DA sê eksplorasie aan kus moet briek aandraai

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die DA het opnuut geëis dat die regering dadelik Shell se bedrywighede in sy soeke na gas en olie aan die Wildekus stopsit sodat verdere openbare deelname en ʼn omgewingsimpakstudie gedoen kan word.

Shell sal na verwagting vandag begin met seismiese opnames aan die seebodem van dié kus. Herhaalde skokgolwe sal dan vir die volgende vyf maande voortduur.

Dave Bryant, DA-LP en die party se woordvoerder oor bosbou, visserye en omgewingsake, sê die regering ignoreer steeds verskeie omgewingsgroepe, aktiviste en plaaslike inwoners se kommer oor die opnames, ten spyte daarvan dat hierdie bedrywighede dalk katastrofiese gevolge vir die omgewing kan inhou.

“ʼn Verantwoordelike regering kan nie toelaat dat sulke skokgolwe gedoen word sonder empiriese bewyse dat die seelewe nie daardeur geraak sal word nie,” sê hy.

“Baie omgewingsgroepe is oortuig dat die ontploffing groter seesoogdiere en kleiner visvoorrade in die gebied kan beïnvloed.”

Maroela Media het vroeër berig dat noodsaaklike organismes soos plankton en koraal heeltemal uitgewis kan word, terwyl groter seediere hul gehoor kan verloor en stadig vrek.

Volgens Bryant het nóg die departement van bosbou, visserye en omgewing nóg sy eweknie by minerale hulpbronne en energie al voldoende op sy oproepe gereageer.

“Die enigste reaksie van dié departemente was om voor te stel dat besorgde burgers die saak hof toe neem. Geen departement is eens bekommerd oor die brose seelewe wat die kern van almal se bekommernisse is nie.”

Bryant het verlede week met inwoners en plaaslike vissermanne in Morgansbaai vergader wat een van die gebiede is waar die skokgolwe sal plaasvind.

“Plaaslike kleinskaalse vissers het hul kommer uitgespreek oor die impak wat hierdie opnames dalk op hul lewensbestaan gaan hê. Hulle voel ook dat hulle eers geraadpleeg moes word oor die pad vorentoe, sou Shell se bedrywighede die bestaande visvoorrade bedreig.

“Die regering kan doodeenvoudig nie staatmaak op die openbare opnames wat in 2014 gedoen is nie, aangesien ʼn aantal faktore intussen verander het,” sê hy.

Die DA sal weereens ʼn brief aan die betrokke ministers stuur sodat relevante opnames gedoen kan word.

“Die toekoms van ons natuurskoon en die diere wat daarin moet voortbestaan, is op die spel en ons moet alles in ons vermoë doen om te verhoed dat onherstelbare skade daaraan aangerig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

DA – groot geld het al klaar tussen Shell en ‘n paar ministers beweeg. Kan nie nou die geld terug gee of terug vat. Julle die DA weet moes hoe dinge werk met die ANC?

Anel ·

Die regering voel ‘n veer. Kyk net wasr hulle kan skep. Maak nie saak ten kiste van wie nie.

Johann ·

Ja wel n desperate bankrot ANC sal ENIGIETS doen en toelaat. En behalwe die vergrype…is daar nie n KANS dat enige “rgerings dep” in enige mate bekwaam is nie.

Jacobus Stephanus ·

As almal so teen ontwikkeling en brandstof reageer sal daar binnekort nog meer betaal word vir brandstof. Dit mag dalk opraak en dan gaan baie ekonomieë groot skade ly. Die toetse word wêreld wyd gedien, en het geen permanente impak op die see lewe nie. Ek vra, waar dink almal word brandstof op ander maniere opgespoor?

Willem ·

Ek kan maar net my kop skud oor die politici. Aan die een kant kla hulle oor die werkloosheidsyfer en eis dat die regering meer werksgeleenthede moet skep en aan die ander kant kla hulle steen en been wanneer die regering wel werksgeleenthede skep. WORD WAKKER MENSE! ONTWIKKELING EN WERKSKEPPING KOM ALTYD TEEN N PRYS! BESLUIT WAT JULLE WIL HE!!!

Gert ·

Die regering kaders sien nou net $$ tekens en dit kom sak toe. Wat maak dit nou saak as ‘n paar visse vrek daar is mos baie in die see.

Dries ·

Ek neem aan die mense wat so gekant is teen die seismiese toetse het nie een n voertuig nie, hulle kook nie op gas of elektrisiteit nie, en gebruik geen elektrisiteit in hul huise of besigheid nie? Dis vals om nou te wil skree as jyself die voordele van fossielbrandstowwe gebruik.

JohanR ·

Dries ek neem aan jy is bewus van die skade wat Shell in Nigeria aangerig het, en die land, boome, plante, diere en mense wie se lewens hulle verwoes het, en nog steeds verwoes in Ogoniland alles vir brandstof. Daar is plekke soos Chernobyl in Rusland en Ogoniland, wat nooit en nooit weer mense, diere of plant lewe sal akkomedeer nie. Die Ogoni mense is uitgerooi. Gaan lees wat gedoen is aan die een Nigerier Ken Saro-Wiwa, wat probeer kapsy maak het teen wat Shell in Nigeria doen. Hy en sy maters is gehang . Dankie Shell!

https://www.amnesty.org/en/latest/press-release/2017/06/shell-complicit-arbitrary-executions-ogoni-nine-writ-dutch-court/

Dirk Mostert ·

Oliebesoedeling in Nigerie is die werk van bendes wat die pyplyn saboteur.

Dries ·

Vissermanne gaan skade lei. Hulle sal maar moet begin brandstof verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.