DA se Waters bedank oor KZN-plakkate  

Mike Waters saam met DA-leier John Steenhuisen (Foto: Facebook)

Mike Waters, voormalige DA-LP, het bedank as die party se veldtogbestuurder in Ekurhuleni.

Waters voer in sy bedankingsbrief aan dat hy “geskok en met afgryse vervul is” oor die DA se swakheid rakende die plakkate-kwessie in Phoenix.

Die DA het verlede week plakkate wat in Phoenix aangebring is verwyder nadat die party onder kritiek deurgeloop het. “Die ANC het julle rassiste genoem” lui een van die plakkate, gevolg deur nog ʼn plakkaat wat lui “Die DA noem julle helde”.

Talle opposisiepartye het dié plakkate as rassisties en onsensitief bestempel. Die DA het om verskoning gevra vir die plakkate “wat onbedoeld aanstoot gegee het”. “Ons het ons woorde swak gekies, maar ons bedoeling was opreg.”

Volgens Waters is die party se “kruipende verskoning” en besluit om die plakkate te verwyder skokkend en versaak dit die “helde” wat ander se lewens verdedig het tydens die geweld en plundering in KwaZulu-Natal vroeër vanjaar.

“Ek kan nie langer ʼn party verdedig en bevorder wat in staat is tot sulke ruggraatlose verraderlikheid nie,” voer Waters aan. Hy sal wel as lid van die DA aanbly aangesien dit die enigste party is wie se beginsels en waardes hy ondersteun.

“Ek kan egter nie met ʼn goeie gewete baklei vir stemme vir ʼn party wat verkrummel te midde van vervaardigde histerie omdat die waarheid verklaar is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Deon ·

Die waarheid maak seer. Hulle moes gebruik gemaak het van “slogans” wat nie kan “backfire” nie, om daardie boodskap oor te dra.

Eugene ·

Word wakker John Steenhuisen jy gooi mense weg en doen meer skade aan die party as wat Mmusi gedoen het. Leiers moet lei, nie kruip nie.

Adelaide ·

As jy nie eens kan sterk staan teen ‘n plakaat nie, hoort jy nie daar nie

Jubba ·

Ja Da is sy eie grootste vyand. “Jy kan sommige mense altyd tevrede stel en al die mense soms tevrede stel, maar jy kan nie al die mense altyd tevrede stel nie “

Hennie J ·

Dit is nou so uit die perd se bek. Durf mens iets verder se?

Misky ·

Stem 100% saam en hulle moes by hul beginsel en standpunt gebly het. Haal my hoed af vir Waters.

Werner ·

Ou da maak maar die deure toe.Al julle verkiessings beloftes is nou net in die drein af.Hoe gaan julle iets regkry as julle nie eers n ou plakaaitjie kan beskerm nie.Twede Schweizer

Werner ·

Nog net n oningeligte persoon wat dink sy stem beteken iets.Na 27 jaar nog nie geleer nie so daar is nie salf te smeer nie

Werner ·

Niemand het jou stem al iets beteken die afgelope 27 jaar.Berei jou maar voor vir die anargie wat kom

Tinus ·

‘n Deel van my deel in jou sinisme, maar ‘n ander deel van my veg om optimisties te bly.

Stephanus ·

Die DA se beleid is die beleid wat hulle op daardie oomblik sien wat vir hulle die meeste stemme gaan wen. Ongelukkig vir enige party in die huidige RSA is dit of links of regs en die DA moet onthou dat tot in die Bybel word daar gese as jy LOU (draadsitter) is dan sal jy uitgespoeg word. Tot sy mees stoere lede begin sy beleid nou verwerp wat heeltyd probeer om niemand aanstoot te gee nie.

Leeuwyfie ·

Ek stem heelhartig met jou saam. Maar jy moet onthou die DA en EFF was in ‘n koalisie in Jhb en Pta, anders sou hulle nie die ANC kon wen nie. En ons almal weet die EFF is net daar om alles te breek. So dit was nie die beste koalisie nie en verseker nie ‘n aanwins nie. Wanneer die DA alleen is of in koalisies met VF+, ACDP, of ander partye wat wil bou, dan floreer hulle.

Martie Smartie ·

John Steenhuisen is nie ‘n leier se alie nie. Skielik is hy Afrikaans en Pretoria se grootste vriend. Net voor die verkiesing. Ongelukkig het mens net twee opsies – as jy anti-ANC is moet jy DA stem, die VF+ se idees is totaal uit voeling met die werklikheid in SA. Die DA moet nie ‘n stem vir hulle sien as ‘n pro-DA stem nie. Witmense stem DA oor hulle anti-ANC is. Daar is seker net ‘n handjievol wat rerig pro-DA is. Maar wat dienslewering in Tshwane betref, doen die DA niks beter as die ANC nie. Vra maar die inwoners. Die DA is myns insiens arrogant and anti-Afrikaner and anti-Afrikaans. Die mooi broodjies wat hulle nou bak, sal wel brand na afloop vd verkieseing.

Hardekwas ·

Ek wag nou 9 dae dat die da beheerde tshwane stadsraad n verstopte rioollyn moet kom oopmaak. Pateties.

LeonS ·

Ons in anc se munisipaliteit het nie eers water nie, en krag kort kort af

Jan Seerot ·

Hierdie is dalk ‘n baie goed georkestreerde plan. Moenie die slinksheid van politici uit die oog verloor nie.
Hierdie is Afrika. Jy speel vuil, en politiek is by verstek ‘n vuilspel. Desondanks al die mooipraat en verskoning vra, is hier iets groter agter die spel.

Sarel ·

As Politikus behoort u teen fie tyd te weet dat
Politieke korrrktheud bekangriker as die ” eerlike wasrheid” . Jy mag lieg soos ‘n Tannetrekker
Dolank as wzt jy ” Politiek Korrek” is.

Samuel ·

Die DA het inderdaad ruggraatloos geraak. Wie kan hulle nog ondersteun? Hier in die Wes-Kaap gaan hulle bloedneus kry. Het party vir die elite geword.

JM ·

Waters is melodramaties! Waarom ondersteun hy nog die DA? Die ANC wil nie die waarheid erken nie.

Tino ·

Al die ander party reken dit is onsensitief, dis tyd vir harde gesprekke.

Hulle het meer aanstoot geneem uit die plakate as toe die plundering plaas gevind het, dus steun hulle die plundering meer

Klein Karoo Loper ·

Die ANC, EFF en die DA is almal in dieselfde bed en word soos puppets deur hul master beheer. Enige Boere Afrikaner wat vir die DA stem moet sy kop laat lees. Dit waarvoor die DA staan klop met die duiwel se karakter. Hul speel die land se mense teen mekaar af tot die eindfluitjie blaas.

annie ·

… met die waters wat verby is… Waters wou al weg en nou het hy ‘n rede gevind. Hy wou die leier word en toe word John. Beide is maar so-so. Die plakaat was ‘n dom skoot in die donker en toe skiet die DA sy eie voet raak. Maar die vrees wat nou helder skyn is dat dada John ook te lig bevind gaan word soos met vorige kandidate. Zille kan nie leierseienskappe eien nie hoewel sy self goed gevaar het.

Androclus ·

Vorige kandidate se jy ,nou wie stel jy voor wat perfek is.

annie ·

Alan Winde is die ideale keuse. Kandidate hoef nie net uit die Kaap te kom nie.

Sênet ·

Ek is geneig om saam met hom te stem die DA vra verskoning vir die waarheid

Althes ·

Hoekom vra die DA om verskoning?
Daar is niks onsensitief daaraan nie. Volgens my was die onluste ñ goed orkestreerde sabotasie.

Dit was ook doelbewuste uitlokking om die regering uit te tart en af te pers om aan hul wense te voldoen – deur chaos te skep.

Boonop moes gemeenskappe hulself beveilig omdat die polisie hul gefaal het.

Die EFF en ANC sê wat hul wil en staan daarby. Hul is te arrogant om te kruip.

gpsa ·

Wel my stem gaan verseker vir die DA jammer om te hoor van Waters. Wie anders voor stem? DA het hulself bewys in die Weskaap. In Gauteng kon hulle nie veel vermag nie omdat hulle in koalisie is met EFF. Gee hulle ‘n kans.

gpsa ·

Ek lees al die kommentaar en duidelik besef mense nie wat aangaan nie. Ons is die minderheid. ‘n Party soos die DA het soveel moontlik van ons stemme nodig om enigsins ‘n se te he in parlement. Watter ander party het ‘n kans? Weet nie eers hoekom die DA nog probeer om Afrikaner stemme te kry nie,
Terwyl ons die party, wat vir ons wil opstaan, beledig en sleg se gaan dit maar slegter want ANC EFF ens kry minder teenkanting.

Keelvol ·

Die DA is ruggraatloos. Kyk hier in Ekurhuleni. Die plekke wat DA wyke is is verwaarloos. Ons trek nou al die die 40 krag onderbrekings die jaar. Al die da doen hulle skouers optrek.

Donene ·

Mike, kyk bietjie na die VF-Plus, hulle skop stof in die oe van die DA beginsels, en hulle staan hulle man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.