DA se De Lille, Smith op spesiale verlof geplaas

Patricia de Lille. Foto: Twitter

Die DA het Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, en JP Smith, die party se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, op spesiale verlof geplaas.

Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, het in ʼn verklaring gesê De Lille en Smith is op spesiale verlof geplaas rakende alle DA-aktiwiteite in die Kaapstadse Metro.

Hierdie verwikkeling kom nadat daar onlangs verskeie mediaberigte verskyn het waarin politieke figure beweer De Lille het geld van die Kaapse Metro gebruik om veiligheidsopgraderings by haar huis te doen. De Lille het die bewerings ontken en het Smith en ander lede van die interne ondersoekeenheid van die stad se veiligheid- en sekuriteitsdirektoraat daarvan beskuldig dat hulle “kwaadwillige en lasterlike opmerkings” oor haar maak.

De Lille het in ʼn verklaring gesê sy het haar misnoeë “oor hoe JP Smith [haar] naam deur die modder sleep ter wille van sensasie,” met Mmusi Maimane, die partyleier, en James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, betuig. Sy het egter later in ʼn opvolgverklaring hiérdie stelling teruggetrek.

Van Damme het Dinsdag in haar verklaring gesê die plasing van De Lille en Smith op spesiale verlof het te doen met die “bewerings en teenbewerings wat in die afgelope paar dae in die media gemaak is”. Van Damme het gesê Maimane het Maandagaand ʼn vergadering met De Lille en Smith gehou om antwoorde oor hul optrede te eis.

Na aanleiding van die vergadering is die besluit geneem om De Lille en Smith op spesiale verlof te plaas totdat die party se federale uitvoerende komitee hul ondersoek na die aangeleentheid kan afhandel.

“ʼn Ruk gelede het die partyleier ʼn spesiale subkomitee van die DA se federale uitvoerende komitee saamgeroep om politieke bestuur en die regeringsituasie in die Stad Kaapstad te ondersoek en terugvoer aan die volle federale uitvoerende komitee te gee oor watter verdere stappe gedoen moet word. Die subkomitee, onder die voorsitterskap van John Steenhuisen, sal vandag met sy verhore begin,” het Van Damme gesê.

“Deur [De Lille] en [Smith] op spesiale verlof te plaas gedurende die ondersoek, sal hulle nie DA-koukusvergaderings kan bywoon, interaksie kan hê met ander koukuslede of ander mense wat voor die komitee sal getuig of partyvergaderings kan bywoon nie. Hul verlof affekteer nie hul kandidaatskap vir hul provinsiaal verkose posisies nie en affekteer ook nie hul werk in die regering nie. Hulle moenie die media oor hierdie kwessie toespreek totdat die ondersoek afgehandel is nie.”

Van Damme het gesê uitsprake wat deur De Lille en Smith in die media gemaak is, sal deel vorm van die subkomitee se ondersoek. “Hierdie uitsprake is onakkuraat en nadelig vir die ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Uncle Buck ·

De Lille is besig om haar ware kleure te wys. Vir my lyk dit na maar nog ‘n proses om van die blankes ontslae te raak. Maimane kan dalk dieselfde pad loop as die anc nou loop.

Johan ·

Die DA het alle integriteit in my oe al lank terug veeloor.

Karma ·

Kyk, ek het maar nie veel tyd vir die DA (trouens, vir enige politieke party nie). Ons eie munisipaliteit is DA en jy hoef net rondom jou te kyk, om te weet dat die DA nie in die blanke (of dan álmal wat vir hulle stem) belang optree nie. Daar word goed in die sg. ‘kleurling’ gebiede gedoen, maar die blanke burger in die ‘blanke’ buurte moet maar opsnork, sien en kom klaar.

Ten spyte hiervan, is ek teleurgesteld daarin dat me. Lille, Smit en dan nou klaarblyklik ander rolspelers in die DA stilweg besig is om die pad van die ANC te volg, met binne-bekgevegte wat nou uitbreek. Pleks dat hulle ‘n breuk in die bres van die verswakte ANC slaan, begin hulle nou onder mekaar inklim. “Besides” – wat is ‘n paar duisend, selfs honderd-duisend rand nou, vergeleke met R246m?

Nee wat, ek neig al hoe meer na die VF+ se kant toe, sou ek besluit om in 2019 te stem – dis nou as ons ‘n verteenwoordiger in my streek kan kry!

Susan ·

Nee wat. De Lill sal nie oneties optree nie. Ons kan mos te wagte wees dat die vreeslikste smeer veldtogte nou teen politici gemaak sal word.

Lee ·

O genade…is die (my) DA ook nou besig om te verbrokkel en te (ver)val ??

Eish ·

Met mnr. Smit se vorige verskynings op TV het hy nog altyd die indruk gelaat as n professionele persoon in totale beheer van situasies. Wat op aarde sou hom sneller tot die optrede?

Was mev. De Lille nie ook n ruk terug in n kontroversiële situasie ivm die aankoop van DA T-hemde nie?

Beide van die persone het geweldig baie om te verloor indien hul verkeerd bewys word.

Cherokee ·

Eish Eish. maar jy kan dinge op ‘n formele manier kwytraak nè!

Karma ·

@Cherokee – respek kos niks nie! So los maar vir ‘Eish” uit, met sy/haar formele aanspreekwyse!

Jacques ·

Mense hou op om klippe te gooi voor die waarheid nie op die tafel is nie . Dit laat my dink aan Hansie daai tyd toe die dinge aan die lig gekom het , hy was skuldig bevind nog voor die waarheid bekend was. Ondersteen hulle eerder as om julle eie aflydings te maak wat tien teen een die verkeerde sal wees . Dit is gewoondlik die mense met die grootste vensters wat die grootste klippe gooi , hoe eronies ?

Politikus ·

OK, en was Hansie toe skuldig aan die einde van die dag of nie?

Jacques ·

Politikus – Ontspan net nou bars jy n aar . Hansie was in my mening nie skuldig nie nee .
Al wat ek se is dat sekere mense oordeel voor al die feite daar is , jy IS SKULDIG al is jy onskuldig , regtig ??

rollie ·

Hansie (minder slim) het dan self erken hy is skuldig en ‘n judisie ondersoek het dit bevestig. Ongelooflik dat sommige mense nog dink hy is onskuldig. Eish.

Jacques ·

rollie – Hansie was skuldig aan wat ? Tipies . “I rest my case” .

Poppie ·

En toe was die mense al die tyd reg oor Hansie. Die feit dat hy oorlede is, beteken nie hy was onskuldig nie. Nes Joost, sodra mense doodgaan, word al hulle ‘sondes’ hulle skielik vrygeskeld. Net God kan dit doen, en dit is fine as hulle vrede gemaak het, maar in die oe van die reg bly jy skuldig.

Politikus ·

De Lille se optrede sedert die 2016 verkiesings is verdag:
– Waarom het sy Andile Lilly (ontlasting gooier) direk daarna in senior posisie in haar kantoor aangestel?
– Waarom het sy die SIU ontbind toe hulle haar begin ondersoek?
– Wat het sy om weg te steek?
Neewat dis duidelik dat mag haar gekorrupteer het soos vir Zuma. DA moet toeslaan op haar en van haar ontslae raak….as ‘n politikus eers korrup geraak het, is daar geen salf te smeer nie.

Loeis ·

Nog ‘n punt: volgens die vierde paragraaf het de Lille ‘n stelling gemaak, en dit toe later in ‘n “opvolgverklaring” teruggetrek. Dit bou nie juis vertroue as mens jou storie verander nie.

Herman Goosen ·

Ja,

Behalwe dat die DA ander kleur T Hemde dra is dit deesdae moeilik om die verskil tussen hulle en die ANC te sien. Gelukkig dat ek hulle nie ondersteun nie. Volgens my is die ware problem dat die koalisies net te gekompliseerd is, en tot spaning lei. De Lille het boere jare gelede sleg gese en nou kry sy haar eie medisyne terug. Dit was toe nie so maklik om ‘n land of provinsie te regeer soos wat die ANC en DA voorgegee het blyk te wees nie. Mens moet eintlik nogal weet wat jy doen, en nog sorg dat al die ander spul raadslede ook ietwat weet wat hulle doen, en dan nog boonop met mekaar kan saamwerk… Dit is waar koalisies problematizes word en eie partylede dan ook geirriteerd met mekaar raak.

rollie ·

Belaglike stelling. Die DA doen onmiddellik iets as daar ‘n rokie is (en beskerm nie hul eie lede in die opsig nie), die ANC vee alles onder die mat.

Loeis ·

Dis waar, Rollie. DA en ANC beleid het baie in gemeen.. Hulle het selfs al vasgesit toe die DA Mandela opgehemel het. Wat ironie is, want Helen Zille, Helen Suzman en hulle genote het darem maar baie geveg om die ANC se oorname moontlik te maak. Dit is die reine waarheid.

Henry ·

Herman Goosen
Ek stem allie pad met jou saam dat die DA, soos hul geesgenoot die ANC, nie oor die vermoëns beskik om koalisie-politiek te bedryf nie. Trouens, ek dink sulke vaardighede is soos talle ander vereistes vir ‘n suksesvolle staat en sy instellings, nêrens in hierdie droewe rommelstatusland te vinde nie. Dit is gewoon bokant die betrokkenes se vuurmaakplekke, of wat mens dit ookal sou wou noem.

De Lille wat destyds vanaf die radikale, pan afrikanistiese PAC binne in die DA se ope arms geval het, besit mynsinsiens geeneen van die kenmerke van ‘n geloofwaardige leier wat na haar ‘onderdane’ se verskeidenheid van belange kan, of sal omsien nie.

:-)

Loeis ·

de Lille het ‘n taamlik goeie reputasie gebou, maar met haar verlede in die PAC hang daar maar ‘n vraagteken oor haar.

‘n Koalisie sou natuurlik die voordeel gehad het dat iemand van ander partye oor de Lille se skouer kon loer. Daar was na 2006 se minuspale verkiesing so ‘n koalisie tussen die DA, ACDP en VF+ in Kaapstad. Die DA het egter onder Helen Zille se leiding eensydig daardie koalisie verbreek, wat regtig jammer is.

TStrydom ·

Verskeie politieke figure – aan die hoof staan natuurlik Tony Lekkerlieg. Hy was al in verskeie i betrokke waar die DA van allerhande sake beskuldig is. Die hof het dit elke keer verwerp. (Impossible, it cannot be a duplicate )

Nicolaas ·

Dis duidelik Musi Maimane en Van Damme is geplaas om die DA af te breek en die Wes Kaap aan die ANC oor te gee. Die DA se skynbare onbeholpenheid om Tshwane te bestuur het my gelukkig in elk geval laat besluit om volgende keer vir die VF+ te stem

ALTA ·

Hier kom ‘n nuwe politieke party: DAANC!!! Ek wonder wie gaan na wie se pype dans?? Teleurstellend.

Piet Pille ·

Bly om te sien van die lesers se kommentare verwys na VF+ as die party om voor te stem.
Anc en DA maar een en dieselfde, kyk maar waar kom die Zilles en die De Lilles vandaan en
dan weet jy mos waarvoor hul eintlik staan.

Hanna ·

Liewe Aarde wat laat enige iemand met breins dink ons Suid Afrikaners , ja blankes, sal ooit saam staan?
As jy nou nog dink die VF staan n kans om in die volgende 30 jaar n verkiesing te wen, maak jy n fout.
Ons is almal saam in hierdie land en saam moet ons dit laat werk.
De Lille en Smith is op speciale verlof gesit sodat die hele aangeleentheid behoorlik ondersoek kan word.
Ek sou dink die DA moet krediet kry vir hulle vinnige optrede.
Solank as wat ons 4 miljoen blankes gaan aanhou om in sirkels te hardloop solank sal ons nêrens kom nie.

Verstaan tog ASB POLITIEK ·

Ai dit gaan nie oor WEN nie, wanneer gaan die stubborn Afrikaner nou besef dat dit NIE oor WEN gaan om vir ‘n party te stem met wie se waardes jy saamstem nie? Kyk die EFF? Het hulle gewen? NEE maar hulle het so vinnig opgang gemaak in DRIE jaar, almal het gelag vir Malema en skielik is hy die DERDE Grootste party in SA. Dit gaan nie altyd oor WEN nie, maar as meer Afrikaners vir die VF+ stem word hulle ‘n gerekende party waarmee ander partye ‘n koalisie WIL vorm. Weereens, almal het gelag vir die EFF, vandag smeek al die partye hulle om ‘n koalisie met hulle te vorm, hou op dink aan WEN, en aan MOEDELOOSHEID oor die VF, as jy vir hulle stem omdat jy in hulle glo >.. DOEN DIT, hulle word dalk later net ‘n party om mee rekening te hou.

msp ·

Ja kyk, dit speel so in die anc en eff se kraal, verdeel die DA en die anc bly aan bewind, so ook word die eff dan ook ons nuwe opposisie en wanneer dit gebeur sal ek nie wil sien wat word dan van ons boere en blankes nie. Ek stem nie saam met alles wat in die DA aangaan nie maar glo my vandag, dis nog ons enigste hoop. Ek voel dat die tyd aangebreek het dat alle partye hul geskille opsy moet plaas en saamsmelt met die DA. Sodoende sal dit ‘n sterk terugslag wees vir die eff en die anc. Dit kos verseker nie te veel kennis en wysheid om te sien wat aangaan nie. Ek hoop regtig dat ons gaan saamstaan die keer. Maar nou ja, as ons nou wil veroorsaak dat die DA splinter laat dit dan gebeur. Die se le nie by my alleen nie maar al wat ek se ons gaan duur vir die fout betaal.

Henry ·

Terwyl ons nou wysheid en kennis wil inspan, moet daar tog groot asseblief ook onthou word dat ons in ‘n land woon waar die huidige regime en die snelgroeiende EFF, die natuurlike tuiste vir die meerderheid inwoners is.

Die DA met sy liberale BLANKE herkoms/geskiedenis, kan kwalik as ‘n geloofwaardige alternatief vir die 50 miljoen ondersteuners van die ANC en EFF gesien word. Grondgryp, radikale swart bemagtiging en nimmereindigende regstellende aksies, is slegs enkele van talle slagspreuke wat die regime en sy meer radikale teenvoeter – EFF – met groot vrug gebruik om aan bewind te kom, te bly en hul beloftes aan die “verdrukte” massas waar te maak.

Die DA sal die koorsang van beide die ANC en die EFF hul eie moet maak, om enigsins ‘n geloofwaardige alternatief vir die huidige regime en die snelgroeiende 50 miljoen stemvee te bied.
Is maar hoe dit is my tjaaina.

jurie blanche ·

Gee net kans DA net n jaar in Pretoria jy verander nie 21 jaar se afbreuk in een jaar nie.

Pro Vryheidsfront ·

Verstaan tog asb Politiek – Ek kon dit nie beter stel nie, die VF+ is die enigste party waarmee die afrikaanse mense hulle kan assosieer. Geen ander politieke party sal vir ons enigiets beteken. Met die eerste algemene verkiesing na die uitverkoping van FW het die VF 800 000 stemme getrek. As dit weer kan gebeur kan die VF ‘n beduidende rol speel in die politieke landskap. Soos jy se, ons hoef nie te wen nie en sal natuurlik nooit weet wen nie. Die VF bereik tans geweldig baie, al word hulle nie meer ondersteun deur 740 000 van destydse 800 000. In elk geval sal die DA ook nooit wen nie.

Melt Olckers ·

Dit is jammer dat so iets gebeur. Die proses moet sy gang gaan dat almal in die land kan sien dat die DA regverdig en met integriteit optree teen e nige lede wat van wangedrag beskuldig word, maar ook aan hulle die geleentheid gee om hulself te verdedig. Ek gaan nie kant kies nie, maar wag vir die proses om sy gang te gaan.

jaco ·

so 13 jaar gelede het die MDC in Zimbabwe die stadsraad van Harare oorgeneem. ZANU-PF het, snaaks genoeg, die uitslag aanvaar. Die MDC was skaars in beheer van Harare, toe sorg hulle dat al die raadslede NUWE luukse motors kry.
So hierdie verryking kom maar by ALLE politieke partye voor. Sodra hulle eers toegang tot belastinggeld het, dan laat waai hulle om die lewe vir hulleself lekker te maak en dan vergeet hulle van die lot van die arme mense wat vir hulle gestem het en nogal al hulle verkiesingbeloftes geglo het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.