
Mmusi Maimane, federale leier van die Demokratiese Alliansie
Die kongressameroeper Greg Krumbock en die toesighoudende beampte Penny Tainton het net na 13:00 die uitslag van die verkiesing aan die afgevaardigdes bekend maak. Altesaam 93% van die afgevaardigdes het aan die verkiesing deelgeneem.
Athol Trollip is aangewys as federale voorsitter, en Ivan Meyer, Refiloe Ntsekhe en Desiree van der Walt is as die adjunk- federale voorsitters aangewys. Thomas Walters is die nuwe adjunkvoorsitter van die federale raad en Alf Lees is aangewys as die federale voorsitter van finansies.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
53 Kommentare
Pateties
Hierdie is ‘n roep in die regte rigting, mnr Mmusi Maimane kan sommer aan sy voorkoms gesien word dat hy man is wat reg is vir die taak, sterkte en voorspoed.
Baie geluk – ek dink hy is ‘n waardige opvolger vir Me Zille. Mag die DA net sterker vorentoe groei.
Geluk Mmusi ons weet dat jy die DA na nuwe hoogtes sal neem. Sterkte vorentoe
My voorspelling is dat die DA stadig maar seker ‘n swart party sal word en soos die DTA in Suidwes later irrevelant gaan word. Hou maar dop in 2019. Afrikaners, gaan lees eerder Flip Buys se toespraak hierdie week by die krisisberaad. Vind heil in jou eie mense.