DA se regsmense waarsku ANC

Die DA-leier, Mmusi Maimane, voor ’n banier met die leuse wat die party beweer die ANC by hulle gesteel het. Foto: DA via Facebook

Die DA het sy prokureurs opdrag gegee om aan die ANC te skryf en die party opdrag te gee om op te hou om sy verkiesingsleuse, “Een Suid-Afrika vir almal”, te gebruik.

Die ANC ontken dat hy die leuse gesteel het, sê Solly Malatsi, DA-woordvoerder, en beweer dis onmoontlik omdat die DA nog nie sy verkiesingsveldtog van stapel gestuur het nie.

“Dis ʼn infame leuen aangesien ons ons verkiesingsveldtog op 22 September 2018 bekendgestel het,” sê Malatsi. “Die DA sal ook ʼn verskoning van die ANC eis omdat dié party ons leuse gesteel het.”

Hy meen die DA het sy “verbintenis daartoe bewys om ʼn nierassige en inklusiewe Suid-Afrika te bou, terwyl die ANC met die jare weggedwaal het van dié ideale. Daarom is dit ʼn skande dat hulle hulle onbeskaamd sal voorhou as toegewy aan die bou van een Suid-Afrika vir almal, wanneer dit kwalik minder waar kan wees”.

Malatsi sê die ANC se gebrek aan kreatiwiteit wys “hulle het niks om Suid-Afrikaners te bied nie en dis net nog ʼn aansporing vir ons mense om die ANC by die stembus te straf”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

trevor ·

jammer ek vertrou nie DA nie. DA het my vertrou verloor. ek gaan nie meer stem nie

Gert ·

Volgende gaan hulle baklei oor wie die meeste ten gunste is van regstellende aksie en BEE

Hanna Hoekom ·

Een Suid-afrika vir ALMAL? Nou waar pas die “our people” dan nou in? Daar word mos duidelike onderskeid deur CR gemaak. Nee wat, gaan dink maar weer oor hierdie een!

Nick ·

Klaar besluit? Ek sal nie stem nie,nooit ooit weer nie. Ek leef gemaklik en ek voel n veer vir die res!So called Afrikaners wat nie kan opstaan vir hulself nie! As n nasie in sulke moeilikheid is en net wegkruip onder skuilname en sosiale media wil ek nie deel van julle wees nie!!!!! Geniet die tydjie in Suid Afrika want julle kinders gaan nog in strate leef omrede die ouers niks aan die huidige situasie doen nie. Ek voel vir julle !!!!!!Geniet die onderdrukking en armoede !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.