DA se Pta-burgemeesterskandidaat aangekondig

Solly Msimanga (links) is as die DA se burgemeesterskandidaat in Pretoria aangewys.

Solly Msimanga (links) is as die DA se burgemeesterskandidaat in Pretoria aangewys.

Daar kan geen twyfel wees dat daar vordering gemaak is sedert apartheid nie, maar die vordering het tot stilstand gekom onder die huidige ANC-regering, het die DA se nuutverkose burgemeesterskandidaat vir Pretoria Saterdag gesê.

Solly Msimanga het ná sy verkiesing tot burgemeesterskandidaat gesê korrupsie en wanadministrasie het dienslewering in die stad op die kantlyn geplaas. “Die munisipale regering in Tshwane werk net vir hulself en nie vir die mense nie. Dit word beheer deur ʼn klein groep wat slegs daarop fokus om hulself, hul familie en hul vriende te verryk.”

Msimanga het gesê die slimmeterkontrak-debakel is net een van die voorbeelde waar gierigheid, selfbelange en arrogansie inwoners se belange getroef het. “Tshwane-burgemeester, Kgosientso Ramokgopa en Jason Ngobeni, munisipale bestuurder, het doodeenvoudig die advies en instruksies van die nasionale tesourie om nie voort te gaan met die kontrak nie, geïgnoreer. Die uiteinde was dat honderde miljoene rande gemors is nadat die mislukte kontrak gekanselleer moes word. Dit was geld wat spandeer kon word op die lewering van dienste aan gemeenskappe.”

Msimanga het gesê dit is duidelik dat Pretoria onder de ANC se beheer nie vorentoe gaan beweeg nie. Elke jaar word miljoene rande onderspandeer of wanbestee deur die munisipaliteit en enige poging deur die DA om dit aan die groot klok te hang en te debatteer, word vinnig in die kiem gesmoor deur die ANC-speaker in die raad.”

Hy het gesê swak dienslewering, armoede, misdaad en dwelms moet nie die norm wees vir die mense van Pretoria nie. Hy het gesê die DA sal hard veg om hierdie euwels uit te wis deur ingrypings in plek te stel wat beleggings sal lok en werk sal skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johannes Meintjes ·

Mens sou hoop dat ‘n “verligde” alternatief soos die nuwer, donkerder DA nie die rasse of Apartheidskaart sou nodig kry nie, of verantwoordelikheid sou aanvaar vir wat (nie) in Afrika gebeur het voor apartheid? Die vraag is nou, – bied die DA dan werklik meer innoverende oplossings vir SA se probleme?

danie ·

Ek stem saam, hulle moet met nuwe idees vorendag kom en nie net die nder se foute uitwys nie,

Albert ·

Al wat die DA bied is ‘n toekomstige ANC 2 en sal hy na die pype van die swartes moet dans om stemme te kry. Net soos min as wat die witstem enige impak op die ANC vandag het sal die wit minderheid in die toekoms geen impak op die DA he nie . 20 jaar gelede was die ANC ook die verlosser om ALMAL vry te maak en ‘n demokrasie te vestig. Hoe naief kan ons mense tog net nie wees om op die DA staat te maak nie. Vooruitgang in hierdie land is om alles te verswart met sogenaaamde regstellende aksies en transformasie waar slegs swart koppe getel word en kundigheid, prestasies ens geensins ‘n rol speel nie.

Henry ·

Met meer as 45 miljoen swartes teenoor ongeveer 4 miljoen wittes, is dit onvermydelik dat die regerende regime altyd swart sal wees.
Vir die huidige is VF+ die enigste politieke party wat die belange van Afrikaners kan bevorder.
Uhmm…probeer bevorder.

Stephan ·

Al is die DA nie die beste party nie is hulle darem goeie opposisie en dalk meer oopkop en meer deursigtig

Dave ·

Die DA en sy kiesers is steeds groot bydraers tot die bankrotskap van ondermeer Eskom. DA-lede mag nooit kla oor beurtkrag want hulle kry bloot waarvoor hulle stem.

Mariet ·

Die DA streef beginsels van vryheid, regverdigheid en geleenthede na. Definitief nie ‘n ANC 2 of gebaseer op enige ander party se swak prestasies nie. Die DA het male sonder tal bewys dat wanneer in regering hulle beter dienste verskaf, lewensomstandighede verboten, werkloosheid afneem en geleenthede vermeerder. In die Wes-Kaap sowel as in Midvaal, Gauteng. Ek sien uit na ‘n regering in Pretoria met inoverende leierskap wat weer belegging na ons stad lok, dienste lewer wat ons verdien en voor betaal met deursigtige bestuur. Dis wat ek glo net die DA my kan bied. My stem is definitief by Solly Msimanga.

Dave ·

En steeds is dit ‘n feit Mariet, dat jy lid is van ‘n swart party wat geen respek het vir Afrikaans en alles in hul vermoeë sal doen om daarteen te veg. Julle is dus bloot ‘n verwaterde ANC.

Henry ·

Hier waar ek in die Wes Kaap woon, is die enigste verskil tussen die DA en die ANC dat die slaggate onder DA bewind groter en meervuldig is as onder die ANC spulletjie wat hulle vooraf gegaan het.
Die een is so treurig soos die ander…

joe ·

Sjoe Die DA probeer die ANC meerderheid verminder of oorwin wat veranderings kan meebring . Nou is daar mense wat neerhalend teenoor die DA is wat die eenigste is om veranderings te bring . Dit wil my voorkom daar is wat tjank oor hoe dit tans gaan maar ook tjank oor moontlike veranderinge . Red n volk nou met dit sjoe nee

Ryan kommentaar ·

…en daarin is die probleem. Altyd ‘n probleem wat “wit” het met “swart”…..en dan “swart” met “wit”………..en natuurlik het ons ook probleme met “swart saam met wit” en ook probleme met “wit saam met swart”.
Die probleem van ons land is dat mense dink in terme van “wit” en “swart”. Swart party, wit party, swart springbok, wit springbok, swart taal, wit taal, swart boer, wit boer.

Henry ·

Ek het nog nie gehoor of gelees van wit siele wat die moorde en wrede martelinge pleeg wat tydens plaasaanvalle en huisbrake op wit en/of swart mense plaasvind nie.

Het jy? Vertel asb.

Weet jy van enige regime op ons planeet wat daarop aanspraak maak dat hulle 50 miljoen swart ondersteuners se belange na 21 jaar teen ‘n minderheid van 5 miljoen met kwotas, regstellende aksies, BEE en wat nog alles moet beskerm?

Miskien kan jy sommer vertel hoe ons tewerk moet gaan om die EFF, ANC en al die ander burgers te oortuig om nie in swart en wit politiekery te verval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.