DA sê stembriewe in park is getel

Die stembriewe wat glo in die park opgespoor is Foto: EWN, @ewnupdates (Twitter)

Die stembriewe wat glo in die park opgespoor is Foto: EWN, @ewnupdates (Twitter)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat hy ondersoek instel na bewerings van ongerymdhede nadat daar onder meer sakke vol stembriewe in ʼn park in Lynnwoodrif in Pretoria opgespoor is.

EWN het vroeër berig dat meeste van die stembriewe wat in die park gevind is ten gunste van die DA gemerk was. Helen Zille, leier van die DA, het intussen gesê geen ongerymdhede word in die stadium vermoed nie. “Daar is deur ‘n oudit vasgestel dat die stemme getel is voor dit weggegooi is. Daar is ‘n kans dat dit van ‘n vragmotor af geval het.”

Zille sê ‘n ondersoek na die voorval gaan intussen voort. “DA-party-agente in die kiesafdelings wat geraak word, het bevestig dat die stembriewe getel is. Ek neem hulle woord daarvoor.”

Die OVK het ook bevestig dat hy ondersoek instel na die en ander voorvalle waar gemerkte stembriewe gevind is. “Ons ondersoek alle beweerde gevalle van ongerymdhede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Julle mense moet net bykom. Maak oop julle oë en kyk wat is aan die gang. Hoop regtig julle is 100% seker van julle feite.

johann ·

Hoekom probeer Zille nou insinueer dat daar geen misdaad hier is nie? Die goed moes verbrand word and daar is geen verskoning vir goed wat “VAN VRAGMOTORS AFVAL” nie. Die HELE modus operandi is PATETIES…!!! Wie is die idiote wat die hele proses voorgeskryf het…???!!!!

Marius ·

Is die land se paaie so sleg dat selfs die trokke kortpad deur parke moet ry?
Hoe kan n oudit vastel of dit getel is? Word dit gemerk….?

Iets maak nie sin nie, Helen word wakker….

Rudy ·

Ek glo geensins dat dit getel is nie en daar MOET n re Vote wees, en klaar. ons gaan dit nie so aanvaar nie. so wat gaan gedoen word om die hele bedrog spul en skelm donders uit te wis.

Nollie Vosloo ·

El glo daar is ‘n sisteem wat die aantal briewe wat getel is vergelyk met die hoeveelheid name wat in die register doodgetrek is. So nie kon die scanner ook ;n telling gehou het. Andersins is iemand sekerlik omgekoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.