DA sê oor transformasieteikens vir skole-atletiek

Argieffoto: Pixabay

Die DA het Dinsdag gesê die party is ten sterkste gekant teen die strenger transformasieteikens wat tans in skoleatletiek toegepas word.

Darren Bergman, DA-lid van die portefeuljekomitee vir sport en ontspanning, het in ʼn verklaring die party se ongelukkigheid oor dié transformasieteikens uitgespreek.

“Ons verwerp die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) se aankondiging van verlede week dat 40% van skole-atletiekspanne voortaan uit atlete van voorheen benadeelde gebiede moet bestaan en sal dit betwis indien nodig,” het Bergman gesê.

Bergman sê dat hy reeds ʼn brief aan Peppi Olevano, die sekretaris-generaal van Sasa, gerig het om te versoek dat hy en Olevano vergader oor die opdrag wat aan skole gestuur is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn omsendbrief is onlangs aan skoleafrigters gestuur wat transformasieteikens stipuleer. Dié omsendbrief is deur Olevano onderteken.

Luidens die omsendbrief behels die nuwe teikens “’n minimum van 40% van voorheen benadeelde gemeenskappe vir alle Sasa-spanne op alle vlakke van kompetisie, met spesifieke klem op meisie-atlete”.

“Die DA glo onomwonde dat transformasie in sport moet plaasvind en dat die ongelykheid van die verlede aangeraak moet word sodat ons ʼn talentvolle poel jong atlete kan kweek wat verteenwoordigend is van ons land se demografie.

“Ons glo egter nie dat ʼn gedwonge kwotastelsel die verlangde resultate sal hê nie. Inteendeel, dit sal eerder ʼn wurgende uitwerking hê op atletiek en jong atlete ontmoedig om mededingend aan atletiek deel te neem,” lui die verklaring.

Volgens Bergman behoort skolesport transformasie te bewerkstellig deur die beoefening van sport in benadeelde gemeenskappe aan te moedig en te fasiliteer, asook onderwysers aan te spoor om meer onderrigverantwoordelikhede aan te neem. Bergman meen transformasie kan ook deur die departement van sport en ontspanning bevorder word deur ligas en talentontwikkeling te versterk.

“Transformasie in sport is geensins onderhandelbaar, maar kwotas is nié die antwoord nie.”

Intussen sal Solidariteit môre in die Johannesburgse arbeidshof argumenteer dat die ministerie van sport en ontspanning se transformasiehandves tersyde gestel moet word. Die vakbond voer aan dat dié transformasiehandves, as dit goedgekeur word, die minister van sport, Tokozile Xasa, bykans onbeperkte mag oor sport sal gee, aangesien die teikens glo selfs die rassesamestelling van afrigters, raads- en komiteelede en ondersteuningpersoneel insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Daru ·

So die beste kind word nie gekies ! Belaglik! Deur ure se oefening en sweet kom ek derde ,maar a.g.v die kwota moet ek plek maak vir die 4 de een net om te kan sê ek was gekies , belaglik, vir al die harde werk word jy nie beloon , maar hier is weer ‘n geval van jy kry dit verniet jy hoef nie daarvoor te werk . WAT LEER ONS DIE KINDERS ,jy hoef nie hard te werk jy sal dit maar net kry , ongelukkig werk die LEWE nie so!

Riaan ·

Bergman – net nog ‘n verkiesings foefie van die da. Die goed word bespreek in die portfolio komitee in parlement dan is jy en jou da kollegas stil of ten gunste, nou skielik daarteen? da dink ons is stupid!

Veronica ·

@Riaan. Ek dink jou aanval op Bergman dra nie gewig nie. Hy het toevallig sy M-tesis oor kwotas in sport gedoen en ondersteun dit beslis nie.

Jacques ·

Nie net is dit rassisties nie maar nou ook sexsisties Mev . Ek wat n seun het wat absoluut fantasties is met sport moet nou plek maak vir iemand omdat hy na twintig jaar nogsteeds met n lepel gevoer moet word , dit is belaglik verby . Dit is vir my skokkend om te dink na twintig jaar is die meerderheid nogsteeds besig om die klein groepie mense in die land onder druk te plaas , omdat ek dink hulle ly aan n minderwaardiheids kompleks . Shame .

Augustus ·

Waarom nie afsonderlike sportkompetisies ….slegs vir die “aktueel ” benadeeldes … ? Die histories (?) benadeeldes (hulle is gebore na 1990/1994) kan hulle eie kompetisies hou . Niemand word dan benadeel nie …respek vir elk se kultuur en taal… geen politieke inmenging meer…. en die winnaar is DIE SPORT …die beste win en word gevier, Miskien die ideaal vir ‘n land met baie kulturele minderhede maar ‘n oorheersende ras ?

Augustus ·

Waarom nie afsonderlike sportkompetisies nie….slegs vir die “aktueel ” benadeeldes … ? Die histories (?) benadeeldes (hulle is gebore na 1990/1994) kan hulle eie kompetisies hou . Niemand word dan benadeel nie …respek vir elk se kultuur en taal… geen politieke inmenging meer…. en die winnaar is DIE SPORT …die beste win en word gevier, Miskien die ideaal vir ‘n land met baie kulturele minderhede maar ‘n oorheersende ras ?

Dries ·

Daar was in di velede swart rugbyspelers, wie prontuit gesê het, hulle sou ni graag as ‘kwotaspelers wou bekend wees ni, maar eerder dalt hulle n span op meriete haal… Luister niemand dan ni?
Met hierdie belaglikheid, word ruggraatlose mense ‘gekweek’. Ek hoef mos ni te werk (sweet) ni. Alles sal net in my skoot val.

ME ·

Hoe kan huidige skoolkinders ‘voorheen benadeeld’ wees. Is demokrasie nie al 25 jaar in werking nie. Tensy jy ouers as 25 is, en nog op skool is……

John ·

Los hulle…. sulke atlete wil laaste kom en as hulle wel doen dan… probeer hulle ‘n slinkse plan maak… wat ook nie werk nie. Ons kinders het vele talente. Die Bybel het gewaarsku ons moet almal ontwikkel… as die een deur toeslaan… maak ‘n ander een oop. Sport hou tog net tot by +- dertig tensy dit golf of of iets uitsonderlikes is. Ons moet die Vader se planne altyd aanvaar. Hy het al hierdie dinge vooraf geweet. So? Is Hy dom of is Hy slim?

Kerneelsie ·

So gaan dit in skole rugby ook. Dankie tog vir Bokkie week!

Niek ·

Teenstrydig.
Transformasie word afgedwing deur kwotas.
Enigste reël behoort gelyke geleënthede te wees. Maak dinge meer toeganklik, maar meriete moet enigste maatstaf bly.

Blaarman ·

Intussen ondersteun hulle gedwonge kwotas in die werksplek en in die aandeelhouding van maatskappye.

Gaan blaas doppies, man!

Hans ·

Nadat Solidariteit/Afriforum opgetree het, wil die DA skielik ook protes aanteken. Opportunisties verby.

willem Botha ·

Diskriminasie gebaseer op velkleur dws apartheid in sy volle glorie,daarom stem ek eerder vir die VF plus en kyk my kinders trots in die oë

LHS ·

Wat my pla is dat nie Solidariteit of die DA werklik die kennis het om hierdie saak aan te vat in n hofgeding. Indien wel sou hulle ten minste geweet het wie die voorsitter van skole atletiek is en dat hy die persoon is waarmee in gesprek getreë moet word. Nie Olevano nie. Verder sou hulle geweet het dat die departemente van onderwys asook sport en kultuur die toutjies trek agter SASA.

Blaarman ·

Waaroor moet daar gepraat word? Hulle het mos reeds die brief uitgestuur! Daar was nie goedgunstige skakeling met die publiek hieroor gewees nie!

En waar kom jy daaraan dat hulle nie die kennis het om hierdie saak in ‘n hofgeding aan te vat nie?

aj ·

Ignoreer SASA!

Skep alternatiewe sportstrukture met kompetisies en PRESTEER SASA hulle dood!!!

Hulle sal nog kom soebat dat die mees talentvolle atlete, afrigters en administrateurs moet terugkeer na hulle chaotiese, rassistiese strukture!

Viva ·

Kennismaking met sportsoorte = skole en skoolvlak afrigters. Skole afrigters = onderwysers. Basis van sportafrigting = onderwysers. Sukses = goeie afrigters.
Skole minus bereidwillige, vrywillige onderwysers = geen afrigters
Geen afrigters = geen prestasie = geen sport
Toegewyde skole + toegewyde afrigters = Sportmanne en -vroue
Nuwe Suid- Afrika = skole – afrigters = geen vooruitgang
Geen vooruitgang = Jan van Riebeeck se skuld = apartheid se skuld
Voorheen benadeeldes = stokoud en of al oorlede
Huidige benadeeldes = Rede, geen afrigters = geen vrywillige onderwysers
Skuld vir geen afrigters = geen toegewyde belangstellende onderwysers
Regerings oplossing = baie maklik, geforseerde kwotastelsel = werklike ontwikkeling = geen
Sukses in sport = goeie toegewyde afrigters en positiewe deelnemers
Totale ineenstorting = geen afrigters, gedwonge kwota stelsel, negatiewe deelnemers
Rede = Geen vrywillige onderwysers = geen afrigters

Hannes ·

DA spring nou soos n kat op n warm sinkplaat. Te laat maat. Ons sien reg deur julle.
Wat het van die DA se NIE RASSIGE beleid geword?
Julle gaan spyt wees!

Gerhard ·

Transformasie sonder kwotas is so onmoontlik as reen sonder wolke.

Pieter ·

Skole sport was die een plek waar kinders geleer het om mekaar te aanvaar en in spanverband saam te werk. Deur kwotas in te stel, word alles wat reeds bereik is vernietig en rassisme aangeblaas. Mooi so ANC.

Jax ·

Absoluut belaglik. Na 25 jaar nogsteeds agtergeblewene te wees, sê vir jy dit is waar jy verkies om te wees. Dis mos dan wanneer mens als net kry!
Dit gesê; dis hoe dit oral gaan. Kinders kry mos nou sertifikate vir enige iets onder die son! Ek dink dis n klap in die gesig vir die kind(ers) wat regtig slimkoppe is en die wat hulle alies afwerk !
Nou die dag hoor ek n kind het n sertifikaat gekry omdat sy meer as drie keer die kwartaal die juf se vullismandjie uitgedra het! (My skole skuld my baie sertifikate!! – ek sê maar net ;-)
Die hele opvoeding storie is in n groot gemors!!! Die opvoeding wat by die huis begin, is waar die probleem lê. As ek by die huis aangekom het na skool en gesê het dat die juf Met my geraas het, sou ek n pakslae gekry het. En as my ouers moes uitvind dat ek disrespekvol opgetree het…. o weeee ….. my agterstewe sou vuur en vlam gewees het. Vandag is ek aan die ander kant van “jonk wees” maar het geen spyt dat my ouers my behoorlik geleer het oor waar my plek in die samelewing is nie. Ek het my kinders ook so opgevoed en sien hoe hulle respek en waardering kry in hul werk- en woonplekke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.