DA se nasionale woordvoerder bedank onverwags

Phumzile van Damme (Foto: Twitter)

Phumzile van Damme, nasionale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag onverwags haar bedanking aangekondig.

Die uitgesproke Van Damme het in ʼn reeks plasings op haar amptelike Twitter-rekening bewerings, dat sy bedank as gevolg van ʼn verdeling in die DA, verwerp. Sy is pasgetroud en het gesê sy wil op haar gesin fokus en verder studeer.

“Dis waar, ek het as die DA se nasionale woordvoerder bedank. Ek bly ʼn lid van die party, ʼn LP en die skaduminister van kommunikasie. Ek is lief vir die DA en is toegewyd om ʼn beter toekoms vir Suid-Afrika te bou saam met die party vir wie ek lief is,” het Van Damme geskryf.

“Daar sal ongetwyfeld baie spekulasie wees. Ek wil baie graag uitgesluit word van enige gerugte wat my as ʼn arme vrou uitbeeld wat deur mans geboelie is, soos wat gereeld gebeur met vroue in die DA. Dis nie wie ek is nie, en dis nie wat gebeur het nie.

“Ek wil op ander dinge fokus. Ek is pasgetroud en wil met ʼn gesin begin (nee, ek is nie swanger nie). Ek het ingeskryf vir ʼn deeltydse afstandonderrig meesters[graad]. Ek wil meer balans in my lewe hê, en op myself en om die land te herstel, fokus.”

Die DA het nog nie kommentaar gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Daan ·

Gelukkig stem ek VF+ geen verdeeldheid of besluitloosheid daar nie.

lolla ·

Se ek ook Daan, VF Plus boellie ook nie, dis nie hulle styl nie. Sy’t bedank want sy het besef watse verraaiers, hakskeenbyters DA regtig is, sy kan dit net nie vir die media se nie. Sy se self…. Sy soek meer balans in haar lewe. Wil op ander dinge fokus, soos om land te herstel…. Hoef mos nou niks verder te wonder nie! Siestog vir DA man.

Vonnie Cronje ·

I wish you well…….thank you for your valuable contributions and hope to see you back in the the future.

Alida ·

Sy het duidelik gesê sy wil meer tyd met haar gesin deurbring. Gun haar dit asb.

L ·

Word wakker en lees weer… Jy is altyd baie gou om ander mense hier te byt, adjust jou attitude en maak seker van jou feite. Syt ook gese sy wil fokus om land te herstel, duidelik nie saam met DA nie.

Sarie ·

Sal seker nou saam met DeLille by Ramaphosa se ANC aansluit.

E.K. die eerste ·

Dis jou goeie reg om te fokus op dinge wat vir JOU saakmaak. Sterkte met jou studies en vir jou toekoms. Snoefie en vanwaar nou weer die ongevraagde en onnodige aanmerking?

LV ·

Ek het baie respek vir haar,nie n bang haar op haar kop nie.Ek raak regtig bekommerd oor die dames wat so skuif in die DA,word hulle nie spesifiek geteiken om dit n manswereld te behou nie?

Verandering ·

Ek is bang sy word in die nuwe ANC span ingesluit. Ek wens haar ook sterkte toe, maar sal jammer wees as die DA haar verloor en sy by die ANC aansluit.

Osie ·

ja “Snoefie”…met so naam kan mens so opmerking verwag?
Dit is dus verkeerd as sy ‘n gesin wil begin, meer tyd met haar familie wil spandeer en verder studeer?
Dis mense soos jy wat ons almal ‘n slegte naam gee.

DS ·

Stem 100 % saam Osie wonder of Snoefie ooit die hele berig gelees het of net die opskrif. Aan Phumzile geniet jou “me time”.

Anel ·

Another women resigning from the DA, what is MM doing to this party??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.