DA sê minister steek feite oor ‘WVF-ramp’ weg  

Mense staan tou om WVF-uitbetalings te ontvang by die departement van arbeid se kantore in Bellville. (Foto: Brendan Magaar/African News Agency/ANA)

Die DA waarsku dat die Werkloosheidsversekeringsfonds op die rand van algehele ineenstorting is.

Dié waarskuwing hou verband met die korrekte uitbetaling van geldhulp aan diegene wat ʼn salaris en/of hul werk verloor het weens die grendelstaat. Volgens die DA word daar gelieg oor wanneer die rekenaarstelsel waarop mense aansoek moet doen vir hierdie geldelike steun eendag gaan werk.

Die DA meen die WVF is duidelik nie daartoe in staat om hierdie stelsel, waarvan baie Suid-Afrikaners in hierdie dae letterlik afhanklik is vir oorlewing, effektief te bestuur nie. Die party stel voor dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die administrasie dadelik as ʼn oorgangsmaatreël oorneem.

Die DA se twee parlementslede verantwoordelik vir arbeidskwessies, dr. Michael Cardo en Michael Bagraim, het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie onderneem om geen politieke voordeel te probeer trek nie en nie die regering, die ANC of die minister op enige manier te kritiseer of aan te kla oor enigiets wat tot dusver met die WVF in die grendeltyd verkeerd geloop het nie. Dit is solank hulle net volkome eerlik sal wees met die publiek (sonder verswygings) en sal ophou om deur die leuenagtige skep van totaal onrealistiese verwagtinge oor uitbetalings die publiek vals hoop te gee.

Eweso vra die DA dat minister Thulas Nxesi, sy departement en die WVF onmiddellik die mees korrekte, realistiese en volledige inligting verskaf aan die publiek rakende huidige en vorige gebeure, foute, en regstellings in die WFV van die begin van die grendelstaat tot op hede.

Laastens het die twee DA-LP’s die minister en die WVF versoek om dadelik die huidige suksesse, mislukkings, onbekwaamhede, ware feite en toestand van die WVF, sowel as die toekomsverwagting wat die suksesvolle, wettige en nie-korrupte funksionering van WVF-uitbetalings betref, met die publiek te deel.

“Dit gaan daaroor dat letterlik miljoene mense wat hul werk verloor het, tans werklik in ʼn posisie is dat die WVF-betalings die enigste geld is wat hulle kan inkry. Die WVF-geld is vir miljoene van ons mense wat gewoonlik net-net kop bo water hou, die enigste kans om te keer dat hulle, en miskien nog erger, hul kinders, nie letterlik sterf van honger nie,” het Cardo bygevoeg.

Thulas Nxesi. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die WVF het nou al herhaaldelik amptelik aangedui dat die aanlynstelsel, wat al manier is waarop die publiek suksesvol vir die tersaaklike geld kan aansoek doen, getoets is en dat dit werk.

“Die twee mees onlangse datums sou eers (beslis) die afgelope Vrydag wees. Miljoene desperate mense het hoop geskep, maar letterlik niks het gebeur nie – nie eens ʼn verduideliking wat fout is nie. Toe word belowe die aanlyn-aansoekproses sou beslis teen die naweek werk, en toe word belowe Maandag. Elke dag gebeur niks sonder enige aanduiding van die kundigheid om die probleem op te los nie,” het Cardo gesê.

Die DA voer aan dat die WVF nou nog nie al die uitbetalings vir Maart gedoen het nie en dat April se uitbetalings glad nie volledig of korrek gedoen is nie. Weens probleme met die stelsel het die aansoeke vir Mei se uitbetalings nog nie eens geopen nie.

Bagraim het in ʼn stadium byna begin huil en moes ʼn ruk stil raak om die trane te sluk. “Ek dink nie mense begryp die erns van hierdie saak nie. Ek kry elke dag letterlik honderde oproepe van goeie, hardwerkende Suid-Afrikaners wat getrou gewerk en na die beste van hul vermoë probeer spaar en voorbeeldig geleef het.

“Hulle het armes gehelp, geskenk aan liefdadigheid en mense met huiswerkers of tuiniers betaal hulle steeds in hierdie dae, al hoef hulle nie. Daardie mense het nou niks geld nie. Hulle het dikwels nie geld vir kos nie. Hulle huil. Hulle is desperaat.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sarel ·

Voor beloftescgemask was moes hulle gekyk het na Personeel en stelsels. Alles word oorlaai en die Minister is weg!

Burgermeester ·

Die ANC, soos vele ander politieke partye, het geen morele waardes nie. Dit het tot gevolg dat alles wat hulle kwyt raak, met ‘n knippie sout geneem moet word. Ek wonder gereeld of die ANC vanselfsprekend aanvaar dat alle burgers te kort skiet aan kritiese denke?
Die bewering dat die WVF op algehele ineenstorting staan, verbaas my nou glad nie. Ek wil enige iemand uitnooi om vir my iets te noem wat die ANC in 26 jaar al suksesvol bestuur het.

Erica ·

Ons sukkel al van April maand vir geld. Jy moet raai of iets verkeerd is. Dan moet jy dit in stuur en dan is die bankode verkeerd want hulle soek die bank kode dan moet jy van voor begin en so gaan ons aan elke keer moet jy 10 dae wag om te hoor wat is nou weer fout. Dit vat hulle nou van April maand om ons werkers te clarify. En so wag ons werkers vir n bietjie geld.

Kobus ·

Ek dink die DA moet die WVF voor die hof daag oor die stelsel wat besig is om in duie te stort. Die ANC het die hele land afgebreek met die instelling van die grendeltydperk en nou is hulle nie in staat eers om die WVF stelsel in plek te kry nie. Maar nou ja “the people” wou mos gestem het vir ‘n onbevoegde regering, maar nou moet almal daaronder lei. Ek het nie eens gestem nie!

Vettiemaragartos ·

As jy nie gestem het nie kan jy nie ‘n opinie lewer nie.

Jaco ·

Vettie, hoekom mag hy nie n opinie lewer nie? 1 Miljoen plus afrikaners stem nie meer nie omdat hul belieg was deur deestydse politieke party met FW aan die stuur. Sy belofte aan die volk was dat hy nooit met die ANC sal onderhandel nie, en toe FW wen, toe is dit n ander storie…en word almal verder belieg met n referendum waarop die tweede een nooit plaasgevind het nie. My punt is, ek vertrou GEEN politieke party nie, ek vertrou geen politikus nie, want almal gaan teen hul mooi praatjies sodra daar gewen word, dus is dít waarvoor almal staan maar net n “smoke screen”. So vir wie moet ons dan weer stem net om weer bevark te word? En PS. Ek is deel van die Afrikaner groep wat NOOIT weer sal stem nie. Ek laat my nié weer belieg nie.

Henk ·

Ek het nee gestem in 92 se referendum , 94 was dit die laaste keer wat ek gestem het .

Leon ·

Die ANC en sy departemente mag nie erken hulle is verkeerd of het ‘n fout gemaak nie. Hulle mag nie eier op hulle gesig kry nie. Dit sal hulle soos paloekas laat lyk by hulle pêlle in die Afrika Unie. Dit is vir die ANC van uiters belang laat hulle lyk soos briljante regeerders by die AU.

Fufu ·

Dit is wat gebeur wanneer Klaas baas word. Piesang republiek. Laat ons nou maar eerlik wees: SA word regeer deur “Kombuis ingeneurs” met kop doeke.

Johanné ·

Het ek verkeerd gelees of is die minister soek? Buiteland toe met die fonds se geld?

Oujongvrou ·

Kry ek ook n knop in my keel toe ek lees van die stomme DA man wat trane moet sluk. Weet ek nie hoe absoluut hande afgekap moedeloos hy moet voel nie. Snik,!!!

wessel ·

nee man, dis nie ‘n swembad nie, dis ‘n “firepool”…..tsk

Johan ·

Verkoue of hongersnood…lyk my SA kies vir die 2de opsie…en dan gaan hul nog die ander een ook kry, want dit is maar n wilde verkoue….mense kry dit maar elke jaar.

Elize ·

Die gewone Uif betalings word ook nie gedoen nie. Dis nie net die covid betalings nie.

Alida ·

Die gewone uitbetalings is blykbaar eergister gedoen na ek verneem het. Dit vat 48 uur om te wys in jou rekening. Hoop ek is reg.

Jack ·

Bring asb die bevoegde mense terug wat julle uitgewerk het. Julle het nog nooit die vermoee gehad om die departement te maak werk nie. Ek sluit die paar uit wat probeer om die skip vlot te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.