste is die Anc eerlik genoeg om te erken wie sy stem fodder is.

koos ·

Die DA se aksies en woorde moes al lankal vir jou gesê het wie hulle as kiesers teiken. Logies sal hulle dit nie in woorde uitspreek nie, want dan kan hulle ‘n klag teen hulle kry.
Na wat in Pretoria die afgelope 3 jaar gebeur het, behoort enige regdenkende persoon te sien dat die DA sy kaders beskerm, geld verduiser, korupsie pleeg, minimum dienste lewer, baie praat en min doen. Dit klink so bekend!

Wonder maar net ·

Eintlik weet ons wie hulle teiken, maar die “dom Boere” se hulp om daar te kom help baie!

jakes ·

Die DA probeer nou witvoetjie soek omdat hulle duisende stemme verloor het. Die party het n narparty geword. Nie veel verski tussen hulle en die ander 2 partye nie. Die party het in n grap verander toe hulle van Zille ontslae geraak het. Nou dat sy terug is, kan daar dalk n positiewe verandering kom.

Gaitsigubib ·

Wel mense as jy deur die DA om die bos gelei is kan jy vir niemand kwaad wees nie. Jy het n voorbeel hiervan in 1994 gesien en jy was gewaarsku. Hou nou maar aan om jou kop te stamp.

Christjan ·

Tydens die Anglo Boereoorlog (1899-1902) is sulke mense “joiners” genoem en met erge minagting bejeën – presies hoe ek oor die DA voel.

Gert J ·

Hoekom wil die DA federale raad nou self die verslag deurvat? Wat n joke. Seker om nou weer te probeer hulle verkeerde optrede te kom goedpraat en heuning om ons monde te kom smeer. Die DA moet liewer vir die onderwyseres, Elna Barkhuizen R10 miljoen gee vir naam skending en skade vergoeding. Daai nationale jeugleier??????????????????het n gewillige hardwerkende AFRIKAANSE onderwyseres gekrenk en afgebreek. Hoekom is die grootbek DA nationale jeugleier nie geskors vir sy swak uitlatings waar hy nie die korektheid van vasgestel het nie, dan se hy dis “gewetenloos”. Ek dink eerder sy uit latings is “gewetenloos” so laat hy uit sy sak skedevergoeding betaal, dan sal hy leer om in toekoms seker te maak van sy feite. DA het VERSKONING gevra, nee DA , betaal haar uit die nationale jeugleier se persoonlike sak. Dit is al onverskoning.

JohanR ·

Die DA jeug leier sit nou in die Parliament met ‘n lekker vet salaris, en ‘n R700000 motor. Hoelom gaan hy nie self Schweizer-Reneke toe nie om verskoning te vra. Miskien kan hy vir Elana Barkhuizen sy R700000 motor gee…..

Tommie ·

Ek het DA verlaat en stem nou VF Plus. Die DA sal nie na my belange kan omsien in hierdie land nie. Weet nie wie hulle verteenwoordig nie, maar dis nie vir my nie

J ·

Die koei is lankal dood. Los haar in die sloot. Die geopgrawery gee net ‘n stank af.

Willie ·

Ai, en nou gaan hulle dalk nog engels praat met ons boere. Ek hoop almal boikot die vergadering.

Dries Moolman ·

Hopelik gee die verslag ook duidelik oor Mphithi se lot, aangesien hy die hele sirkus aan die gang gesit het.

J J Schoeman ·

John Haggee het dit mooi opgesom: ” jy’s of ‘n libelaris, of jy staan vir die waarheid!”

Hoe gouer ons oë oopgaan en besef die DA is maar net die “ANC-Lite”, hoe beter……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.