DA se planne vir koalisieregerings

Die DA-leier, Mmusi Maimane. Foto: DA via Facebook

Die DA sal hom deur beleid eerder as belange laat lei wanneer besluite oor koalisies geneem moet word, sê die DA-leier, Mmusi Maimane.

Maroela Media wou by Maimane weet wat die DA se strategie sou wees indien die ANC nasionaal of in sommige provinsies minder as 50% van die stemme trek.

Die keuse voor die DA sou dan basies een van drie wees: om met die ANC saam te werk en ‘n junior vennoot te wees in ‘n koalisie wat die EFF uitsluit, of om met die EFF saam te werk en ‘n senior vennoot te wees in ‘n koalisie wat die ANC uitsluit (soos tans in Johannesburg, Tshwane en meer as dertig munisipaliteite landwyd) of om met niemand saam te werk nie en die kiesers aan ‘n ANC/EFF-koalisie oor te laat.

Maimane se antwoord was dat koalisieregerings altyd moeilik is, veral met partye soos die ANC, wat inherent korrup is, en die EFF, wat inherent rassisties is. Dit het die DA deur dure ondervinding geleer.

“Ons verkiesingsveldtog is dus daarop afgestem om self meerderhede te verwerf, en ons syfers toon ons gaan die Wes-Kaap behou, as elkeen sy plig doen. Wat die vraag aktueel maak, is die syfers uit Gauteng en die Noord-Kaap, wat daarop dui dat die ANC in albei provinsies moontlik onder 50% kan draai, veral as DA-kiesers hul deel doen.

“Dit beteken die vraag is nie teoreties nie, maar prakties: Hoe werk jy saam met partye van wie jy inherent verskil, in die beste belang van jou kiesers?

“In hierdie verband het ons ondervinding met die EFF die afgelope drie jaar vir ons baie beteken. Wat die beste werk, is om jou nie deur die getalle te laat lei nie, maar deur die praktiese beleidskwessies waaroor eenstemmigheid met potensiële vennote bereik kan word.

“Die DA sal dus nie voor die verkiesing ‘n aanduiding gee van wie sy voorkeurvennoot is nie. Ons voorkeurvennoot is onsself – met ‘n volstrekte meerderheid. Maar as ‘n koalisie-situasie sou opduik, moet ons nie onderhandel vir posisies bloot omdat dit getalsgewys moontlik is nie.

“Wat ons sal doen, is om met praktiese, projekgerigte beleidspunte na potensiële vennote te gaan en te kyk of hulle met daardie doelwitte kan saamgaan. Slegs dan is koalisies of samewerking ‘n opsie,” het Maimane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Cobus ·

Moenie verbaas wees as die vryheidsfront genoeg stemme van julle afneem dat julle na hulle as n koalisievennoot vir julle baie werd sal wees nie. Julle het baie Afrikaners kwaad gemaak

Cherokee ·

Ek weet steeds nie hoe ‘n blanke Suid Afrikaner ooit vir hulle kon stem nie. Hulle sal onkunde pleit terwyl dìt ‘n swak verskoning sou wees. Mens vra tog nie die bure nie maar bestudeer die konstitusie van ‘n party eer jy daarvoor ‘n kruisie trek.

Cobus ·

Stem saam DA en Vryheidsfront n koalisie vorm en saamwerk saam sal hullw getalle hulle sterk opposites kan bird iets wat ons afrikaners
en SA nodig het

Frik Lotz ·

Dis waar Cobus. Geweldig baie mense wat voorheen DA gestem het gaan nou VF Plus stem. DA gaan n lelike verrassing kry in die verkiesing. Ek glo nie hul besef dit nie.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Sterkte DA…en BJA sterkte 8% klein party’tjies wat iets WIL probeer!!?
JULLE beter weerskante JULLE strooi en ‘koningkraai’mentaliteit laat staan OF JULLE GAAN VERSWELG WORD, DEUR die mega anc+eff kieserskorps!!!

Waarheid1 ·

Jip hulle het NOOIT hulle monde oopgemaak teen plaasaanvalle en plaasmoorde nie en dit gaan hulle duur te staan kom

Boet Fasie ·

Waarheid – die DA het nog nooit enige iets gedoen of beteken nie, sit ook net daar nir geld en aansien en belowe alles voor die verkiesing maar na ‘n verkiesing verdwyn hulle soos mis voor die son.

jaco ·

mark my words: as die ANC meer as 2 provinsies afstaan en/of minder as 50% van die stemme vir die nasionale parlement kry, sal hulle die uitslag nietig verklaar, die weermag en polisie mobiliseer, ‘n nasionale noodtoestand afkondig en dan verder regeer.
1 provinsie en n paar munisipaliteite is ok. dit moet net nie meer word nie. Zuma was klaar smoorkwaad vir die OVK oor die uitslag van 2016 se munisipale verkiesing. n swark vertoning in 2019 gaan nie net by kwaad bly nie.

ZANU PF het die MDC toegelaat om selfs Harare se stadsraad oor te neem (net daarna het die MDC nuwe luukse motors vir die raadslede gekoop…). Maar toe die MDC in 2008 die nasionale verkiesing wen, toe swaai ZANU-PF vining om en aanvaar nie die uitslag nie. Dieselfde het in Kenia gebeur.

Cherokee ·

As jy sou reg wees, wat natuurlik nie onmoontlik is nie, verklaar dit die burgeroorlog-voorspellings wat gedoen word. Dit sal ‘n burgeroorlog beteken met die blankes op die paviljoen.

ZAR ·

Ons moet leer uit geskiedenis, maar ek glo nie dit gaan so hier gebeur nie. Ek glo as ANC verloor, gaan EFF en ANC vinnig saamsmelt. Meeste van die ander klein swart partye is net so radikaal soos die ANC en EFF. Die kans dat die DA gaan wen is nul. Die EFF word sterker by die dag, ANC sal hulle vinnig opeet. As EFF 2de grootste party word en weier om minder radikaal te wees soos die ANC, dan sal ANC die DA opeet. Hulle staan almal eintlik aan dieselfde kant, dit wissel net af van radikaal links na minder radikaal links en moet eintlik bekendstaan as ANC-lite, ANC en ANC-max. Dis die top drie politieke partye.

Gys ·

Ek wonder hoe effektief n noodtoestand afgedwing kan word met n weermag en polisie wat baie naby aan niks beteken. So ek dink nie dis iets om jouself aan die slaap oor te huil nie.

Melanie ·

Jaco, ek weet nie waar jy jou inligting vandaan kry nie, maar ek het dieselfde gehoor. Ons gaan ons moet staal vir dit wat voorle.

Bobby ·

Melanie, weet jy enige iets, of het jy alles by jou fairie godmother gehoor.

Cherokee ·

Is dit die sinvolste bydrae wat jy kon doen, Bobby? Dit is te bejammer.

Adam ·

Wat by wyse van gerugte versprei word is irrelevant. Die arme regses sukkel nou nog om 1994 se boeliebief op te eet.

Bobby ·

Ek hoop regtig nie die DA groei te stadig nie. Ons het n sterk party nodig om na die belange van ons kinders om te sien. Die alternatiewe wit partye is net te swak en klein. Hulle is soos n storm in n teekoppie.

aj ·

Argumente in Afrika word altyd gewen deur die ou wat die meeste gewere het. Nie die meeste STEMME nie!

Bewapen en verdedig jou self!

Rooikop ·

Die DA word swakker en die VF+ word sterker, ek dink die DA gaan na die verkiesing swakker as ooit wees want die EFF en die ANC gaan hulle insluk, hulle gaan nie meer herkenbaar wees nie, want hulle beleid is in elk geval dieselfde as die ANC se beleid.

Judge Dredd ·

Die partye wat steun gaan verloor:
ANC
DA

Die partye wat steun gaan wen:
EFF
VF+
COPE
GOOD party

Prinses ·

Die DA kyk NET na koalisies met die EFF, en as enige normaal denkende mens dink dat die EFF se beleid vir hom of haar enigiets goeds inhou moet jy jou kop laat lees. BLY WEG Van die partye wat teen jou diskrimineer en saam met partye in die bed klim wat jou lewendig wil afslag en al jou besittings van jou ontneem . .. wakey wakey.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.