DA se nuwe leiers aangekondig

Mmusi Maimane, federale leier van die Demokratiese Alliansie

Mmusi Maimane, federale leier van die Demokratiese Alliansie

Die DA se parlementêre leier, Mmusi Maimane, is Sondag tydens die DA se federale kongres in Port Elizabeth as federale leier van die party aangekondig.

Die kongressameroeper Greg Krumbock en die toesighoudende beampte Penny Tainton het net na 13:00 die uitslag van die verkiesing aan die afgevaardigdes bekend maak. Altesaam 93% van die afgevaardigdes het aan die verkiesing deelgeneem.

Athol Trollip is aangewys as federale voorsitter, en Ivan Meyer, Refiloe Ntsekhe en Desiree van der Walt is as die adjunk- federale voorsitters aangewys. Thomas Walters is die nuwe adjunkvoorsitter van die federale raad en Alf Lees is aangewys as die federale voorsitter van finansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Piet Pompies ·

Hierdie is ‘n roep in die regte rigting, mnr Mmusi Maimane kan sommer aan sy voorkoms gesien word dat hy man is wat reg is vir die taak, sterkte en voorspoed.

Cum Laude ·

Geluk Mnr M. Jou 1ste job is om die 4 Miljoen Wittes the hou en Dan die res res the convert.

Elfie ·

Baie geluk – ek dink hy is ‘n waardige opvolger vir Me Zille. Mag die DA net sterker vorentoe groei.

CHRISTA ·

Ek stem 100% met jou saam! ALS VAN DIE BESTE VIR MMUSI EN DIE DA!!!

EMK ·

Die DA kan net groei – dankie Me Zille vir alles wat jy sover gedoen het – kyk hoe lyk dinge in die Weskaap – dit WERK! Sterkte vir mnr Maimane – ons staan agter hom!

Frank ·

Geluk Mmusi ons weet dat jy die DA na nuwe hoogtes sal neem. Sterkte vorentoe

Ampie ·

My voorspelling is dat die DA stadig maar seker ‘n swart party sal word en soos die DTA in Suidwes later irrevelant gaan word. Hou maar dop in 2019. Afrikaners, gaan lees eerder Flip Buys se toespraak hierdie week by die krisisberaad. Vind heil in jou eie mense.

Gerald van der merwe ·

Nou gaan hulle wit steun verloor Ek is klaar met die DA. Die vryheidsfront gaan stemme score

Chris Politiek ·

Ek stem heelhartig saam met Sollie. Dit maak nie saak wie regeer nie. Dit gaan al lankal nie meer daaroor of ons land ‘n wit president het nie, maar oor sy ideologieë, m.a.w. waarvoor hy staan. Ek sal aanhou stem vir die DA, al het hulle ‘n swart leier.Hy sal in elk geval meer realisties dans en toi-toi as me. Zille (grappenderwys bedoel!) Nietemin , al stem jy vir watter party ookal, stem net in hemelsnaam, want geen stem is automaties ‘n stem vir die ANC.

Dave ·

So Gerald, jy het tot nou toe lustig vir regstellende aksie en grondhervorming gestem. Nòu wil jy die DA jou stem ontsê? Waarom? Gaan voort! Eenmaal ‘n lib altyd ‘n lib! Gaan maar voort en stem saam met jou mede-liberalistiese stemgenote vir Helen Suzman se erfporsie.

Sollie ·

Mens moet saam met die tye beweeg. Ek gee nie om WIE regeer solank hulel dit reg en goed doen. Ek dink mnr Maimane is ‘n goeie keuse as leier vir die DA – baie geluk en sterkte aan hom!

Christi ·

Ja , Sollie, jy’s reg! In ‘n neutedop saamgevat: Stem jy vir ‘n partyleleir se gesig of stem jy vir dit waarvoor hy/sy staan? As jy vir sy gesig stem, het ek geen raad vir jou nie. Dan behoort daar sulke mense soos jy opgetree te word en tweedens, dan het jy die gasamentlike I.K. van ‘n dooie San en ‘n baksteen.

Gerald van der merwe ·

Berig geplaas te Media Maroela>Ek sien julle weier om my berig te plaas. Ek het daardie seflde berig aan die Vryheidsfont gepos.
Almal gaan dit sien dat ek beweer dat laasgenoemde gaan meer wit stemme kry van dat die DA nou n swart leier het. Julle is dus anti Vryheidsfront Plus. Goed so > die Afrikaaners moet dit sien

alex ·

Gerald vd Merwe ek stem 100% met jou saam. Hierdie sogenaamde media is bekend daarvoor om nie berigte te plaas nie. Sterkte met hulle hoenderhemel.

Mike ·

Wat my eerste opval hier op Maroela is die afrikaners wat hier kuier en dalk nog lid is van Soliforum maar DA ondersteuners is. Nou wonder ek darem wat hierdie Afrikaners gaan doen na Flip Buys se beraad oor die toekoms van die Afrikaner wat by die Voortrekker monument gehou is ‘n paar dae gelede, gaan julle nog lede bly van Soliforum of die DA? Watter kant toe wil julle nou want die DA is gekant teen Afrikaner selfbeskikking en Solidariteit en Afriforum se duidelik dat hulle minderhede soos die Afrikaner sal help en ondersteun?

Gwen ·

Armando, Mike het ’n geldige punt beet. Ek sal ook graag wil weet wat die DA-gesinde lede van Solidariteit en verwante organisasies nou gaan doen. Die DA is uit en uit ten gunste van indiwiduele regte (wat nie noodwendig verkeerd is nie) en “Soliforum” begin al sterker praat van groepregte soos verskans in die Grondwet.

Frik Lotz ·

Met Maimane aan stuur van sake gaan die DA net fokus op die swart kiesers en hul belange. Minderhede soos die Afrikaner gaan nie meer belangrik wees nie. In elk geval, as die DA die ANC wil klop sal hul derduisende swart kiesers by ANC moet wegrokkel. Hoe gaan hul dit doen? Hul sal meer radikaal as ANC moet wees wat betref regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en dies meer. Minderhede gaan aan agterspeen moet suig en maar in dieselfde posisie wees as tans onder ANC. Afrikaners wat DA stem moet wakker word! Selfbeskikking is ons enigste hoop en nie dít wat die DA verkondig nie. Dis tyd dat VF Plus en die Solidariteitbeweging nouer begin saamwerk. Dis tyd vir Afrikaner-eenheid en die tyd is NOU!

EMK ·

Frik Lotz waar kom jy tog nou weer aan jou stories dat hy net na swart kiesers se belange sal omsien?Ek het alreeds baie respek vir hom gekry na sy antwoorde op vrae van waar hy staan na mediaberigte oor seker joernaliste se gevoelens omtrent Verwoerd. Hy dink voor hy praat en het met sy antwoorde bewys hy kruisig nie net ‘n persoon vanweë sy denkwyse nie, hy probeer agter die kap van die byl kom. Sterkte mnr Maimane! DA bo!

Joey ·

Baie geluk met u verkiesing mr M. Sterkte met die moeilike taak wat op u wag. Mag u die seën ontvang vanaf ons Hemelse Vader .

Johan ·

Ek stem saam met jou en al die ander positiewe komentaar. Die lewe gaan aan, en ons moet aanpas en met mekaar saam leef.

kiewiet ·

Ai mense ons afrikanernasie sukkel al van die voorttekkers se dae af om saam te staan en na alles wat ons land al deurgemaak het sukkel ons nog steeds hoekom val jul nie asb in by die landswye gebedsgroep om 21:00 elke aand en bid vir ons land en AL sy mense nie . hoe gouer ons oor onsself kan kom en meer positief begin raak hoe beter.

Sollie ·

Kiewiet – NET SO! Baie sterkte en goeie wense aan mnr Maimane en die DA!

DA vir regstellende aksie ·

‘n Stem vir die DA, is ‘n stem vir regstellende aksie. Hoekom sal regdenkende Afrikaners vir die DA stem, as die DA beleid ondersteun wat teen die belang van Afrikaners is?

Elfie ·

AG Da vir regsellenbde aksie – miskien moet jy josuelf vergewis PRESIES hoe en waarvoor die DA staan en hoe presies hoe hulle voel oor regstellende aksie – dis nie net soos die ANC voortvoeter nie, hulle is gekant teen radikale regstelelnde aksie maar waar dit van pas is is dit reg en goed. As mense hul werk goed en reg doen verdien hulle ‘n pos ongeag velkleur. Kom to gby voor jy sommer wilde aannames maak

Dave ·

So jy bewys toe dat jy deur jou nek praat. In dieselfde asem erken jy dat jy en die res van die DA vir ‘regstellende aksie’ stem en ‘n grooot aandeel het in Eskom se bankrotskap en dan gaan jy voort deur te sê ‘ongeag velkleur’. Jy besef nie eens dat jy teen jouself praat.

Elfie ·

Dave, Dave, Dave bedaar… Ek het nog nooit onder regstelende aksie gely nie, klink asof jy in ‘n groef is en nie weet hoe om uit te kom en nou hap jy wild en wakker na enigeen wat suksesvol onafhanklik is! Ek het ‘n brein, so ook my mede gesinslede; ons het eie grondwater en is ten VOLLE onafhanklik van Eskom. Daar is so iets. Jy is darem ‘n bitter mens en so negatief oor absoluut alles. Tsk tsk tsk…

Renier Holtzhausen ·

Cometh the hour, cometh the man. Mmusi is diè man vir ons blink en voorspoedige land. Welgedaan Mmusi, ons staan bankvas agter jou.

scalla ·

Renier, hoeveel onse is in jou pond, moet my nie bytel nie.

chris ·

Elfie dit is nie waar nie en jy weet dit .As jy nie weet nie lees gerus verder.
Kan jy my eerlik se dat die regstellende aksie gevalle in die staatsdiens alleen deur jou DA verander sal word ,aangesien 70% plus nie die werk kan doen nie(kom ons vergeet eers van die res).Jy sien jy se mos daar waar dit van pas is,glo jy dit werklik?Jy kan waarlik nie so naief wees nie !Julle mense gryp nou die volgende grashelmpie soos met die Ja nee verkiesing ,eie skole woongebiede ens(eerste grashelmpie).Julle wil nie of kan nie die waarheid in die oe kyk nie.Ek het by ‘n vorige geleentheid gese die leier sal swart wees,ek se julle nou die DA sal nie BEE reg(volgens julle)toepas nie,hulle sal te veel stemme verloor. Frik Lotz is reg .Julle kan maar kyk wat gaan gebeur maar julle sal nie sien nie want daar sal maar weer net nog ‘n grashelmpie te voorskyn kom.Nog ‘n vraag vir die DA ondersteuners .Sal daar ooit weer ‘n wit leier vir die DA wees indien dit nie gebeur nie vra jouself die vraag af is dit oor velkleur(BEE)of bekwaamheid?Indien bekwaamheid beteken dit dat al die goeie wit leiers in ander partye is of nie bestaan nie.As dit dan kwotas is word julle BEE mos nou nie reg toegepas nie?Volgens my was ou zilletjie die laaste wit leier ,hou gerus dop.Julle ken die antwoorde maar wil die DA regglo, sterkte.

Dit is nie net my kinders waarteen gediskremineer word nie dit is ook julle sin of dalk kleinkinders.Glo my in die reenboogland sal BEE nie in tenminste 5 geslagte gaskrap word nie indien ooit.Hoekom het die Indiers so gou reggekom?
Nee regtig mense die antwoord le reg voor julle.En Elfie dit is nou baie naby aan twaalfuur.

Elfie ·

Chris – ek het nog geensins onder BEE of regstellende aksie gely nie. Ook nie my kinders nie. Ons is opgeleide mense wat self vir ons werk geskep het. Jy moet bietjie BAIE mooi gaan nalees waarvoor die DA alles staan. As ek so kyk na jou taalgebruik, leestekens en spelling dan verstaan ek as regstellende aksie jou uitgesluit het.

chris ·

Elfie.
Ek het Foute spelling en taal oor die algemeen is een,verseker nie die enigste een nie.Maar ek skryf maar so en is net bly jy verstaan wat ek probeer se.Terug na die punt.Gaan jy die DA verlaat as hulle witmense benadeel, kom ons begin sommer by julle leiers in die toekoms?Jy antwoord een vraag en dit op die mense naby jou.Het jy niks te se of te doen oor ander nie.As jy beroof ,aangerand word is dit mos nie ander mense wat dit sien se probleem nie,jy sal verstaan as hulle nie help nie.En nee regstellende aksie het my geensins geraak nie, spelling en al,ek werk eintlik met syfers en spel hulle moeilik verkeerd,leestekens is ook nie ‘n probleem hier nie.
Al wat ek vra is wees eerlik met jouself, antwoord die vrae as jy wil hier of net vir jouself en bekyk jou sieningsverandering oor 2jaar om by die DA te hou.

En ja ek het die DA se beleid gelees sal die nuwe een ook lees en dan weer die volgende nuwe een ens.Daar is nie werklik verskulle tussen hulle en die ANC nie.Miskien het ek dit mis gelees sal jy asb vir my en die mede lesers die klomp “verskulle” uitwys.Ek glo nie jy gaan nie maar bewys my verkeerd asb.Ons kan dan sommer die “verskulle”debateer.

Dave ·

So Elfie, dan vertel jy leuen sonder om te skroom! Jy het nog nooit onder regstellende aksie gely nie? Ook nie jou kinders nie? Geen van julle word geraak deur beurtkrag nie? Bly julle op ‘n plaas met parafienlampe? Maar, ek het by meer as een geleentheid gesê dat julle DA’s nie mag kla oor beurtkrag want julle kry presiès waarvoor julle stem.

Frik Lotz ·

Natuurlik gaan die DA nou fokus op swart kiesers en hul belange. Hul soek dan swart stemme en hoe moet hul daai stemme kry as hul nie gaan fokus op swart kiesers nie? EMK, dink jy nou regtig die DA gaan aandag gee aan selfbeskikking en minderheidsregte? Die DA voel vere vir die Afrikaner. Die enigste mense wat realisties is en se oë oop is, is die VF Plus en nou ook die Solidariteitbeweging. Ons enigste uitweg is selfbeskikking!

Rynhardt ·

DA ondersteun die Anc se Vryheidsmanifes en dit behels die versnelling van regstellende aksie en onteiening van blanke boere se plase! Nes die kommuniste, wil die liberale DA he dat die Afrikaner geen toekoms en identiteit moet he nie.Mmusi “Obama” Maimane ondersteun ook gay-huwelike wat n klap in die gesig is van die Here! Die DA is nie net n tweede Anc nie, maar ook n anti-Christelike party.Die “nuwe Obama” van die DA kon gister lekker sy mond rek oor dr.Verwoerd, maar sy liberale DA en Anc (albei vyande van dr.Verwoerd) kon nog nooit Verwoerd se 6% ekonomiese groei in 21jaar ewenaar of verbysteek nie! As die “nuwe Obama” dit kan vermag, dan kan hy sy mond rek oor dr.Verwoerd, tans kan die grootprater nie.Vanaf 2013-2015 het Helen Zille die “Obama” knaap gebreinspoel dat hy president gaan word, dit is wensdenkery.Die “nuwe Obama” verteenwoordig niks van my kultuur en waardes nie.Net n formaliteit voordat die wit liberale en bruinmense die liberale DA gaan verlaat.Dan voel doen die party heeltemal aan sy status van n tweede Anc.SA word gevangene gehou deur twee Anc-partye, nes die Demokrate en Republikeine die VSA gevangene hou vir 150jaar.Die nuwe wereldorde beheer albei en SA is lankal ook deel van die nuwe wereldorde ,wat alle wereldleiers beheer!Ek beskou die DA ook as n Britse party, want toe Zille in 2013 vanaf Engeland terugkeer, gooi sy n R100miljoen agter die “nuwe Obama” se verkiesingsveldtogte wat n mislukking was.Jy gooi nie n R100miljoen agter n persoon wat nie eens die spek ip die tafel kan sit nie.Die wereld se skuld staan op $76triljoen waaruit hy nie kan kom nie.Dit is juis deur die nuwe wereldorde en wereldleiers geskep; wat die medua nie vir jou uitspel nie.Amerika staan op $15triljoen waaruit hy ook nie kan kom nie.Dit het klasr n direkte impak op SA waarmee die “nuwe Obama”nie eens tekening hou nie.Dit wys waarheen die wereld oppad is.Afrikaner/Boervolk fokus op die Here, nie op n “Obama” wat jou speel met mening nie.Jammer; maar die SA politiek kan my nie breinspoel nie, ook nie die DA se “nuwe Obama” nie.

pop ·

Nou wat daarvan as hy nou swart stemme kry. Ek sou dink dis baie goed. Ten minste beweeg die DA in n rigting om die ANC bloedneus te slaan. Julle mense wat so mor oor alles wat nie wit is nie. Word wakker, dis lankal verby, die AWB mentaliteit. Daar is miljoene swart mense wat net so g-tvol is vir die gebeure in hulle land, is nie net die paar wittes nie. En loop kyk maar in die kaap, dinge werk nogal daar.

pop ·

Rynhardt, ons neem kennis dat jy nou die (in jou klein wereld) slim ding kon uitdink van die “nuwe Obama”. Lyk vir my hierdie is n politieke platvorm vir julle om stemme te wil werf vir n “lost cause” Laat almal maar hulle kruisie gaan trek waar hy wil

Elfie ·

Pop, hulle laat my dink aan ‘n sekere Godsdienstige groep wat een versie uit die Bybel raaklees en net dit dan uitlig en glo. Maak nie saak wat die res van die hoofstuk dalk sê nie. En die teen die DA raak hulle altyd geheel emosioneel, mens kan glad nie met hulle redeneer nie. Hulle vergeet dat God op wie se hulp hul gedurig beroep en wie volgens hulle ons gaan red het ook alle ander mense gemaak, ongeag kleur. Hoe sal God SA help met soveel haatdraendheid in die harte teenoor ander wat Hy geskape het? Ek glo die wat verkeerd lewe grawe ‘n gat en sal self daarin val. Let op hoe sê ene Chris sommer ek “antwoord net een vraag” en gee volgens hom dan nie om oor ander om my nie! Ek wonder as hy weet hoeveel ons as gesin vir armes om ons doen, hoeveel werk ons skep, maar hy maak sommer wilde aantygings en aannames – tipies vand ie klomp. Tonnelvisie sou ek sê – dis hoekom ek nie eers belangstel om te redeneer met diesulkes nie. Gaan lees bietjie Die Lang Generaal van Alan D Elsdon – sogenaamde fiksie maar feite kom goed deur! Mense wat met soveel bitterheid en wraak lewe en net negatief teenoor alles ingesteld is lewe maar swaar want hulle skep vir hulself hierdie donker wêreld waarin daar NET “doom” en “gloom” is.

chris ·

Goed Elfie kom ek probeer weer.
“Let op hoe sê ene Chris sommer ek “antwoord net een vraag” en gee volgens hom dan nie om oor ander om my nie!”
Waar het jy die ander vrae geantwoord veral die beleidsverskulle? As jy Bee ondersteun gee jy nie om vir ander nie.Dit is nie ‘n aanname nie maar ‘n feit.Gaan jy en jou DA nou al die onregmatige aanstellings skrap en vul met bekwame mense? Indien wel is dit ‘n aanname anders ‘n feit. Jy wil nie met my redeneer nie want jy kan nie, as jy kan help my uit die tonnelvisie.

“ Hoe sal God SA help met soveel haatdraendheid in die harte teenoor ander wat Hy geskape het?”
Wat jy waar kry Elfie ,so gepraat van aannames en emosies.In my opinie is die liberalis juis die in die kas haaters(die westerse kultuur is beter as jou Afrika een).Ek sal die punt staaf as jy net die “klomp”beleidverskulle tussen DA en ANC sal deurgee asb.Jy het gese daar is verskulle ek het jou telkemale gevra, nou weer.Dit is baie moeilik om iets wat nie werklik bestaan nie te bewys ,of wat se ek alles Elfie?
Daar is verskulle en hoe kan God ons help terwyl ons die verskulle wat hy geskep het in sy gesig teruggooi?Moenie soos ‘n verkleurmannetjie elke keer weer nuwe vrae of punte lug as jy nie die antwoorde wil gee nie .Jy ken die antwoorde maar gee dit nie anders kry jy dalk net ‘n skoot in die voet.

Dit verstom my nog telkens dat meeste liberale nooit oop is vir ‘n gesonde debat nie.
Al rede dat ek Elfie antwoord is sodat nugter-denkendes die leun wat hulle najaag kan raaksien vir wat dit is.Net ‘n leun.Ek is baie moeg vir die geteem van die verkramtes.

Los maar die spelfoute en leestekens ek weet daar sal wees.Ek vertrou egter jy sal soos die vorige keer verstaan wat ek se.

Frik Lotz ·

Lyk my mense wat nog steeds DA stem leef in hul eie klein droomwereld. Daar is weinig verskil tussen die DA en ANC. Minderheidsregte en selfstandigheid(selfseggenskap,selfbeskikking) is onbelangrik vir die DA en die ANC voel dieselfde. Moet Afrikaners dan maar altyd uitgelewer wees aan die meerderheid en onder hul juk wees. Die Afrikaner en sy erfenis word op getrap deur die ANC. Wat gaan die DA daaraan doen? Opstaan vir die Afrikaner? Opstaan vir minderheidsregte? Nie sommer nie! Die Afrikaner is en sy belange is nie belangrik vir die DA nie. Afrikaners moet hul oë begin oopmaak en vinnig ook!

Ghost ·

Alhoewel hy baie better leier as Zuma sal uitmaak, dink ek die DA is besig omdeslfde voetspore as die ANC in te slaan. Hulle doen lankal nie meer genoeg om die witman/afrikaans te beskerm nie.

chris ·

Pop
67% van die swartmense waarvan jy praat is duidelik nog nie g vol genoeg nie .Hoeveel in % het die ANC afgestaan aan die DA deur hierdie sogenaamde “miljoene” g vollers sedert 1994?Onthou die EFF tel nie hier nie.Miljoene nogal wat jy waar kry?Nee regtig niemand kan so dom wees nie tel op Pop tel op ,die somme maak nie sin nie!

Ek wag nog vir die beleidsverskulle tussen die ANC en DA.Dit gaan dalk lank vat

Chris Nel ·

kiewiet 10 Mei 2015 skryf in Maroela ;

“om 21:00 elke aand en bid vir ons land en AL sy mense”

my respons

In 1994 het almal wat gestem het,
YHVH = H3068 weggejaag, [Skrywer van die KLIPWET]
daarom sal geen gebed meer die hemel bereik nie.

Lees Openbaring 13: almal aanbid die draak,
en loop agter homo sapiens aan,
wat is MM anders as Homo Sapiens?

Hy is GODSMAN en ken nie YHVH nie!

DA was nog nooit vir Geregtigheid nie,
want geregtigheid is vir KLIPWET,
waar DA vir GRONDWET en MENSWET is.

lees verder

http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/is-mmusi-maimane-sa-salvatore

F. Minnaar ·

Ek ken Mnr. Maimane nie persoonlik of professioneel nie, en kan derhalwe nie ‘n legitieme oordeel vel oor sy bekwaamheid al dan nie. Indien hy daarin kan slaag om by te dra tot die skep van ‘n beleidsraamwerk wat die ontwikkeling van alle Suid-Afrikaners sal bevorder, sal ek sy verkiesing enige tyd steun. Ek vra myself egter die vraag af: 34 jaar oud, nog net 4 jaar in die politiek; is dit ‘n manifistasie van regstellende aksie op ‘n politieke vlak? Daarvan het ek meer as genoeg gehad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.