DA se valbyl gestel vir De Lille

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Die DA se politieke valbyl is gestel vir die nek van die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, en wanneer die son vanaand sak, kan haar kop rol.

Die DA se koukus in die Kaapse metroraad vergader naamlik laat vanmiddag om ʼn mosie van wantroue in haar te bespreek. Kragtens die DA se nuwe terugroep-klousule moet sy dan binne 48 uur as burgemeester bedank of anders verloor sy haar DA-lidmaatskap, wat in elk geval kragtens Suid-Afrika se proporsionele stelsel sal beteken dat sy haar setel en dus ook haar burgemeesterskap kwyt sal wees.

Dis nog nie presies seker hoe laat die koukusvergadering gaan plaasvind nie, want daar is eers ʼn stadsraadsvergadering wat vanoggend 10:00 begin. Die lengte van ʼn stadsraadsvergadering is moeilik om vooraf te bepaal, maar die verwagting is dat dit teen 17:00 afgeloop sal wees – as alles normaal en volgens plan verloop.

Daarna sal die DA-koukus vergader, en ʼn aanduiding van hoe ernstig die federale bestuur van die DA die saak opneem is dat die ondervoorsitter van die party se federale raad, Thomas Walters, persoonlik ʼn oog oor die gebeure sal hou.

Daar is groot verdeeldheid in die Kaapse DA-koukus oor optrede teen De Lille. Tydens verlede week se aanvra van die mosie van wantroue in haar het 77 lede daarvoor gestem, 39 daarteen, 11 het buite stemming gebly en 23 het glad nie opgedaag nie.

Dit is nietemin duidelik dat haar teenstanders die oorhand het en dat die valbyl vanaand, min of meer met sononder, gaan val.

Twee vrae kom dan op: Wat gaan sy doen, en wat gaan die DA doen?

Wat De Lille betref het sy drie opsies: Eerstens, bestry die wettigheid en grondwetlikheid (binne die land se Grondwet) van die DA se terugroep-klousule. Tweedens, aanvaar die uitslag en haar ontslag en verdwyn stil-stil van die politieke toneel. Derdens, sluit mettertyd by ʼn ander party aan. In laasgenoemde verband het die EFF en die ANC reeds die deur wyd vir haar oopgemaak.

Wat die DA betref sal ʼn opvolger vir haar aangewys moet word. Gegewe die opsies gaan dit waarskynlik ʼn valer, verveliger en plooibaarder politikus wees, wat groot polvye gaan moet volstaan en ʼn taai taak gaan hê om haar na te doen as die rekord van ʼn tweederde meerderheid in Kaapstad aanstaande jaar herhaal wil word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Piet Snot ·

Die DA se politici bedryf (weereens) politiek ter wille van hulself, en nie landsbelang nie.

rollie ·

Meeste politici bedryf politiek vir selfbelang. Spul fat cats maak nie saak watter party hulle verteenwoordig nie.

Rynhardt ·

De Lille pas nie in by DA en Maimane se nuwe grondwet nie.Haar tyd is lankal verby.Sy sal nuwe politieke tuiste deur Anc of EFF aangebied word.Sy sal natuurlik eers n perskonferensie hou om uit te spel hoe stief ???sy deur die einste liberale DA(wat sy oor al die jare aanbid het)behandel is.Sodoende is sy weer aanvaarbaar vir haar nuwe politieke tuiste?????en gelukkig!?☺???

Stephen Namibia ·

Ek stem saam met Piet Snot. Ek verstaan nie hoe die DA in hierdie uiters sensitiewe politieke tye met De Lille n geveg kan aanknoop nie. Die ANC wag soos aasvoels om munt daaruit te slaan.
Die DA sal beslis steun verloor onder die kiesers. De Lille het baie aanhangers.

rollie ·

Voor sy by die DA aangesluit het, het sy haar eie party gehad (Independant Democrats) wat net bruin kiesers gehad het. Dit was ‘n mislukking want die bruin kiesers het toe reeds vir of die ANC of die DA gestem. Sy het min kiesers DA toe gebring.

leser ·

van dag een af wat ek de wil se naam gehoor het, was ek skepties agterdogtig oor haar. sy was al by omtrent elke politieke groep. sy het sekerlik ‘n verskuilde agenda, sy weet sy mag nie toi toi saam met ander party lede nie , maar nee, sy moet haar gesig gaan wys by wennie se gedenk diens

Oopsie ·

Die DA gaan lang trane huil, De Lille gaan al die bruin stemme wegvat na die radikale EFF toe .. JA natuurlik moet daar teen korrupsie opgetree word, maar ek is bevrees sy is nie die enigste een nie. Sy gaan sê die DA is in elk geval rassisties (al is hulle hulle lewe lank nog links en nou meer links as ooit) en dan sal sy ‘n aanbod van die ANC of EFF kry en haar werk voortsit . die DA gaan van wit en bruin en swart geledere ‘n groot verrassing kry . glo my!

Cherokee ·

Terwyl ek ook dink die DA weet nie wat hulle doen nie, is daar ook die opinie dat De Lille geen vriend vir die Afrikaanssprekende blanke is nie.

Johan. H. ·

Ta Ta as ek reg kan onthou was sy ook een van daaie” one setler one bullet” na-apers. Verander nooiet van vere nie,, Al positief hier is , sy praat darm mooeierig Afrikaans.

Rupert Ashford ·

Wat van die vierde opsie: Aanvaar die terugroep maar bly aan as DA raadslid. As ‘n ander party haar dan by die volgende raadsvergadering weer as kandidaat benoem vir ‘n geheime stemming en die 39 stem haar weer in saam met die ander partye kan die DA erg in die verleentheid gestel word. Sy wen, die opposisie wen deur die DA belaglik te maak en die DA verloor. Met ‘n volstrekte meerderheid kan die opposisie nie veel meer as dit doen nie, maar dit kan baie effektiewe politiek wees.

DA Vriend ·

Die D A weet nie wat om die leier van die Wes Kaap te doen nie , maar kan van hom ontslae raak om hom Burgermeester te maak in Patricia se plek. Want om die bestaande leier gaan DA die Wes Kaap verloor in 2019.

Andre ·

Alles agter die DA kom van MM, hy gaan die DA sink. De Lille vat baie bruin stemme weg en met Helen wat `n klomp wit stemme weg vat gaan die DA 50% minder stemme kry in 2019. Die ANC gaan weer die Kaap vat, en julle kan almal MM bedank dat hy julle uit verkoop het.

Stem Andre ·

Jip Andre ek stem met jou saam. Mmusi het gou grootkop gekry en die wittes ge-alienate, die mense wat die party begin het, nou jaag hy de Lille weg met haar bruin stemme en whalla, sit hy met’n paar swart gematigdes wat nie rooi tshirts wil dra en plase wil he nie, maar ‘n huisie by die see .. Die DA GAAN VAL .. en quite frankly my dear, I don’t give a damn, ek hoor te min van hulle wat teen plaasmoorde iets doen of se, of teen grondonteiening . hulle staan dit ook maar voor, net op ‘n ander manier . so neewat .. KOEBAAI meraai.

Johann du Toit ·

Alles geskied in die geheim wat my laat wonder of die DA dalk hulle onbekwaamheid probeer wegsteek deur die fokus op Patricia te plaas, Sy is ‘n gevaar wir hulle want sy doen haar werk en bly nie stil nie. Ek kry die gevoel sy weet te veel en daarom moet sy so gou as moontlik uit.

jaco ·

waarom bedank sy nie net nie? met al haar jare as parlementslid en as senior raadslid in die Kaapstadse stadsraad, moet sy al ‘n lekker 7 of 8 syfer bedrag gespaar het. hulle kry tog n motortoelaag en n grand motor en n onthaaltoelaag. hulle uitgawe op gewone goed wat vir gewone mense duur is, soos petrol en kos, is minimaal. met al daardie spaargeld oor die jare kan ‘n lekker mini-Nkandla gebou word. so waarom nog “veg” om aan te bly? bedank, tree uit en gaan leef lekker op die rente van die miljoene wat oor jare gespaar is.
En terloops dit geld nie net vir De Lille van die DA nie. ALLE verkose lede van alle politieke partye maak ALMAL lekker geld uit hulle posisies as lede van of die nasionale parlement of provinsiale parlemente of stadsrade. Die LAAGSTE verghoeding is vir ‘n intree-munisipale raadslid. die salaris is R400 000 per jaar, plus n lekker motor, plus n petroltoelae plus n selfoontoelae plus n vet onthaaltoelae.
GEEN verkose lid van GEEN politieke party moet eintlik kla oor korrupsie en vermorsing van belastinggeld nie.

rollie ·

Korrek, die hele politieke spul is fat cats. Ek het nou die dag amper op my rug geval toe ek hoor dat ‘n lid van ‘n burgemeesterskomitee minstens R 90000 per maand verdien. En nie net dit nie, ‘n ekonoom se nou die dag dat die gemiddelde salaris in die staatsdiens is nou hoer as in die privaatsektor (en dan praat ons nie eers van die lekker voordele wat hulle ook kry nie). Die gravy train loop sterk my maat.

Rynhardt ·

Jaco,De Lille se salaris het meer as n miljoen p.j.beloop!Vir die wat so huil oor haar, net die volgende.Sy het as burgermeester net huise gebou vir onwettige immigrante met belastingbetalers se geld!Jy sien, die DA glo dat die massas gaan vir hom stem,maar hulle sien deur die liberale en bly getrou aan die Anc!????

Amelia ·

Al wat ek wil weet is hoekom wou sy die saak oop gehad het? Iets se vir my SY is die slagoffer van korrupsie. En kyk maar na Kaapstad, een van die dae net so vuil soos die res van SA. Maar die DA kry beslis nie weer my stem nie. Vrek ek weet nie vir wie en wat ek moet stem nie. Kan iemand my help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.