DA sê jammer oor “Schweizer-Reneke-voorval”

Betogers by die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes. Foto: ANA

Die DA wil ʼn nuwe baadjie omslaan en vra die mense van Schweizer-Reneke in Noordwes om die party te vergewe vir die skade wat aangerig is deur sy hantering van die Elana-Barkhuizen-saak.

“Ons erken dit was ʼn fout, en ons wil dit graag regstel,” het Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes, aan Maroela Media gesê.

Die DA is erg gekritiseer oor die manier waarop die party die skorsing van Elana Barkhuizen, ʼn onderwyseres aan Laerskool Schweizer-Reneke, in Januarie vanjaar hanteer het. ʼn Rasseherrie is ontketen nadat ʼn foto van ʼn gr. R-klas op sosiale media gedeel is en tot Barkhuizen se skorsing gelei het. Die Johannesburgse arbeidshof het egter Barkhuizen se skorsing ter syde gestel en beslis dat haar skorsing onwettig was.

Luyolo Mphithi, die DA se nasionale jeugleier, het kort ná die voorval gesê: “Dit is skandelik dat ’n klaskamer in 2019 volgens ras geskei kan word. Dit dien slegs om jong kinders van die eerste dag te leer om mekaar anders en afsonderlik te sien. Dit is gewetenloos.” Die party het intussen ʼn ondersoek na sy uitlatings ingestel. Die ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Die DA het sedert Januarie verskeie wyke in Noordwes, onder meer Schweizer-Reneke, aan die VF Plus afgestaan. “Ons glo die Schweizer-Reneke-voorval het bygedra tot hierdie nederlae. Dit het baie skade aangerig,” sê McGluwa.

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. 1’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

In ʼn omvattende ope brief aan die “die mense van Schweizer-Reneke” skryf McGluwa oor die verwoesting wat die ANC-leierskap in die Mamusa- plaaslike munisipaliteit gesaai het. Verwoesting wat volgens hóm deur die DA reggestel kan word. “Uit my besoek aan die verskillende stemdistrikte is dit duidelik dat hierdie munisipaliteit op sy knieë is. Inwoners kan slegs droom van dienslewering en slaggate, riool en hope vullis reg oor die dorp sal kaptein Schweizer en veldkornet Renecke in hul grafte laat omdraai,” skryf McGluwa. “Ja, ons het foute gemaak. En ja, ons moes van ons stemme in Mamusa afstaan in ruil vir ons foute, maar ons is bereid om dinge reg te stel. Ons is bereid om oor te begin ná die Schweizer-sage.”

McGluwa sê die party probeer dinge regstel. “Ons het ʼn hersieningproses geïmplementeer wat gelei het tot verskeie mense se bedanking uit die DA, insluitend die DA-leier Mmusi Maimane.”

Nou vra die DA die mense van Noordwes om dié party ʼn tweede kans te gee. “Dit wat gebeur het, was sleg, maar die mense moet ons harte sien. Ons wil ʼn nuwe blaadjie omslaan,” sê McGluwa.

Hy glo die DA kan die mense van Schweizer-Reneke se harte terugwen. “Dit gaan tyd vat, maar ons kan net ons beste doen en dít doen waarmee ons die beste vaar, naamlik dienslewering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

134 Kommentare

Marius ·

Die DA maak nes elke ander party en na die laaste 3maande se gebeurtenisse sal hulle nie meer my stem kry nie

Mlilo ·

Too little, too late ….. of moet ek eerder sê ….. maande te laat!

Speedguard ·

Sy of die skool moet die DA dagvaar vir kwaadsteek en naam skending! Uiters swak !

Juf is n yster ·

Kyk na die juf se muurdekorasies. Dit wys dat daar belangstelling is. Dit kom haar eie sak. Was by baie skole, baie personel stel nie belang nie en dink nie aan die opvoedkundige waarde daarvan nie. Kom skool toe as die son so hoog is en gaan huistoe betyds vir transport. Salaris hang aan jou lyf en sit aan jou voete. Ek haal my hoed af vir die dame.

Honey Bee ·

n Bietjie laat sou ek se. Skade is klaar gedoen. Help nie om nou te wil wit voetjie soek nie.

Msp ·

Daar was baie skade aangerig maar ek glo ons moet kan vergewe as daar verskoning gevra word. Die grootste fout wat ons mense het is dat hulle vergewe wil word maar is self nie bereid om te vergewe nie.

Johannes ·

Eers as hul pakslae by die stembus kry is hulle jammer. Hulle is jammer omdat hulle gestraf word. Hulle is nie jammer oor hoe hulle die voorval hanteer het nie. Hulle het in ‘n jaar nie hul eie ondersoek afgehandel nie. DA julle maak seker net ‘n grappie? Julle kan vergewe word maar weer vir jul sten, nee dankie.

Andre ·

Die DA se hele veldtog is gebasseer op die regerende party se foute uit te wys. Pretoria is n goeie bewys dat hul nie in staat is om n munisipaliteit te beheer nie..

Sarrie ·

Ht julle v een keer gedink watse skade ht julle aan di vrou gedoen Neeeee!!!!! Wonder of sy ooit dt sal vergeet wat nog te se vergewe. Julle spring mos almal op di bandwagon en ondersoek ni n saak eers ni Voor julle julle se, se ni Inpulsief en nou moet ons julle vergewe na maande

Spartugus ·

Yip. Bome op sypaadjies se takke hang op die grond, is vuil, gras is lank, en so kan ons ‘n lys opstel, vandat hul in PTA in beheer is. ANC het ten minste in stand gehou.

bokke ·

Die VF+ is mos in koalisieregering in Pretoria. Hoekom doen hulle nie hul werk nie?

Bizza ·

Gelukkig het hierdie voorval ‘n klomp mense se oë oopgemaak. Hulle het toe hierdie klomp liberale gesien vir wat hulle is.

Ben ·

Wat van die buitelandse tak van die DA wat plaasmoorde ontken?

Ralph ·

Nee wat DA. Julle het julle ware kleure gewys. Die beste wat julle kan doen is om die VF te smeek vir koalisie in gebiede waar dit albei partye sal baat.

Anna ·

En dit neem julle 10 Maande, om verskoning te vra??? rerig???

Erika ·

Dankie vir die verskoning, ons aanvaar almal maak foute! Net jammer dat julle vir altyd my stem verloor het…

Janneman ·

Skade reeds gedoen! Niks kan vergoed vir die trauma wat daai juffrou moes beleef nie. Jammer maar DA het my stem ook verloor en ek woon nie eens in Noordwes nie!!

Thinus ·

REGTIG!!! Julle het julle bed gemaak so slaap daarin. Ek sal nooit in my lewe die DA ondersteun nie, dis die grootste twee-gat-jakals party wat in my oppinie niks beter as die ANC en EFF is nie. In Suid-Afrika is daar nie een politieke party wat regtig omsien na die mense se belange nie, hulle probeer net goed klink op alle forme van media om hulle sakke volg geld te prop en hul 15 minute van roem te werf! Suid Afrikaners moet ophou om hul leuns te glo en ophou om hul koppe teen die selfde muur oor en oor te stamp, hulle sal weer in die toekoms die perdekar voor die perd inspan as gevolg van plein arrogansie.

Louis leeu ·

Te laat ,julle het klaar die stemme verloor en gaan dit nie weer terug kry nie

Lizelda ·

Ja nee se ek ook. Eers wou hulle nie ons wit stemme he nie en toe hulle bloedneus kry id verkiesing… nou is dt weer goed genoeg.

ryan ·

Wow.. Ek begin weer van die DA hou.. My vorige stem was dan nie so ‘n verkeerde stem nie!

Klasvakie ·

Dink weer,,,, die aliansie het die status van alliansie bereik en oortuigings binne party lê vir my finaal te wyd uiteenlopend.
Geen punte verdien op hierdie her-eksamen.

JohanL ·

Amper aanvaarbaar. Die jeugleier Luyolo Mphithi moet egter self ook om verskoning vra. Ons wag.

Daan Erasmus ·

Die DA jeugleier moet die eerbare ding doen en bedank. Dan praat ons weer. Die DA se beleid is reg. My stem is beskikbaar.

Louis leeu ·

Hy moet in die publiek en persoonlik gaan om verskoning vra

susan ·

Skielik nou so jammer oor hulle foute. Is julle ooit die naweek by die huis om die DA werk te doen of dalk op eksotiese wegbreek naweek???

Siener ·

Luyolo Mphithi moet self namens die DA in die openbaar omverskoning vra en sy bedanking indien. Ek kan nie glo dat hy nog op die DA se payroll is nie. Selgs dan sal die publiek sien die DA is ernstig oor die verskoning.

HOBBO ·

Nee wat. Die DA is meer gepla oor stemme as om die regte ding te doen? Wonder net wat sou die retoriek gewees het as hulle nie hierdie setels verloor het nie. Sou hulle nog om verskoning gevra het???

Johan Smit ·

Nee wat, toe niemand van my plaaslike DA mense hier te Secunda in Mpumalanga, op Provinsiale vlak of op Nasionale vlak my vrae oor hierdie en die rugby sage toe Naas hulle sleg gesê was, wou antwoord nie, het ek die DA afgeskryf. Vervang julle nou al hierdie lede ook?

Sputnik ·

……en ek sekondeer heelhartig wat hierbo gesê word! Te laat vir trane. Kry vir julle!

Marius ·

Witvoetjie soek het nogal n redelike dubbele betekenis in hierdie verband!

Judge Dredd ·

…..en het julle al die Juffrou persoonlik op nasionale TV verskoning gevra? ………

Donovan Briedenhann ·

Alles goed en wel die DA se nou jammer. Jammer maak nie daai saak net reg nie en ek voel hulle skuld daai arme juffrou ‘n geldlikke verskoning. betaal haar vir die skade wat julle aangerug het.

Dis as gevolg van die hele storie dat ek my steun deur die jaar se verkiessing onttrek het van die DA. Ek hoop hulle leer uit hulle foute, maar ek glo nie ek sal gou weer trug wees nie.

Boxer ·

Moet nie daai brief “delete”nie julle gaan hom in ander provinsies nog baie nodig kry. Kry vir julle.

Ronel ·

Hulle voel ‘n veer en hulle verskoning beteken niks, dis net ‘n politieke skuif, hulle soek stemme, (om met EFF te deel ook), en die ondersoek vat ‘n jaar? Neewat, ek aanvaar nie julle kamtige vals verskoning nie.

SAMPIE ·

Die DA vra om verskoning maar hulle eie ondersoek is nog nie afgehandel nie. Dit rym nie. Op grond waarvan vra hulle om verskoning as hulle self nog nie finaliteit bereik het nie. Klink meer soos ‘n ANC benadering. Geen gevolge vir die oortreder nie.

Pieter ·

Ek het klaar geleer met die DA hulle het daai juffrou se lewe hel gemaak en dit vir politiek ek sal skaam kry

Dell ·

Hulle ondersoek nog sy uitlating…na amper ‘n jaar? Ag nee regtig! Dink dit het tyd geword dat politieke partye eers AL hulle beloftes nakom, voordat hulle begin staat maak op stemme. Beloftes wat vir jare in die lug hang is lankal nie meer goed genoeg nie. Voed die honger, herstel die land, dan kan ons met hoop lewe in die mooi land van ons.

Selfbeskikking ·

VF+ is die grootste sondaar wanneer dit kom by nie verkiesingsbeloftes nakom nie

Phillie ·

@selfbeskking
Duidelik verstaan u nie politiek of realiteit nie
Daardie beloftes is gemaak indien jy en die meerderheid mense hulle die stem mag om verandering teweeg te bring gegee het. Vertel my hoe verwag jy dat hulle iets kan vermag sonder verteenwoordigende sê in Parliament

Selfbeskikking ·

Dan gaan hulle wag tot die hoenders tande kry. Nee wat, selfbeskikking is ‘n foefie wat die VF+ voorhou aan hul kiesers. Kan maar net so wel die gedagte uit hul sisteem kry.

Kallie ·

Die VF Plus is nie die oplossing vir selfbeskikking nie. Die lewe is veels te lekker in die Kaap. Met 80 LPs sal dit net lekkerder gaan.

Selfbeskikking ·

As hulle ernstig is oor selfbeskikking sal hulle baie meer voorbrand daarvoor maak. Daar is nog met niemand hieroor debat gevoer nie, die idee is nog nie eers in die parlement geopper nie (al is dit ook net om die water te toets). Die betrokke gedeeltes in die Grondwet moes al LANKAL uitgelig en vir algemene debat voorgelê word. As jy regtig in iets glo, sal jy iets daadwerkliks doen. Kyk nou net vir die EFF hoe hulle die grondkwessie gedryf het.

Dolf ·

Afrikaners is oor die algemeen te gemaksugtig en lui om aktief te werk vir selfbeskikking. Daar is geen plan van aksie nie, net die gepraat oor selfbestuur wat die gemaklike lewe wil voortsit. Met EFF taktiek was selfbeskikking al ‘n realiteit. Tik…tak…tik…tak, die uurglas loop uit.

JV ·

Kyk, dis mos nou maar so…mens kan mos deesdae sê wat jy wil. Soos die DA destyds gesê het wat hulle wou. Wat egter onthou moet word is dat wat jy ook al sê, gaan sy gevolge hê! En die gevolg van DA se baie opportunistiese opmerking was dat hulle stemme verloor het. Daai stemme het ‘n nuwe tuiste gekry en hulle sal nie weer teruggaan nie. Tensy die Vryheids Front ook iets sê sonder om te dink – soos die DA daaityd – maar dis nou nie juis iets waarvoor die VFP bekend staan nie.

Jaco ·

Ek het toe nooit verkeerd gestem nie… Little too late DA, jakkals verander van kleur maar nooit van streke nie.

Theoman ·

Die DA sal en het nog nooit my stem gekry nie
Dis n absoluute vermeetilheid om na soveel skade wat julle aangerig het aan die Onderwyseres en haar familie en alle ander Afrikaners nou te kom witfoetjie ( seker die juffrou sin) soek, nee wat julle steenhuis is van kly gebou. Totsiens en goodby ons stem VF PLUS die groen golf aan die kom.

Jakalas ·

Vat hulle amper ‘n jaar om skuld te herken. Gedog dit sou nooit gebeur nie.

Boerseun ·

Waar is daai Celliers agent met sy “nie innerlik oortuig” nonsense.

Vuurslag ·

Vra hulle so laat eers om verskoning? Dis te strategies na aan die tussenverkiesing wat op 15 Januarie 2020 in Schweizer gehou word.

Susan vl ·

Hm..nuwe persoon in stoel met beter oë…dankie vir die verskoning.. Dit wil gedoen wees.

DMC de Koker ·

Nie asof mense wat werklik konserwatiewe en Christelike waardes aanhang ooit regtig vir ou Steenhuisen of die DA algeheel kan vertrou nie.

ekke ·

DA dink ons is net so stupid soos die nuwe stemme wat hulle probeer werf. Nee wat, na al die jare sal ek maar VF+ moet stem want die DA is nie meer my party wat my belange op die hart dra nie.
Julle skuld almal ‘n verskoning, nie net die onderwyseres en die dorp nie.

TRP ·

Genade kan dit amper ‘n jaar vat om ondersoek in te stel oor iemand se uitlatings? Too late for tears!!!

KrokodilBotha ·

So waar was julle een Suid Afrika vir almal bog. VF+ dankie.

Tommie ·

Te laat. Het oorbeweeg na VF Plus. Ek is nie van plan om terug DA toe te gaan nie.

Amanda ·

Kry vir julle DA kry nooit ooit weer my stem nie. Volgens julle het ons nie verskil gemaak ons stem vir Taal en kultuur VF + bo

marous ·

Die mense sien julle harte en dit is ‘n kleur wat glad nie in die reenboog is nie .

Koos de Meyer ·

Da julle moes gedink het voor julle soveel skade aan gerig het. Te laat vir trane. Die jeugleier wat so voor op die wa was vat hom maar aan.

Cherokee ·

So duidelik is hierdie ‘verskoning’ nie omdat hulle jammer is dat hulle Elana Barkhuizen vals beskuldig het nie, hulle is slegs jammer oor die stemme wat hulle afgestaan het. En luister na wat hy sê, byna ‘n jaar later, dan is dit tog duidelik. Al wat hulle doen is om te erken dat hulle verkeerd was, en dan word voor gegee dat dìt hul enigste fout is. As hulle nie stemme verloor het nie, sou hulle nie jammer gewees het daaroor nie. En hier is jou werklikwaar liberale kommentators wat nie eens dìt raaklees nie.

Kato ·

Liewe vader, en nou weet die DA tot van Kaptein Schweizer en Veldkornet Renecke. Wil jy nou meer. Nee wat, sorg julle liewer dat Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein se universiteite weer Afrikaans ook gebruik as onderrigtaal. Miskien dan!! Kan mens julle weer geloofwaardig vind.

Kallie ·

Die DA kan nie vir universiteite voorskryf watter taal om te gebruik nie. Die universiteite besluit self.

Gaitsigubib ·

Ja Kallie hulle besluit, hang net af wie druk op hulle plaas ne?

Kallie ·

Vorige besluitnemers het hulself vervang met nuwe mense wat nou besluite neem. Daar is nou niemand om teë te praat en terug te slaan nie.

Andre ·

Hoe min ek ookal van die DA hou, Joe McGluwa het darem die ordentlikheid om verskoning te vra al is dit heeltemal te laat. Indien daar (eendag) daadwerklike optrede teen Mphiti is, kan die DA se motief met die verskoning beoordeel word hoewel dit geensins my stem (en skynbaar baie ander sin ook) vir hulle gaan trek nie. Ek vertrou die DA gladnie. Hoe kan die ondersoek so lank neem? ‘n Valse uitlating is gemaak teen die onderwyseres en daar kom niks van die sg. ondersoek tot op hede nie? Wat moet kwansuis ondersoek word? Handel die ondersoek af, neem die nodige stappe, kompenseer die juffrou vir die skade wat julle haar aangedoen het en moontlik sal julle dan ‘n paar stemme terugwen. Steeds sal ek nie DA stem nie.

Cherokee ·

McGlugwa die ordentlikheid om verskoning te vra?! Klink dìt vir jou na ‘n verskoning wanneer hy bedel om verlore stemme te herwin? Hoèveel presiès lees jy in sy storie as verskoning en hoeveel as bedel vir stemme? Indien hy so jammer is, waarom het hy nie vroeër opgetree nie? WAAROM byna een jaar later? Sien jy werklik nie deur sy skrywe nie? Wanneer kommentare gelees word, soek mens vrugteloos na verskonings vir DA-kiesers, maar vind wel in jouself bejammering vir hulle.

stafford ·

Wonder net
Die koeël is deur die kerk
HOe meer haas hoe minder spoed
Spyt kom altyd te laat
n Vinnige hond verbrand sy mond
Spyt kom altyd te laat

Sonja ·

Hulle noem niks van die Waterfront geval met van damme nie. Gedink ons het vergeet?

Phillie ·

Daan,
As DA ontslae raak van Lyololo die skuldige jeugleier sal ek hulle verskoning aanvaar.
Maar stem vir hulle aikona!

ZeldA ·

Het die DA ondersteuners al ooit die moeite gedoen om die beleid te gaan lees en te kyk presies waarvoor hul stem? Nee dankie DA…. Sal nooit vir jul stem nie

Cherokee ·

Zelda..!!(?) Wat ‘n lekker lees kommentaar! Soort van mens wat ek in my vriendekring sal verwelkom. In teenstelling met die mense wie se bure vir hulle vertel vir wie om te stem.

Jack Klok ·

Klink vir my te veel na krokodiltrane. Ek wens dit was buite die politieke sfeer so maklik soos wat dit daar binne vir my lyk. Mors maar ‘n paar miljoen, volg ‘n beleid wat die ekonomie verwoes of neem besluite wat land sekuriteit in gevaar stel EN as jy uitgevang word sê jy net “Eish, ons is jammer, ons wil graag beter doen, gee ons net nog ‘n kans”. Mense moet weet dat as hulle op groot skaal droog maak moet hulle verwag om op groot skaal gestraf te word. My ervaring van die DA is dat hulle aand en more praatjies nie ooreenkom nie, hulle is nie te vertrou nie.

kobie ·

Ek sal weer vir die da/anc lite stem oor 200 jaar as ek nog leef,nie voor die tyd nie.

Hans ·

Glo nie n enkele woord wat DA sě nie-hoekom is daar nog nie opgetree teen me van damme wie n wit seun aangerand het-sy sit nog ewe lekker in parlement.

Selfbeskikking ·

Julle blameer ‘n hele party vir die misstap van een jeugleiertjie terwyl julle die VF+ se verbreking van sy selfbeskikking-verkiesingsbeloftes (een van sy hoofdoelstellings) net gelate aanvaar, al vir 25 jaar.

Cherokee ·

Lees die kommentaar net bo die van jou (Hans). Een misstap? Is jy verspot? Die DA is ‘n misstap! Maar daarbenewens stem jy steeds lekker vir regstellende aksie en grondhervorming. Jul probleem is oppervlakkig kyk en geen diepte sig.

Selfbeskikking ·

DA = Glo aan ‘n verenigde reenboognasie. Erken die foute van Apartheid en dat dit reggestel word met voorbehoude.
VF+ = Verkies afsonderlike ontwilkkeling en sal wil afstig van ‘n verenigde nasie indien moontlik. Glo nie daar was fout met Apartheid nie so daar is niks om reg te stel nie.
Dis ideologiese verskille. Besluit aan watter kant jy staan.

Cherokee ·

Die tema in hierdie gesprek is DA-beleid en die praktiese manier waarop hulle dit uitvoer. Die gesprek gaan nie oor vergelyking tussen VF en DA nie, so probeer by die tema hou. Maar, om op te volg op jou vraag aan watter kant ek staan, na die HNP opgehou het om aktief aan politiek deel te neem, is die VF die eerste party wat my taal praat.
Jy inteendeel, is bereid om met diegene wat moordadige aanvalle op boergesinne uitvoer, te verenig. Jy beskou jouself as deel van wat (dink dit was Tutu) ‘n reënboognasie genoem word. Jy wil saamsmelt met hulle wat, in hul haat vir al wat Afrikaans is, die land tot bankrotskap gedryf het. Jy en die res van die DA het net so groot aandeel in die bankrotskap van Eskom, weens jul regstellende aksie beleid, as die ANC.
Ek het dit duidelik gemaak aan watter kant ek staan. Daar is ‘n heining tussen jou en my.

Selfbeskikking ·

Liewers ‘n ondeurdringbare muur. Ek wil nie naby jou kom nie. Oud-HNP, ja nee wat dit sê alles.

Kerneels ·

Yaggie, HNP? Met hulle aan bewind sou ons nou nog in die donkereeue geleef het.

Toubs ·

Daars n engelse se spreekwoord: “once bitten, twice shy” ek is bly ek het nie met die laaste verkiesing nie vir hul gestem nie. VF+ mag jul van krag tot krag gaan.

Cherokee ·

En trots verklaar ek dat ek nooit ink vermors het met ‘n stem vir die DA nie.

Nick vd Westhuizen ·

Die probleem het met Helen Ziller se kolonialliste debakel en toe weer die Kaapse Burgermeester begun. Ek het persoonlik vir Jou Mecgluwa gewaar sku. Ek persoonlik dink van die DA se leiers se koppe het te groot geword en al die probleme is as gevolg daar van, dit is jammer maar as jy nie wil leer nie moet jy voel. ???? en jy gaan dit nie so maklik kan reg stel nie en sal behoorlik moet restetusie hou.

Alida ·

Sommige lesers is kinderagtig. Stem vir wie julle wil maar verduur intussen die ongerief van vullis en slaggate en geen dienslewering.

Cherokee ·

Alida, ek het so tussen die afgelope weke (miskien maande) se kommentare afgelei dat jy ‘n kollega geword het.

Attie ·

Gee pad DA!! Jul is n klomp opportuniste wat slegs stemme probeer melk.

AB ·

Die DA spartel nou soos ‘n rot in ‘n emmer water! Daar is geen uitkoms nie en die uiteinde is die dood!

Vince ·

Al waaroor hul werklik jammer is, is die feit dat n paar beroepspolitici hul vet salarisse gaan verloor.

Sonja ·

Moenie die Van Damme insident vergeet nie. DA kan oor begin, ons gaan nie saam nie

Frik Lotz ·

Daar kom mos weer n herverkiesing in Schweizer Reneke en nou soek die DA stemme. Nee wat DA, niemand glo julle meer nie!

Hb ·

Ja hulle “suck”. Dis jammer. Ekt hulle op n stadium vertrou. Lankal ni meer nie

Peet ·

Too little too late!
Die elle lange amper verskonings brief wat ‘n vorige “leier” geskryf het is ongedaan gemaak deur ondeurdagte promosie binne die party.
Cheers DA.

Cherokee ·

En, probeer die DA die skuld op slegs een van hul volgelinge laai.

De Villiers ·

Hierdie stap van die DA is ń duidelike bewys dat hulle net besorg is oor die stemme wat hulle verloor het in Schweizer-Reneke, en nie regtig oor die skandalige fout wat hulle daar gemaak het nie. Die DA se hantering van die Ashwin Willemse-sage toe hy vir Naas Botha en Nick Mallett verkleineer en toe van SuperSport se ateljee tydens ń regstreekse uitsending afgestap het, het reeds op 18 Mei 2018 plaasgevind, maar daaroor het die DA nog nie om verskoning gevra, en ook nie Mmusi se rassistiese uitlating daarna ondersoek en aangespreek nie, lank nog voordat hy bedank het uit die DA. Naas en Nick was toe onskuldig bevind. Julle vra ten minste verskoning vir Elana Barkhuizen, maar ek weet nie of julle dit bedoel nie. Jul tydsberekening is te verdag.
Die DA se hantering oor Helen Zille se uitlatings oor kolonialisme was net so uiters betreurenswaardig. Sy was 100% korrek in haar uitlatings, maar die DA se hantering daarvan wys ook dat hulle nie insig het oor die ware feite van die verlede nie deur nie erkenning te gee aan dit wat reg gedoen is in die verlede nie.

Jan Alleman ·

de Villiers, mooi opgesom! DA se rassistiese populistiese kleure het reeds met die aanval op Zille getoon.

Neilia ·

Ek het nooit in 15 Jaar gestem Nie en die Kat eers goed uit die boom gekyk. Dankie tog Ek het my duimpie gevlek vir VF+ . Mense in die DA kraal is soos skape

Mark ·

We must forgive and put this behind us and move on…. to the FF+
This is a learning opportunity.

Chris ·

Die DA kan nie eers straat ligte herstel wat amper n jaar af is nie, hoe kan n mens hulle glo oor n afgewaterde verskoning.

Petrus ·

Kom aan mense, die DA verdien ‘n tweede kans. Afrikaners kan mos vergewe en die verlede vergeet.

DMC de Koker ·

Punt 1- mens moet die gevolge dra van jou dom keuses en-
Punt 2- Hulle hang nogsteeds ‘n ideologie aan wat die Afrikaner wil vernietig.
So nee dankie.

Kerneels ·

Gelukkig sal die VF Plus nooit interne strywelinge hê nie. Hulle is ‘n familie besigheid.

KrokodilBotha ·

Nou weet die DA wat om met hule flou verskoning te doen. Ek wag inspanning vir die volgende ene. Ek is so ANTI DA ek maak liewers my broek vas met n mamba voor ek na hulle liberale dribbel luister.

Realis ·

“Sorry!” maak niks reg nie. Het nog nooit, sal ook nooit.

Alfred ·

Ongelukkig sal DA steeds Afrikaner-volstruise se stemme trek….die banges en linkses. Solank hul bankrekening veilig is, dan voel hul vere vir die aftakeling van hul taal, kultuur en waardes wat hul ouers hul probeer leer het.

Kerneels ·

As ‘n goeie Christen draai ek altyd die ander wang. Julle DA haters moet dieselfde doen.

HPV ·

Kom kyk hoe lyk Bankrot Mangaung onder ANC en DA leiding, dan verstaan mens dat die land so lyk.

Henk ·

So lank as wat Luyolo Mphithi die DP as parlementslid verteenwoordig, is hierdie verskoning te min, te laat.

Nelis ·

DA is erger as die EFF. SKAAP IN WOLFS KLERE!!! Mense maak oop julle oë!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.