DA sê ANC te blameer vir hoë brandstofpryse

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die DA het Woensdag gesê die hoë brandstofpryse wat ʼn negatiewe uitwerking op Suid-Afrikaanse verbruikers het, is ʼn krisis wat deur die ANC geskep is.

Kevin Mileham, DA-LP en woordvoerder van energie, het daarop gewys dat Suid-Afrikaners sedert vandag 74c meer per liter petrol en sowat 91c tot 93c meer per liter diesel moet opdok ná Jeff Radebe, minister van energie, se onlangse aankondiging van brandstofprysverhogings. Hy het gesê dié styging is te danke aan ʼn toename in internasionale ruoliepryse.

“Die toename in insetkoste vir talle nywerhede sal ook ondernemings, landbou en vervaardiging negatief beïnvloed en hul winste verminder wat beteken dat nuwe werksgeleenthede nie geskep sal word nie en bestaande werksgeleenthede verlore sal gaan,” het Mileham Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Volgens Tito Mboweni, minister van finansies, moet Suid-Afrikaners hulle egter voorberei vir nóg ʼn brandstofprysverhoging van 29c op 1 April weens die regering se verhoging van die belasting op brandstof.

“Hierdie hoë brandstofpryse is ʼn krisis weens die ANC se eie toedoen. Hulle gebruik die brandstofheffing om voortdurend die ondoeltreffende, korrupte en wanbestuurde fiskus aan te vul terwyl miljarde rande bestee word aan sukkelende staatsinstansies. Die R59 miljard wat die ANC-regering gebruik om staatsondernemings van ondergang te red, kon eerder aangewend word om die belasting op brandstof te verminder.”

Mileham het bygevoeg dat die departement van energie se tempo om die brandstofprysformule te hersien sonder enige wesenlike redes gesloer het aangesien die tegniese span se verslag meer as 100 dae laat was.

Volgens Mileham sal ʼn DA-regering na ʼn stabiliseringsfonds kyk om die invloed van die olieprys en wisselkoersskommelings op die brandstofprys te verminder. “Die DA sal die afhanklikheid van die brandstofheffing verminder om regeringsinkomste te vermeerder deur die oorgroot kabinet te verklein, verkwistende besteding te bekamp en die regering se staatsektor-loonrekening te beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cobus ·

Sit hulle in beheer Dan sien just kyk na Wes kaap word wakker DA is beste opsie vir die land

riaan ·

Presies! Praat verander NIKS!

da staan blykbaar vir “dissertation assembly”? Praat, praat, praat maar DOEN NIKS!

Attie ·

Geen stres…die prys gaan begin van Mei weer daal. Net voor die verkiesings. Paar breinloses sal dan dink die ANC en amptelike opposisie is wonderlik…hang af watter kan hul voor stem.

Frans C ·

‘n Sterker Rand kon as ‘n buffer teen ‘n hoër olieprys gedien het.In Maart 1994 het die Rand teen ‘n gemiddeld van R3.45 teen die Amerikaanse dollar verhandel.

Onder ‘n korrupte ANC met ‘n sterk kommunistiese inslag in die ekonomie het dit verswak
tot R14,21 vandag,dws met R10.76.

Hennie ·

Alles gaan oor die belasting hulle moet sorg vir hulle koffers dit moet volgehou word anders kan hulle nie oorleef nie , dan is dit weer apartheid se skuld en elkeen van hulle loop met leë beursiesies rond .Kan mos nie met n leë beursie loop nie my kroon

Karoodonkie ·

Daar is regtig beter maniere om die staat se inkomste te verhoog. Hulle foeter altyd eerste met die brandstofpryse, en dink nie aan besighede wat erg daardeur geraak word nie. Wat van huishoudings wie se uitgawes net groter en groter word. Werksgeleenthede word daardeur in die wiele gery. Verklein net die parlement en stop korrupsie. Hoe moeilik kan dit wees?

ne ·

ANC – almal ry die soustrein. Lekker man, hoekom sal hulle stop?

leser ·

anc het ons almal ‘n rat voor die oe gedraai in november / desember, ek het voorspel ons gaan opdok vir anc se staats kaping en gemors, en dit is wat ons nou kry, verhoging op verhoging op verhoging, en so aan

Ben ·

Ag nee wat…solank daar nog hoeveel dooies op ons paaie val en daar nog so veel grand karre rondry wat ons kan volgooi met petrol, en daar is baie van ons, maar nie die geld het voor n mediese fonds nie, kan ons hoegenaamd nie praat van n petrolkrisis nie. Alles word maar net duurder.

Marinda ·

Doesn’t take a rocket scientist to figure that one out. I blame the government for a lot of other things that’s wrong in this country

Johanna Botha ·

Jip iemand wil hier bele nie …geen krag orals stakings geen dieste ….anc se skuld !

Diefie ·

DA wat gaan julle daaromtrent doen? Kaapstad se grondbelasting word, vir sommer net met 30% verhoog. Wat nou gemaak?

riaan ·

@Diefie

Kom ons sien of bolla of cobus (van die da se voorste cheerleaders) hierop reageer?

Fanie. ·

Die regering praat altyd oor werkskepping. Nou kan ek nie verstaan nie. Ons het baie steenkool. Hiekom nie nog n Sasol aanleg bou nie? Dit sal ons amper onafhanklik maak van die internasionale olieprys, en sal ook duisende werksgeleenthede skep.

Chris ·

Fanie, wat gaan nog ‘n Sasol aanleg help? Die Sasol brandstof wat huidiglik in Suid Afrika verkoop word, is dan net so duur soos die ingevoerde brandstof! Dit is nog altyd so, selfs toe die huidiglike Sasol aanlegte nog aan die regering behoort het!

khat ·

Nou wonder ek is die nou nie dieselfde persoon in da wat gese het dat tol geld in kaap sal help met vooruit gang nou die anc se en doen ook so net hulle vat dit vir looting comp. en glo my die da sal dieselfde doen jy kan nie n politikus glo nie hulle lief en bedrieg almal net dat hulle nie hoef te werk en ook geld te kry nie want hulle verdien n R1500 soldy soos ons ou mense se pensioen

Nadia ·

En steeds word geld wat die sukkelende ekonomie nie het nie aangewend om straat name te verander – dit maak ‘n mens siek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.