Die DA het Donderdag ’n vierstap-plan bekend gestel om die uitwerking van die verwoestende droogte in groot dele van die land te bekamp.
Thandeka Mbabama, DA-skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê in ’n verklaring daar is vandeesweek gedurende ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling onthul dat meer as R1,3 miljard benodig word om die uitwerking van die voortslepende droogtekrisis op die land se landbousektor te bekamp.
Dié koste beloop oor die R1 miljard vir net die Noord-Kaap en Oos-Kaap, verduidelik Mbabama.
“Die voortbestaan van landelike bevolkings is in gedrang as daar nie onmiddellik opgetree word nie. In baie dorpe oor die hele land het die krane letterlik opgedroog. Ondernemings kan nie met hul bedrywighede voortgaan nie, werkers word afgelê en boere kan nie hul grond besproei of hul vee voer nie.”
Die party het nou met ’n plan vorendag gekom wat hulle glo die regering moet volg om verligting in droogtegeteisterde gebiede te bied. Die eerste stap in dié plan is om die droogte tot ’n nasionale ramp te verklaar, verduidelik Mbabama.
“Herhaalde versoeke vir só ‘n verklaring aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, word geïgnoreer. Die minister se onverskilligheid is afskuwelik in die lig van hierdie verlammende droogte,” lui die DA se verklaring.
Die party voer aan die verklaring van die droogte tot nasionale ramp sal beteken dat dit prioriteit geniet wanneer geld toegewys en begrotings opgestel word.
Die DA se tweede stap in die bestuur van die droogte is die stigting van ’n fonds wat tydelik die salarisse van werkers kan betaal op plase wat die ergste gebuk gaan onder die droogte.
Volgens Mbabama sal dit nié net verhoed dat werkers afgelê word nie, maar boere in staat stel om voer vir vee aan te koop of mislukte oeste oor te plant indien nodig.
Die derde stap in die plan vir die bekamping van droogte is om groot waterinfrastruktuurprojekte te voltooi. “Die regering se chroniese onvermoë om projekte met groot begrotings te bestuur, het grootliks bygedra tot die voortslepende waterkrisis,” sê Mbabama.
“Die nasionale regering kan nie langer aanhou om sy kop in die sand te druk terwyl ’n humanitêre krisis hom oor die hele land ontvou nie. Droogtes in die land het rampvlakke bereik en word vinnig een van die grootste uitdagings wat ons land in die gesig staar. Pres. Ramaphosa moet leierskap toon te midde van die droogtekrisis en sorg dat onmiddellike hulp verleen word aan gemeenskappe wat geraak word,” sê die opposisieparty.
HOOG TYD!!!!!!!!!!!!
Die DA kan nie eens Pretoria bestuur – hoe gaan hulle dan nou die droogte bestuur?
Die krane in Pretoria is ook droog.
Dit is verwarrend. Deon sê die krane in Pretoria is ook droog. sweis sê sy punt ook.
My punt ook.
D.A. is goed maar selfs hulle kan nie water maak nie Pretoria se droogte nie hulle skuld nie kom aan mense julle is beter as dit
Ek verskil van jou Cobus. Soos baie in Pretoria kan beaam is daar konstant groot water lekkasies weens gebrekkige instandhouding. Sit self weer tans vanaand sonder water oor ‘n pyp wat gebars het. Die ANC en DA het die afgelope jare net mooi niks gedoen om die infrastruktuur instand te hou nie. Hulle kan almal die erfbelasting opjaag, maar hulle antwoord op die probleem is om die lekkasies te stop terwyl dit duidelik is dat die pype moeg is en vervang moet word. Ek wonder hoeveel persent van ons water gaan verlore weens die rede, vermoed dit is hoog. Die droogte is net ‘n bydraende faktor.
Teen die tyd wat die stappe in werking gestel word, sal daar seker nie ‘n enkele plaas meer oor wees nie!
Ek dink die DA moet werk aan n plan on hulle self reg te ruk.
Die DA dra nou die skuld vir die staat se onvermoè. Wie dra die staat se beursie? Pretoria se water kom van die Vaaldam nie die Brooklyn-swembad nie.
Di skadu minister het n skadu plan met skadu geld met ander skadulose ministers
Dankie John, geen rede om meer vir die DA te stem nie, dan gaan hulle planne ook nie werk nie.
Sal liewers wag vir die reen. Dit kan ek sien, voel, en weet dis water. Sal ook soos water proe. Sonder enige hulp van die DA. O ja bv. Noord Kaap wag al 6 jaar vir julle 4 stap plan. Ses jaar gevat om 4 stappe te probeer bewerkstellig. Sal vinniger gewees het om n reenmasjien aanmekaar te slaan.
Judge Dredd- nie juis ‘n regverdige opmerking nie. Dalk moet jy die koalisievennote ook noem. Net terloops, daar waar die DA sonder koalisies in beheer is, soos Wes Kaap, is dit’n heel ander prentjie. Bes bestuurde munisipaliteite is onder DA beheer.
Stem saam Veronica, die DA beheerde Wes-Kaap is op ‘n ander planeet. Nie perfek nie, maar ligjare voor die res van SA. Dis die enigste plek waar Solidariteit se ankerdorpe sal werk. Trouens, ons kan sonder Solidariteit klaarkom.
Werklik gaan julle nie op duur vakansies eers nie?