DA se beleid oor maatskaplike geregtigheid bekend

(Argieffoto: GCIS)

Die DA se beleidshoof, Gwen Ngwenya, het die party se konsepbeleid oor maatskaplike geregtigheid Vrydag in Kaapstad bekend gestel.

Die beleid van meer as ʼn honderd bladsye wys, uit die DA se perspektief, hoekom die ANC-beleid oor armoede misluk het; waarom armoede, wanvoeding en ander maatskaplike disfunksionaliteit toeneem; hoe die DA dit wil verander; en hoe dit gefinansier kan word.

Tans oorleef 55% van Suid-Afrikaners op minder as R992 per maand, met 29% van Suid-Afrikaners wat eintlik ouderdomsgewys in die arbeidsmark moet wees, werkloos.

Die uitwerking van die trekarbeidstelsel is nog nooit oorkom nie en net ʼn derde van Suid-Afrikaanse kinders woon in huishoudings waar albei ouers teenwoordig is.

Voorts verlaat amper 60% van Suid-Afrikaanse leerders die skoolbanke tussen graad 10 en graad 12.

Swart ekonomiese bemagtiging fokus bloot op die magsoordrag van een elite na ʼn ander, terwyl die DA meen regstelling moet armes van alle rasse help.

Die amptelike opposisie meen voorts die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies moet as rigsnoer gebruik word om vordering te meet, sodat verbeterings minder lukraak as onder die huidige ANC-regering kan plaasvind.

Tasbare beleidsveranderings onder die DA om geldvermorsing deur die staat te verminder en armes se lewens te verbeter, sal insluit minder kabinetsposte, meriete-aanstellings in die staatsdiens, ʼn onafhanklike teenkorrupsie-spesialiseenheid, die aanstel van die nasionale direkteur van openbare vervolging deur die parlement eerder as die president, leefstyloudits vir alle senior politici en staatsamptenare, geen stakings deur onderwysers gedurende skoolure nie, asook voedseltoelaes sodat ondervoeding by kinders oorkom kan word.

Die beleidsvoorstelle word op 4 en 5 April by die DA se beleidskongres bespreek, verander en aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zirk ·

Die DA het goeie voorstelle. Daar is 100 bladsye daarvan. Die ANC se kwart eeu lange mislukkings sal 25+ jare vat om te herstel.
Die ANC se oeroue fanatiese vasklou aan ‘n sosialistiese beleid, wat prakties wêreldwyd MISLUK het, is die oorsaak van dit alles. ANC inmenging in elke goeie besluit is die DOOD IN DIE POT.
Ek hoop en bid dat almal wat soo hard gewerk het om die land op te bou tot die MEES ONTWIKKELDE land in Afrika, nog die DRAAIPUNT sal sien voor hul sterf.

Michael ·

Suid afrika het geen toekoms solank daar diskriminerende wette teen wit minderhede afgeforseer word net, soos apartheid nie kon slaag in die vorige regering net so sal en kan apartheid in sy huidige vorm nie slaag nie.

Maria ·

Goeie beleid. As dit alles geimplimenteer word sal dit strate beter gaan

david ·

Jammer DA, dit klink alles baie edel, maar dis net ‘n “paint and polish job”……onderskryf eerder die gelykheids klousule in die grondwet (art 9.1) en verklaar Regstellende Aksie en al sy welpies soos BEE as minderheidsonderdrukking, en julle sal baie meer geloofwaardig wees. Solank as die DA die beleid handhaaf van; ons steun die ANC se anti Blank wette maar stem vir ons in elk geval,solank sal hulle wit stemme verloor…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.