DA sê NMB-metro is ‘koalisie van korrupsie’

Athol Trollip. Foto: Raahil Sain/ANA

Die DA in Nelson Mandelabaai het versoek dat die metro, wat deur ʼn koalisieregering bestuur word, onder administrasie geplaas word.

Athol Trollip, die DA se federale voorsitter en voormalige burgemeester van die metro, het Woensdagmiddag tydens ʼn mediakonferensie gesê die metro word deur ʼn “koalisie van korrupsie” regeer.

Volgens Trollip is daar ʼn sistematiese ineenstorting van die metro en het sy party dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, versoek om die metro onder administrasie te plaas.

Trollip het ook nog strafregtelike aanklagte teen Mongameli Bobani, burgemeester, en Peter Neilson, waarnemende stadsbestuurder, aanhangig gemaak.

Neilson is die vierde waarnemende bestuurder in die metro sedert September verlede jaar en volgens die DA was sy aanstelling onregmatig aangesien hy glo nie die nodige kwalifikasies of vaardighede het nie.

Volgens die DA het Neilson versuim om raadslede korrek te adviseer oor hul besluit om die mandaat van die regsfirma Gray Moodliar Inc. te beëindig.

Talle sake wat deur die firma hanteer is, behels die instelling van eise teen metro-amptenare en diensverskaffers wat verbind word met die metro se geïntegreerde openbare vervoerstelsel (IPTS).

Trollip het gesê die besluit om die firma se mandaat te beëindig, is geneem op ʼn wyse wat nie deur die administrasie in werking gestel kon word nie.

“Bobani het die nodige veranderinge aan die notule van die raad op 9 April aangebring sodat die mandaat van die genoemde firma beëindig kon word.”

Volgens die DA het Neilson ook nie die raad gewaarsku dat verkwistende uitgawes van miljoene rande aangegaan sal word met die beëindiging van die firma se mandaat nie.

Trollip het gesê daar is ook ʼn botsing van belange aangesien Bobani glo betrokke was by beweerde bedrog en korrupsie binne die IPTS-projek.

Volgens die DA was Bobani se doel om die prokureursfirma van sy spoor af te kry terwyl hy Neilson beïnvloed het om die firma se mandaat “onwettig” te beëindig.

Die DA het ook sy kommer gelug oor die metro se geldsake.

“Kapitaalbesteding vir die finansiële jaar was op 9 April 2019 net 33,42% met slegs twee maande voor die einde van die finansiële jaar.”

Bobani was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre Coetzee ·

So gaan dit.Niks nuut nie.Onbevoeg en daar net vir die geld en sakke vol maak.Niks verder maak saak vir die klomp nie.Die nodige kennis om te bestuur ontbreek maar maak dit enigsins meer saak in SA ? Maar net nog geval van maak sakke vol en laat spaander as alles omval.

willem Botha ·

Hierdie gaan seker die verkiesing wees wat die lot van hierdie land vorentoe bepaal as die anc wen dan is dit die mense se wil en moet hulle kry waarvoor hulle gestem het,sou die DA met koalisi vernote wen moet die VF+ groot genoeg in die koalisie wees om sleutel posisies oor te neem soos landbou,polisie,medies dan behoort dinge beter te gaan.

John ·

Ooh, maar die mense hoop en droom… seker die nat weer orals. Trollip wil regeer en die ander partye ook. Die VF+ sy kettie of sy sweet of sy wat ookal droom ook.

jaco ·

As die DA ook net gehou het by HULLE commitment aan korrupsie en ‘n swart burgermeester vir NMB aangestel het, was hulle NOU nog in beheer daar. Ek weier om te glo dat NET ‘n wit man in die DA die enigste bekwame kandidaat vir die pos was.

Jerry ·

Koalisie van korrupsie is bloot net nog n revolusionere sukses. Dit breek die bestaande af en skep die teenoorgestelde, dit verander die wetsgehoorsame klimaat, dit verander denke, die verrotting versprei soos n veldbrand. Dit raak te moeilik om terug te keer na die oorspronklike moeilike wettige manier van dinge doen. Almal val in by die makliker manier van dinge doen. Wat voorheen verkeerd was is nou reg, dit raak die nuwe norm, dit raak “the way our people do business, the African way”!

Tina de Lange ·

Ek reken,ons is almal maar bekommerd oor ons land en ek reken elke party glo hulle kan ñ beter Sa skep…?
Laat hulle maar drome droom, laat john ook maar deel wat hy wil deel en as jannie vf+ uitjuig laat hy dit maar doen…ons hoef mos nie almal saam met hom te stem nie!
Eks geneig,om nogals saam met JERRY se sieninge+redenasies,te stem.
MAAR ek besef,Vader Alleen is in Beheer en Sy Genade Sal Genoeg Wees v Sa.
Besef ook,álle leiers+politieke partye, is maar net nietige mensekinders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.