DA se tussentydse leiers aangewys

John Steenhuisen (links) en Ivan Meyer (Foto: DA)

Die Demokratiese Alliansie se federale raad het Sondag ʼn tussentydse federale leier en tussentydse federale voorsitter aangewys om die party te lei tot die federale kongres in 2020.

John Steenhuisen, die DA se parlementêre leier, is as die tussentydse leier van die federale raad aangewys en die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer, as tydelike federale voorsitter.

Die sowat 150 lede van die DA se federale raad het in Johannesburg vergader om die twee posisies te vul wat met die onlangse bedankings van Mmusi Maimane as partyleier en Athol Trollip as federale voorsitter vakant geraak het.

Steenhuisen, ‘n voormalige DA-hoofsweep en oudleier van die DA in die KwaZulu-Natalse wetgewer, het gewen teen die Gautengse lid van die provinsiale wetgewer, Makashule Gana.

Steenhuisen het Gana geklop met 97 stemme teen 33, het Maroela Media verneem.

Meyer, tans LUR vir landbou in Wes-Kaapland en voormalige leier van die DA in die Wes-Kaap, het gewen teen twee kandidate, te wete dr. Nomafrench Mbombo (tans LUR vir gesondheid in die Wes-Kaap en leier van die DA-vrouenetwerk) en Khume Ramulifho (lid van die Gautengse wetgewer).

Meyer het gemaklik gewen, met Mbombo tweede en Ramulifho derde, na wat Maroela Media verneem.

Meyer het voorgeneem dat die DA voluit sal werk vir hul beleid om gefinaliseer te word teen April – ʼn beleidskongres wat hy sal reël.

Steenhuisen het gesê dit moet duidelik wees waarvoor die DA staan en dat daardie beleid organies in gemeenskappe moet groei.

Die nuwe instaanleier het bygevoeg hy sal die DA op ‘n positiewe pad lei waar die party nie eerstens kritiseer wat met ander partye verkeerd is nie, maar uitwys wat hy as alternatief beter kan doen.

Steenhuisen moes bontstaan oor hoe wit die DA se leierskap geword het met hom as leier, Helen Zille as voorsitter van die federale dagbestuur en Natasha Mazzone as hoofsweep, met net Meyer (wat bruin is) ‘n bietjie donkerder in die party se leierskap.

Hy het gesê alle Suid-Afrikaners wat ‘n bydrae het om te lewer moet toegelaat word om dit te doen, en dat hy as ‘n wit man gereed staan om dit te doen.

Steenhuisen en Meyer sal net tot April in hul poste dien, wanneer ʼn leierskorps deur die afgevaardigdes na die DA se federale kongres ʼn leierskap vir ʼn volle volgende termyn sal verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oomie

Dr Meyer het die vermoë om n groot getal Good volgelinge terug te bring DA toe. Die DA moet nog net ontslae raak van daardie mense wat De Lille uitgewerk het, want dit is deur die sogenaamdes wat die DA stemme verloor het

an

Watter tipe katte is die beste ….? swart-, wit-, bruin, – mannetjies, wyfies …..?

Antwoord:
SA benodig katte wat KAN muise vang!

Steenhuisen en Meyer is die “BESTE KATTE” wat nou beskikbaar is!

… en natuurlik Zille (wat die wind laat waai) … ha … ha…

Weer gedink

En daar is die OU NP uit sy skynlike graf weer gebore,,,VF hier kom ek!!!

C op C

Dankbaar om te lees dat DA gaan poog om sy eie identiteit uit te leef en nie net reaktief op te tree nie.

bokke

Die DA het stemme verloor juis oor gedeeltes van sy beleid wat nie duidelik was nie. Steenhuisen doen die regte ding om dit onmiddellik aan te spreek. Daar moet geen twyfel wees oor wat die DA se presiese beleid is nie. Kiesers gaan daarvolgens stem.