DA sê steun aan Ramaphosa toe ‘as hy landsbelang eerste stel’

Mmusi Maimane. Foto: (AP Photo/Jerome Delay)

Die DA sê as pres. Cyril Ramaphosa doen wat in belang van Suid-Afrika is, kan hy op die volle steun van die party reken.

Die DA het Ramaphosa gelukgewens met sy inhuldiging as president op die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria vroeër vandag. Die party het hom ook sterkte toegewens.

“As die president doen wat in belang van Suid-Afrika is en ernstig is oor ekonomiese transformasie, sal hy die volle steun van die DA hê,” het partyleier Mmusi Maimane gesê.

Die party sê sekere sleutelkabinetskuiwe kan boonop ʼn aanduiding wees van enige werklike verbintenis tot transformasie.

Die ekonomiese groepering kan tot drie sleuteldepartemente verminder word (finansies, staatsondernemings en werksgeleenthede) om ʼn meer samehangende ekonomiese beleid te verseker. Die minister van finansies moet by magte wees om ʼn skuldbeperking te stel en die minister van openbare ondernemings moet bereid wees om nie-strategiese ondernemings, soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens, te privatiseer. Eskom moet ook herstruktureer word sodat die private sektor die oorgang na goedkoper en skoner energiebronne kan lei.

Die DA sê entrepreneurs is ʼn oplossing, nie ʼn probleem nie en arbeidswetgewing, veral dié wat kleinsake knou, moet beduidend verslap word deur ʼn nuwe minister van werksgeleenthede. Dié minister moet ook visumhervorming van stapel stuur om toerisme en beleggings ʼn hupstoot te gee, sodat dit makliker is vir noodsaaklike vaardighede én buitelandse kapitaal om Suid-Afrika binne te kom.

Volgens die party moet Ramaphosa ʼn minister van basiese onderwys aanstel wat sterk genoeg is om die onderwysersvakbond Sadtu vas te vat en onderwysers moet behoorlik opgelei, geassesseer en aangespoor word.

Nóg een van die party se voorstelle is ʼn samesmelting van die ministerie van sport met dié van basiese onderwys, om transformasie van die laagste vlak af te verseker. Wetenskap en tegnologie kan met hoër onderwys saamgesmelt word om innovasie te verseker.

Die DA sê pleks daarvan om die onbekostigbare nasionale gesondheidsversekeringsplan in te stel, moet die regering staatshospitale regruk, toegang tot primêre gesondheidsorgklinieke uitbrei en die private gesondheidsektor tot volle voordeel van die publiek gebruik.

Provinsies moet bemagtig word om hulle polisiemagte te bestuur, omdat die stryd teen misdaad dringend plaaslike kennis en intelligensie benodig. Die party sê Suid-Afrika benodig ʼn minister van plaaslike regering wat mag aan stede kan gee, hetsy om hulle eie spoorweë te bestuur of om elektrisiteit direk van verskaffers aan te koop.

Staatsveiligheid moet ʼn minister hê wat die departement meer professioneel kan maak en dit sal laat fokus op die versekering van staatsveiligheid en die stryd teen korrupsie, eerder as faksiegevegte.

Die DA sê Ramaphosa moet die geleentheid gebruik om eerlik te wees met Suid-Afrikaners en aan hulle te verduidelik dat populistiese oplossings, ongeag hoe aanloklik dit lyk, uiteindelik tot Suid-Afrika se ondergang gaan lei, soos dit ook in Zimbabwe, Venezuela en elders gebeur het.

Die party sê Ramaphosa moet ʼn beraad oor ras en versoening belê “sodat ons mekaar kan vind en begin saamwerk as een land met ʼn gedeelde toekoms”.

“Pres. Ramaphosa sal my volle samewerking hê as hy die nasionale belang bo dié van sy party stel. Deur met dié hervormings te begin, sou alreeds ʼn stap in die regte rigting wees.

“Ons hoop dat dit met die president sal goed gaan,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Andreas ·

Die DA is arrogant, nou kom vertel hulle vir Ramaphosa hoe hy die land moet bestuur en gee raad wat skrik vir niks, so asof hulle die antwoorde as opposisie het, plaas dat hulle stilbly, hulle het mos hul kans gehad, maar nou “cash they in”, en dit is om in die koerante te kom. Waarom is hulle nie die regerende party nie?

Baie duidelik werk hulle raad en antwoorde nie. Selfs Zille neem nie vir Mmusi ernstig op nie. Dieselle met Julius, nou kom vertel hy ewe grootman vir Cyril wat met hom gaan gebeur as Cyril vir Gordhan in sy kabinet opneem. Hoe arrogant het ons Commander in Chief nie geraak nie. Maar hy het nie verniet die naam gekies nie, selfs al het Mandela nog vandag geleef, sou Julius homself as die COMMANDER IN CHIEF aan die mense verkoop het en vir Madiba voorgeskryf het.

Abe ·

Felix,
Niks gedink nie, niks gese nie, geen opinie, beteken niks op die aarde nie!

Erick ·

“om transformasie van die laagste vlak af te verseker.” Nou toe, en nou wil hulle rasse versoen. ANC lite op volle dreef.

Klipindiebos ·

Die produk van ‘n huwelik is onderandere kinders. Baie jongmense van vandag het in disfunksionele huise grootgeword en hulle optrede en uitlatings voorspel probleme.

Gerriec ·

“As die President doen wat in belang van Suid-Afrika is en ernstig is oor ekonomiese transformasie,sal hy die volle steun van die DA he”- beslis nie my steun dan nie.

humor ·

Hier en daar mooi klanke maar die konkrete werklikheid en die praktiese uitvoering?????? Maar nouja.

piet piet ·

Steun hy dan die diskriminerende wette teen minderhede soos BEE,kwotas ens en plaasmoorde ???

TN ·

Is daar enige iets behalwe Groenewald se dik lyf waarmee julle NIE fout find nie ?

sweis ·

TN, totaal onvanpas en ongevraag en vir jou is dit Mnr Groenewald.

TN ·

@ sweis __ ek neem aan dat jy ook dink dat hy sy sg ” doktorsgraad ” iewers gekoop het ?

kolla ·

Hy lyk vir my soos die tipe wat ‘n kortbroek, groen safaripak met ‘n kam in ‘n blou, langkous gedurende Apartheid sou dra.

sweis ·

TN in die jare wat Dr Groenewalt sy graad gekry het moes jy hard werk en studeer,korrupsie, afbreek,afbrand van jou skool omrede jy te lui is om te leer en die bakhand gestanery en n grant vir dit en vir dat het onlangs eers sy kop uitgesteek. DR Groenewald is die hoogs gekwalifiseerde politieke leier in SA en die vorige presedent het maar graad 2 gehad,die nuwe een het sy fortuin met sy swart bemagtiging beleid gehad .Ek stel voor jy doen jou navorsing noukeurig voor jy jou ik openbaar.

Mawê ·

HuH?
Wolf trou met Jakkals se vrou!
En nogsteeds n bazarre sirkus wat die narre populasie van hierdie land volg!!
i rest me case.

JG ·

Twee lede van die “Three Stooges” weer op die forum…TN + Kolla…gaan huis toe, daar word kinders getel.

ANC ·

Die forum behoort aan almal, dus kan almal monduitspoel as hul dit so verkies. Trek as j nie happy is nie…

Ander Koos ·

Daar word al 25 jaar getransformeer en ten spyte daarvan dat dit net slegter gaan, is al wat mens lees en hoor “transformasie”. Hoelank nog?

Adam ·

Daar raak Pastoor Maimane toe ‘n paar waarhede kwyt. Almal weet al jare dat Arbeidswetgewing verslap moet word en dat entrepeneurskap aangemoedig, in stede van onderdruk word. Dit is jammer hy noem nie dat maatskappy belasting verlaag moet word nie, alhoewel hy darem meld dat burokratiese rompslomp beperk moet word. Dit sal die ekonomiese koek groter maak en die ekonomie help transformeer. Die woord “transformasie” Pastoor, moet jy maar versigtig gebruik, want as dit verwys na BBBEE , EE, die saamleef met enorme werkloosheid en die aanhoudende herverdeling van die ekonomiese koek, die vergroting van die welsynskomponent van die samelewing ens. ens., kon jy maar net sowel geswyg het.

Wielspore ·

Na my mening is CR die beste wat nog met SA kon gebeur het sederd die afsterwe van Madiba. Watch this space en sien wat gaan verder gebeur met korrupsie, ekonomiese groei, buitelandse belegging. Daar gebeur baie meer positiewe dinge op ekonomiese vlak tussen die regering en maatskappye as wat die gemiddelde SA’ner van weet. My eie werkgewer het onlangs in net een sy besighede in SA R370M bele vir toekomstige uitbreiding. Die media maak hulle self ook baie skuldig deur net op die negatiewe te rapporteer. Hierdie belegging van ons werkgewer het tot vandag toe geen publikasie se nuusblaaie gehaal. As jy elke dag na negatiewe goed wil kyk en luister, is jou gedagtes en gewoontes daarop ingestel. Ek het simpatie met die moorde op ons mense want niemand verdien om onnatuurlik dood te gaan en ek bid elke dag vir hulle geliefdes. Geen satan sal my onderkry en ek is hier om te bly.

Dries du Toit ·

Wielspore jy is so mooi naief en positief oor jou baas se belegging wat n druppel in die emmer is. Dit is reg jou magie is vol en de hel met die res. Jou positiwiteit is byna aansteeklik. Tot aan die einde van jou kommentaar. Dan noem jy iets wat jou nie agter die hoe mure raak nie. Dit alleen my vriend is rede om al jou posiwiteit van die tafel af te vee en my in trane te laat uitbars

Bianca ·

WÍELSPORE…ek is meer geneig, om saam met jou te stem!
Dit het voorwaar eintlik niks met enige ‘politieke’ leier of party meer te doene nie,niks en niemand kan ons meer ‘red’ nie.
DÍS…nou in ons Vader se Hande en Beheer Alleen.
Ek KIES ook,om eerder LEWE TE SPREEK met Lewegewende+VredeSkeppende Woorde,ONgeag wátookal…
EK GLO ook, Vader Het n Ander Plan, waarvan ons nie weet nie,want voorwaar Hý is God Almagtig,Hý Kón dit gestop of gekeer het en Hy het nie

schaun ·

Ek lees julle kommentaar en toe slaan dit my ,die meeste afrikaans sprekende mense is so oningelig hulle weet nie wat kom nie en hoop seker deur voor die meesters te buig jy gespaar sal word ,Ramaposa het net n saak met homself en met sy ‘our people” en jammer om dit vir julle te sê maar dit sluit julle nie in nie.

Gert ·

Wielspore, oorweeg gerus om soms nuus te kyk. Weet jy waar Cyril se miljarde vandaan kom? Het jy ooit die paddapot-storie gehoor? Wat van Cyril se grondgrypplanne?

TN ·

@ Bianca __ daar is ‘n baie meer logiese rede eaarom ” hy ” dit nie gestop het nie .

Judge Dredd ·

Ja watch this space – SA se ekonomie sal onder 2% per jaar groei – so we going nowhere slower than before.

Felix ·

Nou wonder ek wat gaan die graderingsagentskap S & P na dese met ons status aanvang?

Hendrik ferreira ·

Voor 1994 een van die beste eenhede in die wêreld en dit is waar ons vandag is wat n grap ,verbied eerder die media as julle weer partytjie hou julle vergat van ons wie met oorsese maatskappye moet werk.

Willem ·

Kyk, as dit nou rugby was sou hulle die ou nie vir gevaarlike hoogvat kon blaas nie, hy het daai paal so kniehoogte getackle.

Erica ·

Andreas,jou naam moes Humoreas gewees het…jou KOPSKOOT video, laat my heerlik lag,in ons MOOI SONSKYNLAND vandag…!!!

Pop ·

Mnr Maimane, jy wil so graag he al die haat moet end kry. Sal dit nooit regkry met die witmense nie. As ek die kommentare hier lees sien ek rassisme in al sy glorie

DA BO ·

TN, daar is ek saam met jou. In die verlede het ons dit gekry met die AWB ens. En ek is so moeg vir die Afrikaners wat so kan hamer op n ding. Nou is dit die DA. Ek sien ook nie wat die VF al gedoen het wat so uitstaan nie. Niks behalwe om in parlement te praat. En Andreas, regtig. Maimane is n ds nie n pastoor. Ten minste is hy n Christen, met n geleerdheid, anders as sommiges wat groot mond hier twak kwyt raak in hulle onnoselheid.

TN ·

Ek sê nie dat Ramaphosa die volgende messias is nie , allermins maar ek kan een ding vir jou sê en dit is dat as Ramaphosa of Maimane vir hierdie regses hulle taal reserveer en uitsluitlike Afrikaanse instellings waarborg en dit lewer asook werk vir wittes verseker en die ook lewer sal hulle daarmee foutvind omdat die twee mense swart is en nie wit met ‘n kortbroek en brannas en coke nie . Die groot gevaar in Suid-Afrika is nie Malema of sy mal broer van die BLF nie , dit is die negatiwiteit en ewige foutsoekery van die regses . Die media het ook ‘n groot deel daaraan __ indien ‘n witmens vermoor word skree hulle tereg ten hemele daaroor maar bly stil oor die duisende der duisende swartes wat vermoor word __ dié verkoop nie koerante nie !
Gelukkig is daar hope mense met baie geld en baie verstand wat oplossings soek vir elke probleem en nie soos die regses ‘n nuwe probleem vir elke oplossing nie !

Pensioenaris ·

DA BO..ek het al die kommetare gelees, en joune is die een waarmee ek 100% saam stem

KrokodilBotha ·

Yoh yoh , die ANC lite het nou baie om te se. Beste nuus wat die Ramafloppie se trawante kon kry is toe die liberale DA nog steeds goed gedoen het met verkiesing. Hulle is rugraatloos teen die ANC.

kolla ·

Julle president mag julle dalk net verbaas. Volgende verkiesing stem ons ANC.

kolla ·

Ramaphosa lyk darem soos ‘n president. Vergelyk dit nou met van die Afrikaner-leiers soos PW Botha, Skilpad Treurmare Treurnicht en ridder op die swart hings, Eugene Terreblanche. LOL

Markus ·

Kolla ,ek respekteer jou opinie maar jy maak onse mense se naam g.t met jou stupid goet wa jy praat.

Judge Dredd ·

Ja stem saam Kolla – daai buffel neus het baie plek vir ystervark pen – net soos ‘n big chief betaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.