DA se omstrede nuwe slagspreuk kom van ver af

Demokratiese Alliansie

Dit gons in liberale kringe nadat verskeie groot geeste met DA-verbintenisse hulself die afgelope naweek uitgespreek het teen die DA se nuutste slagspreuk “Alle Suid-Afrikaners eerste”.

Die voormalige DA-leier Tony Leon, die party se voormalige hoofamptenaar, Ryan Coetzee, en die voormalige hoof van die DA se parlementêre personeel, Gareth van Onselen, het kapsie gemaak teen die slagspreuk, wat verlede week tydens ‘n groot DA-opmars in Kaapstad vertoon is.

Hulle voer aan die slagspreuk kan vreemdelingehaat (xenofobie) teen spesifiek inwoners van elders in Afrika aanvuur, en haal die onlangse geskiedenis van gewelddadige en selfs moorddadige aanvalle op buitelanders aan om hul punt te staaf.

Die DA het sedertdien teruggekrabbel en aangevoer die slagspreuk gaan nie deur die party gebruik word nie, wat die party waarskynlik uit die pekel hou.

Maar enigeen wat dink dit was sommer ‘n onskuldige ou foutjie aan DA-kant sal baie naïef wees. Die slagspreuk volg op omvattende DA-navorsing oor veral swart Suid-Afrikaners se gevoelens teen immigrante, spesifiek uit Afrika.

Nie alleen het die DA skielik verlede week “veilige grense” ingeglip by sy gewone slagspreuke vir aanstaande jaar se verkiesing nie, maar hulle het ook die hele standpunt teen immigrante getoets teenoor hul parlementslede by verlede jaar se koukus-wegbraak in Stellenbosch, waar die oorgrote meerderheid LP’s dit ondersteun of stilgebly het, in die hoop dat dit vir hulle stemme sal inbring – teenstrydigheid met liberale beginsels ten spyt.

Die kwessie sal definitief onderskeid bring tussen die DA en die twee ander groot Suid-Afrikaanse partye, die ANC en die EFF, wat albei Pan-Afrikanistiese beginsels aanhang.

Dit kan daarom verwag word dat liberale wagters op Sionsmure – wat lankal, weens die DA se marknavorsing, die vooraftekens en die party se huidige bedenklike wisselvalligheid wat beginsel betref, een of ander kwalik bedekte nasionalisties-xenofobiese standpunt verwag het, baie bedag sal wees op die volgende stukkie gevaarlike opportunisme wat uit die party se breintrust sal kom, desperaat soos die party tans is vir iets om sy steunvlakke te laat groei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann cb ·

Klink nogal soortgelyk aan wat Donald Trump onlangs gebesig het!

Paul ·

Kinders, moenie in die water mors nie,
die ou mense wil dit drink,
o kinders, moenie in die water mors nie,
die ou mense wil dit drink.
Dit kom van ver af, dit kom van ver af,
dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas.

Staan, Poppie, staan
en laat jou gedagte gaan
dat jy vir my kan sê
hoe ver die liefde lê
Dit kom van ver af, dit kom van ver af,
dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas.

Joe Olivier ·

Die slagspreuk moet eerder lees” Alle belastingbetalende Suid Afrikaners eerste”

Cherokee ·

Verkeerd gelees Joe. Dit is nie VF se slagspreuk maar die van die DA.

LB S ·

Joe, hou asb in gedagte dat daar baie blanke werkers is wat kwytgeskeld is van belasting. Werk dit vir jouself uit – as jy kan.

LB S ·

Ek bedoel eintlik diè wat nie vir inkomstebelasting hoef te registreer nie. Wat heel ordentlike hardwerkende mense is en ook op voorspoed geregtig is.

Spikkels ·

Ek neem hulle nie kwalik oor die xenofobia nie, orals waar ek kyk is n buitelander, en nie brandarm nie op die hoek nie nee, maar ry n duur kar en bly in n mansion.. en kan partykeer nie eers n woord engels praat nie, nevermind afrikaans

Anoniem ·

Ai, DA Julle wil ook net nie leer nie ! Al die onbenullighede gaan vir Julle stemme kos ! Raak wakker en fokus op wat BELANGRIK is ! ???

IK ·

Weereens ‘n bewys dat die hoeveelheid buitelanders wel saak maak.

Judge Dredd ·

Maar die liberales is dan so lief vir onwettige immigrante – he he he he………..

LIbbie ·

Dis juis agv hierdie LIBERALE se RAAD dat die DA se ondersteuningsbasis van 26% na 13% gesink het .. KRY VIR JULLE .. HOU ‘n slag OP om na LIBERALE te luister . oral in die wereld is hulle besig om te taan …

Askies ·

Vreemd dat niemand, veral nie die LIBERALE wat nou die buitelanders wil beskerm oor die slagspreuk KILL THE BOER KILL THE WHITE so aangaan nie? WAAR Is die LIBERALISTE en LIBERALE en TONY LEON en Kie nou?? Ek het nog nooit gehoor dat hy enige kapsie maak teen KILL THE BOER nie?? Komaan liberale . julle begin nou slaple . waar is julle so called ANTI RASSISTIESE DEMOKRATIESE landjie nou?? Reenboogland?? Kom ons omhels die buitelanders maar KILL THE BOER > that is still fine!

LB S ·

Askies, heeltemal reg. Om nie te praat van hoeveel keer ‘n dag ons moet hoor ons moet “teruggaan na waar ons vandaan kom” nie. Tussentyd is ons HIER gebore!

Lou ·

Die DA is soos ‘n skip sonder stuurman. Hy dobber net waarheen die huidige windjie hom waai….

Titanic ·

Die DA se naam kan net sowel na die TITANIC toe verander word . Hulle is besig om stadig maar seker te sink .. daar is ‘n paar wat met reddingsbootjies na die ANC en EFF en Cope toe oorroei . maar die oorgrote meerderheid mense het ander keuses begin uitoefen. Die DA is ‘n has been en die liberale raadgewers help nie hoor! Vreemd dat dit steeds die wit liberale is wat dink hulle kan die DA voorskryf.

TP ·

Dit is ‘n Suid Afrikaanse politieke party. “Vreemdelinge” (nie-burgers) mag nie stem nie

Edd ·

Hoe is die omstrede as ons eie President dan praat van “ons mense” en dan slegs verwys na swart suid afrikaners? Ekt geen liefde vir die da nie maar die is net ‘n beswarderings veldtog

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.