DA samel geld in vir Penny Sparrow, beweer ANC-jeugliga

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal het Dinsdag die Demokratiese Alliansie daarvan beskuldig dat hulle ʼn fondsinsameling gereël het om die voormalige eiendomsagent Penny Sparrow te help om ʼn boete van R150 000 te betaal.

Sparrow is beboet ná sy swart mense met ape vergelyk het.

Thanduxolo Sabelo, provinsiale sekretaris van die ANC-jeugliga, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die organisasie is besorg dat ʼn poging om geld in te samel op die skarefinansieringswebwerf, youcaring.com, gelei word deur “wit nie-regeringsorganisasies”.

“Die ANC-jeugliga is in kennis gestel van dié veldtog en dat die Demokratiese Alliansie – ʼn party wat gestig is op die ideale om wit bevoorregting en rassisme te beskerm – agter die skerms gewerk het,” het Sabelo gesê.

Hy het kiesers gemaan om die DA tydens die munisipale verkiesing hiervoor te “straf”.

“Deur geld in te samel vir Penny Sparrow, is ʼn bewys dat die DA deur Madam Zille en ʼn groep wit mans van die Wes-Kaap, wat ook as die Stellenbosch Mafia bekend staan, beheer word. Die agenda is niks anders as om wit bevoorregting te beskerm en armoede vir die meerderheid van ons mense te verseker nie.”

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het op Twitter reageer: “Absoluut opgemaak. Soos gewoonlik.”

Yusuf Cassim, tussentydse jeugleier van die DA, het die bewerings verwerp. “Die DA veroordeel die blatante, ongegronde leuens wat deur die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal versprei word, ten sterkste.” Hy het gesê die DA is ʼn party vir alle rasse en het lede van alle rasgroepe. Hy het gesê die DA veroordeel alle vorme van vooroordeel.

Sparrow is Vrydag in die gelykheidshof skuldig bevind aan haatspraak. Regter Irfaan Khalil het haar met R150 000 beboet, wat binne die volgende 60 dae aan die Adelaide en Oliver Tambo-stigting oorbetaal moet word.

Sy moet ook die koste dra van die ANC se regspan wat die klagtes teen haar gebring het ná sy op 3 Januarie op Facebook die uitlatings gemaak het.

Sabelo het die regering gemaan om wette in te stel waar rassisme tot ʼn minimum van 15 jaar tronkstraf sal lei.

Youcaring.com was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pieterdp ·

Nou DA vat die ANC hof toe vir naam skending. As opk opstokery.

Acca ·

Nou waar is die Vryheidsfront. Die ANC het mos nou klaar vir ons die grondslag gelê wat die hofbevel betref en kan al die mense wat so openlik verkondig dat wit mense vermoor moet word dadelik hof toe gesleep word en sal hulle vir sie koste saam hulle nie te moet betaal. Wonder net of die regters dieselfde boete sal oplê en dalk meer en of die ANC nou hulle boetes gaan betaal

James ·

Die broeders in die VF+ voer maar net die groot argitek se plan uit saam met die ANC. Hul sal nooit werklik die ANC aanvat nie.

Flibo ·

Hierdie land raak net meer en meer belagliker. R150, 000 omrede sy dit gese het. En hulle kan se wat hulle wil van enige een en kom niks oor nie. Reenboog nasie, hahaha. Dit maak mens naar !!!!

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Moenie net n stuiwer in die armbeurs gooi nie. Ons geld gaan haar nie help nie. Die beste manier om ons “SE” te ” DOEN”, is om wat sy op facebook gese het, op ons eie facebook-profiele ook te sit. Skuus. Maar sy het blykbaar niks om te verloor nie. Ek bly in SA. (DIS NOU VIR JOU SCARY STUFF! DIE BLYERY IN SA!) En, nogtans probeer ek om, die bietjie wat EK het, wat die staat, Guptas en ANC en AL hul saam-drawwende perde ELKE dag melk uit my, met ALLE eerlike, hardwerkende, etiese , “moenie -aan -my -doen -wat -jy -nie -aan -jouself-gedoen -wil -he -nie ” bewustheid probeer behou. Jammer. Maar dis SA. Die land waarin ek gebore is. En Penny moet maar vir haar eie pennies sorg. My SA gee my genoeg probleme van my eie met my pennies.

Ander Koos ·

Ek ondersteun nie Sparrow of DA nie, maar hierdie sekretaris is laf en verspot. SA is veronderstel vry en demokraties te wees, dus kan mense mekaar help as hulle wil. Die anc en sy meelopers raak meer arrogant en voorskriftelik by die dag

Koos ·

Hier stem ek 100% saam saam die klomp het agtergekom jy kan sê net wat jy wil sonder om jou uitlatings te staaf met feite

snoefie ·

dis net so belaglik enniemand doen iets om die onregverdige straf om te keer nie. ek ken penny sparrow van gn adamskant nie. tog ek voel die vervolgingsmanie onder swart mense moet in die kiem gesmoor word. penny het nie swart mense in geheel ape genoem nie. sy het verwys na die rommelstrooiers. ek sal aanneem MENSE, wit, swart of groen weet van beter as om vullis net neer te smyt. buitendien, wat het geword van vryheid van spraak? hoe regverdig is dit dat spioene wie op mense se fb uitlatings aas, skotvry kom? spioenasie is onwettig. dis nes met medieze fondse, erfbelasting, munisipaledienste daar wit maar net moet betaal terwyl swart toyi toyi om vernier te kry. nie die anc, da,vf+, solidariteit of Piet pompies doen iets om te keer dat uitbuiting so blatant gebeur nie.

Rita ·

Tipies kinders. Die jeug moet die politiek los vir die grootmense. Siestog. Die jeugdigheid slaan deur.

Karma ·

Man, ja, Rita en dan wonder ek ook nou wanneer ‘n mens ophou om as een van die “jeug” beskou te word – eers as jy 60 is? Ek dink Mallemannetjie was al iets hier in die 30 toe hy nog ANCYL-president was …..

Theo ·

Om te dink dis die “toekomstige” leiers wat hulself so bespot maak met dwase op\aanmerkings. Na 22 jaar se “beter” skolastiese opleiding verwag mens sekerlik wyser woorde van n dwaas? Bly maar liefs stil, want heelaas bly jy maar dwaas.

Poot ·

Die Bybel sê nie verniet nie…..”Wëe die land wat deur vrouens en kinders regeeer word”

Jan maak n Plan ·

As ek vandag die finansies gehad het het ek haar hele boete self betaal. Die hoofnar wat sulke uitlatings maak dat die reg moet verander om persone wat rasisitese uitsprake lewer, vir 15 jaar tronk toe te stuur,moet n bietjie mooi daar oor na dink. Met n beter regering kan vreeslik baie van sy eie maatjies dalk dit reverdig om nog n tronk of twee te laat bou.

Nou Toe Nou ·

Maar net paar dae gelede het ‘n sakeman ‘n hele vloot voertuie vir die ANC geskenk…………..

Wat op dees aarde is die verskil???

E ·

Ons bly in ń demokratiese land, en enigiemand kan vir enigeen geld gee.

Lourens Maritz ·

Die ANC het geld ingesamel om bomme te plant. Wat is meer rassisties, om iemand n aap te noem of as terroris mense koelbloedig te vermoor?
Gee asb vir ons die rekening nr om geld te skenk om hierdie knape n put te druk!!!

henk ·

So? Die anc gebruik steeds staatsgeld wat hulle “insamel” en dra by tot zuma se nkandlafonds!?

m ·

Hierdie hele storie is so flippen belaglik. Hierdie mense kan se en doen wat hulle wil ma nou word hierdie vrou gejag oor wat sy gese het. Wys jou net hoe groot rassisme eintlik in hierdie land is….

Karma ·

Die “DA samel geld in vir Penny Sparrow”. Nou toe nou, nè, ANCYL KZN!!! Ons leef tog in ‘n “demokratiese” land waar mense geld kan skenk vir wie en watter doeleinde hulle wil. En ás die “DA geld insamel vir Penny Sparrow” – wat daarvan? Julle het nie nodig gehad om R246m in te samel vir julle No. 1 en sy Nkandla-development nie! Julle het sommer die belastingbetaler se geld gevat. Ag en die R8,1m oor 3 jaar vir motors vir No. 1 se spul vrouens – ja wat, die wit belastingbetalers kan maar daavoor ook opdok – hulle het mos al die jare van die swartes gesteel. Maar julle is darem ook lekker “stupid” – die R150K moet gaan aan die Oliver & Adelaide Tambo Stigting – wat vir seker net vir die swartes in julle provinsie is. Ek het OATF se webblad besoek en kon nie juis uitmaak presies wat OATF (klink vir my meer soos ‘n privaat trustfonds ten bate van die Tambo nasate!) doen nie. Eish, daar’s nie pille vir stupidgeit nie!

Christo Visagie ·

Nou wat is fout met die ANC Jeugliga,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,laat hulle help geld insamel, dan doen hulle darem is nuttig vir ‘n slag,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

johann cb ·

As die geldinsameling wel die geval is, sal ek nie ‘n enkele sent bydra nie. Ek weier om myself aandadig te maak aan onbesonne persone se uitsprake en deel te wees van haatspraak. Besef Me Sparrow watter kwaad sy ons hele land in die proses aangedoen heg? Wat doen sy met haar eie geld dat sy nie kan/wil betaal nie?

Kobus Hattingh ·

As dit waar is sal ek selfs vir die DA stem maar indien nie hoop dat daar werklik n fonds vir die vrou gestig word. Die hatige ANC besef nie dat sulke dinge mense eintlik net meer rassisties sal maak nie en die wat nooit was nie sal so raak. Wat sy gese het is nie erger as wat enige van die ANC en EFF al gese het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.